Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
2 May 20106 September 2013

Desmond Painter. Uit my ou droedelsak

Sondag

(vry na ‘n gedig van Necati Cumali)

 

Vir drie dae lank sien ek nou al uit na Sondag –

want Sondag, sien, is die dag waarop sy my sou laat weet!

Glo my, vir drie dae nou al eet ek skaars my kos,

is my werk kapot, staar ek my blind, begeer ek dáárdie dag bo alle ander.

“Tot Sondag!” – so het ek dit beaam, en so mos begin te wag…

 

Maar ag, o aarde! Hoe skielik is dit dan weer

Sondag! My onbedaarde hart kom sit koggel in my keel:

Wat as sy nie die een is vir wie ek lief is nie?

Wat as sy nie is wat ek begeer?!

 

By die dood van ‘n kind

(vry na ‘n gedig van Oktay Rifat)

 

Hy het gesterf, maar van sy dood is hy helaas

onbewus. Hulle plaas hom in ‘n kis, ry met hom weg –  

hy kan nie eers meer protesteer: ‘Nee, ek sal nie gaan nie!’

Sy legkaart het onvoltooid gebly, en van melk

en koekies is daar met sy aanland

ook geen sprake.

 

Hy het gesterf. Hy sal sy ooms nooit kan bedank

vir die dra van die kis, sy tannies vir die gerf aronskelke

op sy graf. Ag, die dood van ‘n kind…

Tog so anders as dié van ek en jy!

 

 

Necati Cumali (1921-2001) en Oktay Rifat (1914-1988) was beide Turkse digters.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

5e gedagtes oor “Desmond Painter. Uit my ou droedelsak”

  1. Gerrit Brand says:
    14 May 2010 at 16:37

    Baie roerend en onthutsend.

    Reply
  2. Desmond says:
    5 May 2010 at 07:06

    Ja dit klink vir my ongeveer reg. Ek lees nie eintlik so baie Totius soos ek seker is die meeste ander mense nie, maar ek dink dit is die een wat ek in gedagte gehad het.

    Reply
  3. max rebo says:
    5 May 2010 at 07:02

    Ek is seker jy praat van ‘O Die pyn gedagte’ uit Totius se bundel Passieblomme.Bykans die helfte van die bundel gaan oor sy kinders se dood.

    Reply
  4. Desmond says:
    4 May 2010 at 12:42

    Dankie Max Rebo. Die Turkse digkuns is klaarblyklik nogal ryk; die twee gedigte wat ek gekies het vir my “kwasi-vertalings” was vir my aantreklik oor hulle speelse en ironiese kwaliteite. Die tweede een het my laat dink aan die enigsins meer gedrae vers van Totius oor ‘n kind wat sterf — ek vergeet nou die titel van daardie vers.

    Reply
  5. max rebo says:
    4 May 2010 at 10:02

    Baie dankie Desmond,jou droedels het hierdie twee digters aan my bekendgestel,jy verruim my wereld.Ek kon beide gedigte, ‘Child’ van Rifat en ‘A fear among fears’, van Cumali sonder moeite op die internet vind.Jou vertaling en herverbeling laat nie `n greintjie van die oorspronklike trefrag verlore gaan nie.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d