Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
19 July 20104 September 2013

Andries Bezuidenhout. Toeris in Hillbrow

Ek het vir vyf jaar lank elke tweede week ʼn rubriek vir die Sondagkoerant Rapport geskryf. Daardie tyd is nou verby – dankie tog! – want dis straf om elke tweede week aan iets oorspronkliks te moet dink. Jou kop is konstant daarmee besig. Dis tóg ʼn goeie dissipline, veral die sweep van ʼn streng woordbeperking (623 woorde met Rapport se nuwe formaat, om presies te wees).

Jare gelede het ek ook ʼn rubriek vir LitNet behartig, maar het vinnig stoom verloor – ek dink deels dalk omdat ek sulke laaaaaaaaang stukke oor musiek en kultuur geskryf het.

ʼn Tyd gelede wil die uitgewers Human & Rousseau toe weet of hulle nie ʼn keur uit die rubrieke kan uitgee nie. Dis iets wat Anne-Marie Mischke ook voorgestel het, jare gelede toe sy nog die rubrieke vir Rapport behartig het, maar toe was daar nog te min om van te kies.

Verlede Desember het ek dus ʼn paar weke spandeer om deur al die rubrieke te werk – in Rapport en op LitNet – en ʼn keuse te maak. Rubrieke wat oor spesifieke nuusgebeure handel, meer as die helfte, moes snippermandjie toe – die medium gaan tog oor dinge van vlietende belang. Soms is daar egter ʼn rubriek wat iets meer sê – spesifiek oor dinge soos herkoms en identiteit. Sulke rubrieke het ek gehou. Ek het verdere tyd spandeer om te dink oor ʼn sinvolle, tematiese volgorde vir die klompie wat oorgebly het.

Die boek is nou op die rakke. Die titel is Toeris in Hillbrow.

Dis lekker as jy ʼn fase van jou lewe kan afsluit met iets soos ʼn boek. Nou het my kop weer meer ruimte vir gedigte, skilderye en musiek.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Andries Bezuidenhout. Radoma Court in Yeoville se storie

4e gedagtes oor “Andries Bezuidenhout. Toeris in Hillbrow”

  1. Andries Bezuidenhout says:
    19 July 2010 at 10:08

    Dankie Marlise! En ek is weer bly jy’s terug in aksie. Ek kom begin Augustus Kaap toe vir die book fair. Hoop ons kan dan ‘n glasie klink.

    Reply
  2. marlise says:
    19 July 2010 at 10:02

    Geluk met die nuwe boek Andries. Ek hoop dat jy ‘n praatjie kan kom lewer op Stellenbosch hieroor…Mmm, ek hou weer baie van die foto van jou op die omslag.

    Reply
  3. Andries Bezuidenhout says:
    19 July 2010 at 08:39

    My kollega Jackie Cock se kommentaar: “Andries, this is not a very flattering picture of you…”

    Reply
  4. Desmond says:
    19 July 2010 at 08:37

    Het die boek anderdag in hande gehou. Nog nie gekoop nie, jammer! Maar dit is ‘n baie mooi boek, ek hou van die omslag. Selfs met jou daarop en al… 🙂

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d