Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
2 April 201011 May 2010

Carol Ann Duffy. Answering back

  

Living poets reply to the poetry of the past
Living poets reply to the poetry of the past

Onderstaande Nuuswekker het ek bykans ‘n jaar gelede geplaas en aangesien dit perfek met vandeesmaand se Blogfokus verband hou, plaas ek dit graag weer. (Daarom, indien jy dit herken – veels geluk, jy’s een van ons vroegste besoekers. En indien dít jou grief: Jammer, maar dis langnaweek …)

Nietemin, intertekstualiteit is nogals iets waaroor vry algemeen in ons digkuns gepraat word, hetsy in entoesiastiese óf geïrriteerde toon . (Gaan lees byvoorbeeld Daniel Hugo se analise van ’n Johann de Lange-gedig by “Artikels & Lesings” rondom die kwessie van intertekstualiteit met die grote N.P. Van Wyk Louw.)

In ’n boek, Answering back – Living poets reply to the poetry of the past wat twee jaar gelede onder die redakteurskap van Carol Ann Duffy by Picador verskyn het, word hierdie tendens tot ’n bykans banale vlak gevoer.  Die konsep is eenvoudig: vyftig digters, waaronder bekendes soos Dannie Abse (Walter de la Mare), Gillian Clarke (Edward Thomas), Carol Rumens (Philip Larkin), Nina Cassian (Dylan Thomas), Paul Muldoon (D.H. Lawrence), Roger McGough (Edna St Vincent Millay), Billy Collins (W.H. Auden), en vele ander, kies elkeen ’n ouer digter (in hakies aangedui hierbo) en skryf ’n eie vers in antwoord op die gekose vers.

Hierdie “gesprek oor tydsgrense heen” behoort vir enige literêre kommentator wat hou van literêre speurlees ure van genot te verskaf, want per definisie wemel hierdie verse van eksplisiete (sowel as verskuilde) verwysings en intertekstuele spel. Wat my in die besonder geïnteresseer het, is juis die keuses; waarom sou die bekende Roemeense digter, Nina Cassian, byvoorbeeld ’n klassieke Britse digter soos Dylan Thomas as haar gespreksmaat kies? Maar wees gewaarsku – nie ál die “gesprekke” is myns insiens geslaagd nie; soms raak die netwerk van intertekstuele spel te verwikkeld vir iemand wat maar ’n sydelingse kennis van die Engelse poësie het. Wanneer dit egter slaag, soos byvoorbeeld in Theo Dorgan se “gesprek” met C.P. Cavafy (Ithaka / Ithacafor), en veral Paul Muldoon se antwoord op D.H. Lawrence se gedig Humming-Bird, lei dit werklik tot ’n besonderse leeservaring. 

 ***

Lekker lees en geniet die langnaweek wat reeds gebukkend voor jou deur staan. Nuuswekker beplan wel om weer Maandag te hervat. En laat komdaardie inskrywings vir die Blogfokus …

Mooi bly.

LE 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← ‘Zou de wereldbol een beetje aan het leeglopen zijn?’
Marcelle Olivier. Die Driepennie-opera inderdaad →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d