Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
15 July 20104 September 2013

Andries Bezuidenhout. In die knypers van uiters gevorderde robotiese tuie

Buffelsbaai, 1990
Buffelsbaai, 1990

Ek sit in Pretoria, dink aan see. Spesifiek Breyten Breytenbach se “Septembersee” – die “see sonder tornyne”, die “see sonder skop”. Mark Behr haal die gedig aan in sy boek Kings of the water. Ek het dit onlangs op Irma se aandrang gelees, ook gaan luister wat Mark Behr daaroor sê by die Boekehuis in Aucklandpark. Hy’t ʼn mus opgehad, gepraat oor sy sessies by die psigoterapeut.

Hy sê hy moes hom indink in die skoene van die mense wat hy veraai het. Hy sê hy’s gelukkig, want daardie mense kon terugpraat, hom konfronteer met wat hy gedoen het. En hulle is sterk mense. Dit help met die helingsproses.

Irma wil weet wat gebeur as die mense wat ons veraai het nie sterk is nie, nie herstel nie.

ʼn Briefie beland in my posbus, van die gawe mense wat ons rekenaarnetwerke administreer. “Soos u bewus is,” skryf hulle, “is daar tans beperkte internasionale bandwydte beskikbaar as gevolg van ‘n fout met die SEACOM ondersee optiese vesel… SEACOM se beraamde tydsduur vir die herstel van die ondersee optiese vesel, is op die stadium 22 Julie 2010…”

O, goeiste!

Die brief verduidelik verder: “Die verlengde tydsduur is weens die feit dat die fout blyk te wees met ‘n segment van die vesel wat meer as 4700 meter onderseevlak lê, en dat uiters gevorderde robotiese tuie gebruik word om dele van die herstelwerk uit te voer, voor die vesel vanaf die seebed gelig word vir finale herstelwerk.”

Dit klink soos iets uit ʼn toekomsfliek uit die sestigs. Flash Gordon, of iets. Of was dit die tagtigs?

Ek verbeel my die uiters gevorderde robotiese tuie, amper vyf kilometer onder die see se oppervlak. Die uiters gevorderde robotiese tuie se knypers vroetel in die seebed se sand.

“Waar’s die f****n optiese kabel nou weer, Mathilda?”

“Moenie my vra nie, Arnoldus, dis jy wat dit jare gelede hier begrawe het!”

“Moet jou nie swaksinnig hou nie, jy weet dit was my vorige model”

“Sug…”

Dis lekker om weer amptelike briewe in Afrikaans te ontvang, met sinsnedes soos “uiters gevorderde robotiese tuie.” Lees dit hardop. Herhaal. Nou kort dit net ʼn stel tromme en ʼn baskitaar, dalk ʼn DJ wat scratch:

uiters gevorderde robotiese tuie
vir die see se koue dra hulle truie

uiters gevorderde robotiese tuie
werk ondersee aan optiese vesel

uiters gevorderde robotiese tuie
vir stip konsentrasie rook hulle kruie

uiters gevorderde robotiese tuie
werk aan optiese vesel ondersee

uiters gevorderde robotiese tuie
vir onderwaterasem kou hulle uie

uiters gevorderde robotiese tuie
werk ondersee aan optiese vesel

Ek lees weer Gert Vlok Nel se enigste digbundel. Ek dink aan “desember & see” op bladsy 13. Dit eindig só:

5-uur het ons verwater & wild op die strand uitgehol,
jeans & truie, saam met windsurfers in wetsuits. dit
was haunting. hemel & fokken aarde toegewrap in wolk. ons
was gou warm, t.s.v. die kak drizzle. ek
wou iets (die oggend) vergestalt in rots of rym
maar het alreeds alles weggegee
aan herinnering & pyn

Ek dink oor Mark Behr. Ek is die laaste persoon wat klippe in sy rigting kan gooi. Ek moes ook dinge uitskryf.

Wat sou Gert en sy broer Attie sê as uiters gevorderde robotiese tuie skielik uit die see te voorskyn sou tree, met die optiese vesel in hul kloue wat hierdie gemompel van my rekenaar na joune toe moet dra?

Dis dalk oor die vesels dat my Skype nie werk nie, hoekom ek so afgesny voel. Die teenoorgestelde van die exile waaroor Breyten Breytenbach destyds in “Septembersee” geskryf het. En hier in Pretoria is nie eers ʼn see nie.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Bibi Slippers. Grom.
Andries Bezuidenhout. Besoek aan die swart stad →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Koos de Wet. vóór die smelting
  • Digtersprofiel: Gert Vlok Nel
  • Meyer van Rensburg. Spieëlkamer
  • Margaret Cordier-Biermann. Verlossing
  • Wynand J Booysen. koue afgrond

Nuutste kommentaar

  1. Miel Vanstreels on Miel Vanstreels. Voorlopig1 August 2026

    Dankie, Marieta

  2. Conrad on Hans du Plessis. Psalm 121 (Stemgreep)30 July 2026

    Goeie middag ek is n koorleier van die VGK Kerk Kraaifontein en is op soek na die SATB Blad musiek…

  3. Marieta McGrath on Miel Vanstreels. Voorlopig30 July 2026

    Stout gedig! Baie snaaks!

  4. Bernie on Rainer Maria Rilke. Almal wat Jou soek, beproef Jou (vert.)29 July 2026

    Kan die vertaler dalk verduidelik waarom hy hoofletters gebruik in sy vertaling terwyl Rilke kleinletters gebruik.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Plaagbeheer28 July 2026

    Ja, hoe beheer ‘n mens die plaag waarvan in die slotreël gewag gemaak word …?

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d