Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
30 April 20104 September 2013

Andries Bezuidenhout. Die probleem met sosialisme…

Goeiste, ek is moeg. Ek moes vanmiddag weer voorsitter speel by ʼn vakbondseminaar oor arbeidsmakelaars (of “labour brokers”). Dis ʼn netelige kwessie, want die twee groot arbeidsfederasies, COSATU en FEDUSA, stem nie saam oor of hierdie vorm van uitbuiting onwettig gemaak moet word (COSATU) of gereguleer moet word nie (FEDUSA). Kimani Ndungu was COSATU se verteenwoordiger en Leon Grobler het FEDUSA verteenwoordig.

Aanvanklik het die ANC met groot bravade gesê hulle gaan arbeidsmakelaars summier onwettig maak, maar nou neem hulle ʼn veel versigtiger posisie in. Dalk omdat prominente lede van die party self in die bedryf betrokke is?

Tydens vraetyd word Leon Grobler deur iemand (wat beweer hy verteenwoordig die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party) aangeval. Hy gee ʼn laaaaaaaannnnnnng lesing oor hoe sleg arbeidsmakelaars is en begin om vir Leon Grobler aan te spreek as “capital”: “It is in your as capital’s interests to…”

En net daar strip ek my moer. Ek stem waarskynlik meer met Kimani as Leon saam, maar hoekom moet FEDUSA se verteenwoordiger nou instaan vir “capital”? Omdat hy wit en Afrikaans is? Baie van die arbeidsmakelaars word deur sogenaamde BEE-maatskappye besit.

Ek misbruik toe my posisie as voorsitter liederlik en maak die man stil. “On a point of order [wat dit ook al mag beteken], you are not addressing capital here, but a union representative.” Groot protes word aangeteken. “Sit down, comrade,” sê ek, “you’re out of order!”

My ondigterlike lewe darem. Vol teekoppies met storms. Ek dink dis Oscar Wilde wat gesê het: “The problem with socialism is that it takes up so many evenings.”

Nou’s ek in ʼn heel soetsappige bui en luister na Natalie Merchant:

Where in hell can you go
Far from the things that you know
Far from the sprawl of concrete
That keeps crawling its way
About 1,000 miles a day?

Take one last look behind
Commit this to memory and mind
Don’t miss this wasteland, this terrible place
When you leave
Keep your heart off your sleeve

O, my five & dime queen
Tell me what have you seen?
The lust and the avarice
The bottomless, the cavernous greed
Is that what you see?

Now come on shot gun bride
What makes me envy your life?
Faceless, nameless, innocent, blameless and free,
What’s that like to be?

Daar’s ʼn mooi lewendige opname van “Motherland” hier. Oor die vergrype van arbeidsmakelaars en ander vorme van subkontrakarbeid voel ek steeds sterk. Lees meer daaroor hier en hier.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

Andries Bezuidenhout. Way over yonder in the minor key →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d