Heidi Pienaar. Die nuwe ‘groen’ stem in die digkuns.
Die digter William Wordsworth se natuurpoësie is nie net ‘Romantiese literatuur’ nie, maar natuurlandskappe van die siel met ʼn profetiese stem.
“To me the meanest flower that blows can give
Thoughts that do often lie too deep for tears”
In die Afrikaanse poësie speel die natuur steeds ʼn intrinsieke en sentrale rol, hoe dan anders as hier dikwels van die oudste skedels ontdek word en die land spook van antieke beskawings .Ons lewens lê hier amper begrawe in die natuur. Dis hier waar ʼn verlore skakel gevind kan word tussen die mens en die natuur so asof jy weet ‘stof is jy en tot stof sal jy terugkeer. Wat my opgeval het was dat Engelssprekende lesers dikwels Afrikaanse gedigte wil lees omdat hulle sê dit steeds oor die natuur handel. In elk geval die mens voel in hierdie land nog klein teen die elemente. En dis goed vir hom om so ʼn bietjie nederig te word.
Wordsworth sê “Poetry is the image of Man and Nature” en al beweeg hy hoe verder weg daarvan as verstedelikte siel, hy hunker altyd daarna terug want in die natuur vind hy tog ʼn spieël vir sy emosies , gedagtes en gewaarwordinge. Die droogste stuk aarde kan vir hom mooi wees want dit herinner aan ʼn oop gemoed waarin hy kan mediteer. Daarenteen is die natuurdigter nooit net ʼn beskrywer van die natuur soos ʼn natuurwetenskaplike nie.
Hoewel albei hul verheerlik aan die natuur is daar meer interaksie tussen die mens en die natuur by die digter.
Wordsworth skryf “What then does the poet? He considers man and the objects that surround him as acting and reacting upon each other so as to produce an infinite complexity of pain and pleasure , he considers man in his own nature and in his ordinary life as contemplating this with a certain quantity of immediate knowledge, with certain convictions, imitations and deductions which by habit become of the nature of intuitions”
By die digter is die plesier sintuiglik en intuïtief. By die digter kom die kennis van die natuur as ʼn gesamentlike lied gesing en gedeel deur ander. Die digter en ook in ʼn mate die natuurwetenskaplike sien homself steeds as beskermheer van die natuur. Soos ook in die nuwe temas in die Afrikaanse poësie en as dit deur gevestigde digters afgekraak word dan is dit net omdat hulle nie besef hoe kritiek die toestand van die aarde is nie. Selfs filosowe soos Fukuyama, Derrida en Leotard wat hulself glad nie as godsdienstig beskou nie en onderlings nie altyd met mekaar saamstem nie glo almal al aan ʼn filosofie van ‘Endism’. Dis asof die mens selfs ʼn wanbalans voel tussen water vuur grond en lug. Dus daar is ʼn nuwe profetiese stem in die poësie oor die natuur. Soos byvoorbeeld in Johan Lodewyk Marais se antologie ‘Groen ‘.
Interessant is dat Darwin aan ʼn vriend erken het dat daar twee dinge is wat hy glad nie nodig het in die lewe nie. Die een is poësie en die ander godsdiens. Daarop kan ek net antwoord die een is nie los te maak van die ander nie. As mens die skepping van die aarde lees dan is wetenskap, poësie en godsdiens alles Een. Wat is meer poëties as die maak van Eva of die eerste reënboog. Sir Richard Gregory kan hierby aangehaal word “It is through the acceptance of the idea of evolution in the spirit as well as in the body of man that the partition which formerly seperated religion and science will be dissolved.” Die Beweging Jesus vir Jode het eens aan ʼn groepie van ons kerkvrouens verduidelik dat die slaan van water uit die rots deur Moses wetenskaplik bewys kan word want daar is groot soutaanpaksels wat water hou in rotse min of meer waar Moses se wonderwerk gebeur het. Al wat hy moes doen was om op die regte soutseël te slaan en siedaar water.
In Pushkin se karakter, Aleko, die blasé intellektueel wat ʼn sigeuner word in die gedig “Gypsies” kan gelees word die hoop van die mens om rus te kry vir sy siel in die natuur. Aleko voel hy het iets verloor. ʼn Soort verlore paradys of anima wat hy net in die natuur terugkry. Solank as wat digters die waarheid soek sal hul oor die natuur skryf.
Lorca skryf oor gedigte wat duende moet hê. ʼn Soort donker passie wat uit die natuur kom. ʼn Fatalistiese bemoeienis met stof- is- jy- en- tot- stof- sal- jy terug keer wat altyd teenwoordig is in die Spaanse poësie. Die natuur is die mees ideale sosio-politieke sisteem en daarom soek die mens na die skepper van so ʼn sisteem waar elke lewende organisme sy plek het. Die Christen-genetekus Dr. Francis Collins beweer dat wetenskaplikes glo dat dit ingebou is in ons gene om na ʼn Hoër Wese te reik en dat Dis nou as jou eie ego nie te groot is om Hom raak te sien nie. Niemand kan vir my sê hulle het nog nie opgemerk hoe diere met sonsondergang iets buite hulle self in die veld gewaar nie. Hulle staar met geprikte ore na die horison asof hulle iets erken. Volgens Professor Jean Vanier, seun van ʼn voormalige direkteur-generaal van Kanada en dosent in die Morele Etiek, is ateïste maar net “those who push aside false gods.” Volgens hom is al ons vrese .begeertes en drome direk in kontak met ons Skepper op ʼn onbewustelike vlak.
Die natuur sal altyd ʼn groot faktor wees in die Afrikaanse poësie maar met die verskil dat dit nou ʼn profetiese of groen stem het. Al beweer ouer skrywers dat hulle minder daaroor sal skryf en al is die jonger nuwer digters nie so belese en berese nie, is hulle tog in voeling met die universele gedagte- stroom wat nou groen is. Hulle het immers in ʼn global village grootgeword. Baie van die nuwe groen stemme kom uit lande soos Nieu Zeeland en Australië om ooglopende redes. Soos byvoorbeeld die ekologiese roman ‘The Limits of Green’ deur die Nieu Zeelandse digteres Rachel McAlpine. Van die mooiste woorde in die Afrikaanse poësie vir my is uit Klein Siklus van G.A. Watermeyer;
“die kiewiet kla oor bleekwit gras
dat alles was, alles was.”
Ten slotte het Wordsworth lankal terug al hierdie profetiese woorde geskryf.
The world is too much with us: late and soon,
Getting and spending, we lay waste our powers,
Little we see in nature that is ours;
We have given our hearts away , a sordid boon!.
Tis sea that bares her bosom to the moon ,
The winds that will go howling at all hours
And are up-gather’d now like sleeping flowers
For this, for everything, we are out of tune.
ʼn Paar ander “groen’ en profetiese gedigte.
Walvisgedig-(this is the age of Aqauarius)
Jona lê uitgespoel op die strand
lig en leeg lê hy en dink
“O Vader Jahwe,
ons verwag so dikwels tekens van U
maar word self as U tekens uitgespoel
op onbekende plekke in onsself”
Jona lê en luister na die walvisse,
hul sang buig grense tussen hede en verlede
tot ‘n sagte murmeling van gedagtes uit ʼn oerlewe
kom roer in die agterkop
en deur ʼn ou radar van instink en intuïsie
leer hy soos ons om weer
met binnesang te kommunikeer
om die antieke onbekende stede
van die sintuie weer te red
met ʼn telepatie van ʼn Skepper se Vreugde
want al meer weggekeer van ʼn koue wetenskap
splyt en duik ons
met die hart se donker vinne
vreemde vrugwaters binne
om aan ʼn oseaan van oergeluide
gestalte te gee.
ingreep
niemand sit ʼn nuwe stuk lap op ʼn ou kleed nie
maannag
dinsnag woensnag
!don!der!nag!
Vannag is dit weer slag op slag
soos megablitse laag op laag
myle deur die dampkring jag
verwarde wolkewinde kolk
die hele lugruim gloei soos vuur
die hemel rammel uur na uur
net ʼn paar los druppels reën
een verdwaasde wolk ween
ek dommel weg
met hierdie vraag:
gaan U werklik stikwerk waag
aan ons geskeurde ou-soonlaag
Wilhelm Haupt- Die Woordgilde.
DIE GOUE LEER VAN DNA.
Die Hemel
heliks die
van van
hebsug Heliks
mu- helende
teer die
tot
-reik min-
uit agting
dan maar
wat die
Drome gewete
van en die
Leer begeerte
Goue na
ʼn
Hoër tot
Wese weer
Determineer Agenda
Negatiewe Nuwe
Agenda Definieer
En
Somnambulêre Ballade.
“groen, groen, ek is lief vir groen. Groen wind , groen takke. Die skip op die horison en die perd op
die berg. Met die skadu op haar middel droom sy op die balkon, groen vlees, groen hare en oë koue
silwer. Groen, groen, ek is dol oor jou . Onder die sigeunermaan bekyk goeters haar, goeters wat sy nie kan sien nie” – Romance sonámbulo-Lorca.
Groen, groen, ek is ook dol oor jou.
Maar die aarde is ʼn slaapwandelaar
wat luister hoe ander harte ook na
mekaar skree soos nat krieke in die reën.
Groen, groen ek is dol oor jou,
my groen trui hang aan die draad
soos ʼn meisie oor ʼn balkon
in haar hare silwer drade
haar gelaat soos nat herfsblare
wieg sy in die groen droom
van die wind wat uit haar moue
geel herfsblare gedigte skud.
Sy dink aan die aarde met koue visoë.
Want die aarde is besig om te sterf.
Al worstel silwer olyfbome biddend
soos ou monnike met engele van winde
en ook die drie engele van die reën
in kloosters sodat hul in die oggend afgeskud lê
swart bedekrale van bitter woorde.
Al reën dit elke dag om die swart skaduwee
van Golgota uit die sipresse te was.
Al sing die voëls die mooiste liedere
hul liedere droog op want die bome
gaan al meer dood aan petisies van papier
geteken deur ʼn kalligrafie van erdwurms
om egtheid daaraan te verleen.
Al skeur die reën die swart sluiers
van warrelwinde wat selfs die naaktheid
van die son probeer bedek.
Al probeer kortasem winde keer
dat al meer duine soos leë tente
blou getatoeëer deur die maan
oor die aarde uitbreek
Al neem ons foto’s van erosie
en noem dit landskapskuns.
Al hang ons van brugstele aan
groen naelstringe om ons solidariteit
met Moeder Aarde te bewys.
Al is die aarde se siek hart
al hoeveel keer vervang
deur ʼn vreemde komeet sodat die aarde
sukkel onder ʼn neonpasaangeër
met ʼn gebroke oorgang van seisoene
Al skryf ons op ʼn banier
“een koeël vir een papier”
Al sing die tortels na elke Tsunami
weer met die blinde ekstase
van die Eerste Reënboog in hul oë.
Al fluister die wind in die herfsbome
“Ek Is, Ek Is ” voor elke kouerwordende winter,
die aarde weet sy is besig om dood te gaan
Met haar natkriek hart en haar hare
die lou melk van die maan
hang sy oor ʼn balkon
en kyk na alles om haar
met koue visoë.
Es los dias ultimos
“on new-year’s morning 2003 I fell ill from a vision I received overtaken with sores caused by chemical-biological weapons “.
Look for the signs they
of the last days
but the signs they come to us
the neighbour’s daughter
lying naked by the pool
H.I.V-positive without
her H.U.V.-sun-block
and oh the violence
of a flood
the Baby Grand upturned
and floating
with legs rigid and
belly bloating
like a mad convulsing cow
oh the smell of rotten carpets
like slimy infested river-banks of Vietnam
the draught settling
in our chests
like fog engulfing the town
and oh a once remembered Tee-vee-program ,
“and here we have the police-horses now,
notice the brute show of force ………. “
the brown sinewy thighs of the water
like the sleek sweaty flanks
of police-horses let loose into
bewildered masses
and oh when can we use the electricity
when can we switch on the tee-vee
when the presenter presents us
with more news update
of the latest flood or earth-quake
look for the signs they say
look in the Bible
when parrots will screech
es los dias ǔltimos
‘it is the end of days ‘
out of stricken trees
their beaks glistening like the sacred
broken foreskins
of the rainforests
and whirl-winds of greed
black shrouds
swallowing whole states
and towns
swirling around the roulette-wheel
of the sun
there’s no escaping these signs
they’re not exclusive
they’re within us
there’s no escaping it
even when we dive into the sea
we see the sinewy stingray
blowing itself up
into a nuclear cloud
and when slices of bread
fall off the knife
thin and sorry
like the discarded wings
of fallen angels
and the heaps of caviar
in the restaurant and sushi-bar
are no longer of taste but glow
like burnt out fires
along a war-path
and we teach our souls
to leave our bodies
in comparative steps
of pain
like little Russian dolls
big
bigger
biggest
and we live in the last days
waiting out the days
we wait
while bodies in Africa
lie with the solidarity
of the dead
an impenetrable wall of bats
and we wait in the last days
polishing our stripped
wooden floors
like an eternally glowing hearth
and the day stacked neatly
gleaming with the empty
bubbly satisfaction
of clean soapy dishes
Es los dias ultimos
it is the end of days
the sea has become a bullfighter
fighting the bullish whales
swaying and teasing with it’s
monstrous hips
in shimmering purple and green
in blue satin and golden brocade
advancing and retreating
and luring at night
with it’s crimson waves
and sometimes the moon turns red
changing it’s golden cloak
so that it becomes a blood-diamond
leaving the gills of water
in bleeding scales
Es los dias ultimos
it is the end of days
oh look Lord
they have made a game
of piercing You in the Side
with the sea also lancing the
bull of the earth swaying with
earthquakes
and floods of blood
and Holy wars
and suicidal fires
and chemical -biological warfare
and heat-waves
and the kwashiorkor of land-hunger.
Charles Darwin in ‘n brief aan ‘n vriend: “Up to the age of thirty, or beyond it, poetry of many kinds, such as the works of Milton, Gray, Byron, Wordsworth, Coleridge, and Shelley, gave me great pleasure…But now for many years I cannot endure to read a line of poetry;…My mind seems to have become a kind of machine for grinding general laws out of large collections of facts…and if I had to live my life again, I would have made a rule to read some poetry and listen to some music at least once every week…The loss of these tastes is a loss of happiness, and may possibly be injurious to the intellect, and more probably to the moral character, by enfeebling the emotional part of our nature.”
Dit is veel eerder nader aan die waarheid van Darwin, ja – jou [Darwin] aanhaling hier, Leon. Mistastings moet reggestel word. En dat poësie en godsdiens nou sommer een ding is?! Ag nee wat, laat ek liewer verder aan my bobotie gaan eet en die rooi wyn skink …