CHRONOLOGIESE LYS VOLGENS DEBUUTWERKE 1944 –
[Oorgeneem uit: Adendorff, E. 2003. Digdebute teen die millenniumwending: ‘n Polisistemiese ondersoek. MA-verhandeling: Universiteit van Stellenbosch]
(Nota: Daar is ook enkele bundels by hierdie lys ingesluit wat beide Engels en Afrikaanse gedigte bevat, hoofsaaklik Afrikaans. Hierdie lys sal mettertyd opgedateer word. Adendorf se lys strek tot 2002. Ons sal poog om die lys gereeld aan te vul. – Red.)
1944 Kirsch, Olga Die soeklig. Pretoria: J.L. van Schaik.
1944 Petersen, S.V. Die enkeling. Port Elizabeth/Kaapstad: Unie Volkspers.
1945 Du Toit, Elizabeth C.M. In die verbygaan. Bloemfontein: Nasionale Pers.
1945 Groenewald, André. Die Blond God. Outeur.
1945 Oosthuizen, J.J. In die woestyn. Pretoria: J.L. van Schaik.
1945 Opperman, D.J. Heilige beeste. Kaapstad: Nasionale Pers.
1946 Kotzé, Susann Hierdie uur en ander gedigte. Pretoria: J.L. van Schaik.
1947 Louw, Emma Venster in die stad. Kaapstad: Nasionale Pers.
1947 Scholtz, Merwe Vlugtige spore. Kaapstad: Nasionale Pers.
1948 Marincowitz, P. Sebastiaan. Kaapstad: Anton Anreith.
1948 Watermeyer, G.A. Sekel en simbaal. Kaapstad: Nasionale Pers.
[1950]Smit, Bartho Mure.Verse. Pretoria: Unie-Boekhandel.
1950 Griesel, T.B. Glimlaggies. Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel.
[1950] Spruijt-Lambrechts, Bess Aanhanklikheid. 1940-1948. Pretoria: Unie-Boekhandel.
1954 Rousseau, Ina Die verlate tuin. Kaapstad: A.A. Balkema.
1955 Blum, Peter Steenbok tot Poolsee. Kaapstad: Nasionale Boekhandel.
1955 Philander, P.J. Uurglas. Kaapstad: Nasionale Boekhandel.
1956 Belcher, R.K. Mens en Skepper. Pretoria: J.L. van Schaik.
1956 De Villiers, Pierre Die dwase stryd. Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel.
1956 Fouché‚ Abraham Tiende van die oes. Pretoria: J.L. van Schaik.
1956 Jonker, Ingrid Ontvlugting. Kaapstad: Culemborg.
1956 Van der Westhuizen, V. Die rustelose. Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel.
1957 Louw, George Die trekpad. Kaapstad: Culemborg.
1957 Small, Adam Verse van die liefde. Kaapstad: Culemborg.
1957 Visser, A.J.J. Kaleidoskoop. Kaapstad: Nasionale Boekhandel.
1958 Boerneef (I.W. van der Merwe) Krokos. Kaapstad: Nasionale Boekhandel.
[1959] De Vries, Abraham H. Proegoed. Kaapstad: HAUM.
[1959] Smit, Saul Erasmus (pseud.) Die halwe God. Johannesburg: Dagbreek-Boekhandel.
1959 Van der Westhuizen, Isak Kinders van die stad. Pretoria: J.L. van Schaik.
[1960] Grobler, Bunty H. Vrou – moeder. Kaapstad: HAUM.
1960 Sheldon, Lionel Weeklaag van die wese. Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel.
1960 Toerien, Barend J Gedigte. Kaapstad: Nasionale Boekhandel.
[1960] Van der Walt, L.S. Vuurvoël. Johannesburg: Dagbreek-Boekhandel.
1961 De Klerk, Helene Bontgesiggie.Kaapstad: Nasionale Boekhandel.
1961 Venter, L.T.P. Herfsblare en vergruisde are. [Kimberley: Die outeur].
[1962] Botha, J.J.S. Die wakis. Pretoria: [Die outeur].
1962 Gilliland, Barnard Veelhoek. Johannesburg: Simondium.
1962 Venter, Pieter Die blomblaar is requiem. Johannesburg: Dagbreek.
1963 Eksteen, Louis ‘n Fluit in die riet. Kaapstad: Nasionale Boekhandel.
1963 Marja Hand oor die wit muur. Randburg: Die Baken uitgewers.
1964 Animé (pseud.) Onder my appelboom. [Johannesburg]: CNA.
1964 Breytenbach, Breyten Die ysterkoei moet sweet. Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel.
1964 Rudolph, C.F. Tieroog. Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel.
1964 Sauerman, Greta Die fluitspeelster. Kaapstad: Maskew Miller.
1965 Bekker, Pirow Die klip sing. Kaapstad: Nasionale Boekhandel.
1965 Botes, D.P.M. Wat is ‘n gewone man. Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel.
1965 Venter, P. de W. (De Waal) Kiem. Kaapstad: Nasionale Boekhandel.
1966 Knobel, Wilhelm Bloedsteen. Kaapstad: Human & Rousseau.
1966 Krüger, G.J. Spektrum. Johannesburg: Voortrekkerpers.
1966 Loots, Jacques Eenhoring. Johannesburg: Voortrekkerpers.
1966 Plekker, Freda Petisie van die loodsoldaat. Johannesburg: Voortrekkerpers.
1966 Rall, Henk ‘n Son breek. Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel.
1966 Weideman, George H. Hondegaloppie. Johannesburg: Voortrekkerpers.
1967 Boslanser (pseud.) Bosveld-wysies en ander gedigte. Durban: Boslanser.
1967 Lombard, T.C.C. Klanke uit die siel. Durban: Drakensbergpers.
1967 Lombard, T.C.C.2 Weegskaal. Durban: Drakensbergpers.
1967 Van der Merwe, Cornelius Geboorte is nodig. Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel.
1967 Walters, M.M. Cabala. Kaapstad: Nasionale Boekhandel.
1968 Blomerus, Marié Fosforblom. Kaapstad: Nasionale Boekhandel.
1968 Coetzee, N.A. Uit die skatkamers. [Pretoria: Die outeur].
1968 Grobbelaar, Pieter W. Onder die skedelvlag. Kaapstad: Tafelberg.
1968 Nöthling, Erika Intermezzo. Pretoria: Van Nieuwenhuizen Drukkers.
1969 Bouwer, Stephan So sal ons uitpasseer. Johannesburg: Voortrekkerpers.
1969 Schmidt, Casper Adder om aarde. Kaapstad: Tafelberg.
1969 Van Rensburg, Roelf Klip en kristal. Johannesburg: Voortrekkerpers.
1970 Cussons, Sheila Plektrum. Kaapstad: Tafelberg.
1970 Joubert, Marlise ‘n Boot in die woestyn. Johannesburg: Afrikaanse Pers Boekhandel.
1970 Krog, Antjie Dogter van Jefta. Kaapstad: Human & Rousseau.
1970 Pretorius, Wessel Maat van die onbekende. Kaapstad: Tafelberg.
1970 Stockenström, Wilma Vir die bysiende leser. Kaapstad: Reijger.
1970 Swanepoel, H.L. Steekgras in die dwarspad. Potchefstroom: Die outeur.
1971 Du Plessis, Phil Geskrifte om ‘n houtgesig.1965-70. Kaapstad: Tafelberg.
1971 Goosen, Jeanne ‘n Uil vlieg weg. Kaapstad: Tafelberg.
1971 Liebenberg, N.A. Die eerste gety. Kaapstad: Tafelberg.
1971 Olivier, Fanie Gom uit die sipres. Kaapstad: Human & Rousseau.
1971 Sleigh, Dan Duif oor water. Kaapstad: Tafelberg.
1971 Spies, Lina Digby vergenoeg. Kaapstad: Human & Rousseau.
1972 De Villiers, I.L. Leitourgos. Kaapstad: Tafelberg.
1972 Roodt, P.H. Foma. 1963-1971. Kaapstad: Tafelberg.
1972 Taljaard, Lourens Drome van gister. Gedigte oor die lewe en die liefde. Pretoria: L. Taljaard.
1972 Truter, H.W. Kleinhoewe. Kaapstad: Human & Rousseau.
1972 Van Zyl, Kobus Wintervure. Kaapstad: HAUM.
1973 Jensma, Wopko Sing for our execution. Poems and woodcuts. Braamfontein: Ravan Press.
1973 Strydom, Leon Geleentheidsverse. Kaapstad: Human & Rousseau.
1973 Van Niekerk, A.A.J. Twee maal elf is twaalf. Vier-en-veertig volksrympies. Kaapstad: Roman-tica Pers.
1973 Van Rooyen, P.H. Draak op die erf. Kaapstad: HAUM.
1974 De Jager, Johan Haggadá vir ‘n wit Afrikaan. Johannesburg: Perskor.
1974 Keet, Rosa Hystera. Johannesburg: Perskor.
1974 Peters, F.W. Wag op die volmaan. Delmas: F.W. Peters.
1974 Rowland, William Die huis waar ek woon. Kaapstad: Tafelberg.
1974 Steynberg-Bosman, Betsie U Ek en Jy. Pretoria: J.L. van Schaik.
1974 Swart, Hein Praathuis. Kaapstad: Human & Rousseau.
1975 Engelbrecht, Katrien Ellips. Bloemfontein: P.J. de Villiers.
1975 Kesting, Hélène Skip na die son. Kaapstad: Tafelberg.
1975 Louw, Salomi Onthuis. Johannesburg: Perskor.
1975. Nel, Herman. F.B. ‘Onthou‘. Pretoria: N.G. Kerkboekhandel.
1975 Oberholzer, Lourens Genadelose vyand. Johannesburg: Perskor.
1975 Sepamla, Sipho Hurry up to it! Johannesburg: Ad Donker.
1975 Snyman, H.W. Sestig blare in my hand. Pretoria: C.A.M. Snyman.
1975 Spies, Jan Voetvolk.1960-1970. Kaapstad: Tafelberg.
1975 Steyn, J.C. Die grammatika van liefhê. Kaapstad: Tafelberg.
1975 Swanepoel, Jan My Rome brand so mooi. Kaapstad: Tafelberg.
1975 Van der Berg, M. kronoloog. [Pretoria: Die outeur].
1975 Van Niekerk, Dolf Karoosange. Kaapstad: Tafelberg.
1975 Van Tonder, Niel As hy weer kom. Verse 1969-1973. Kaapstad: Human & Rousseau.
1976 Betts, George Droombeelde van jou. Johannesburg: Perskor.
1976 Engelbrecht, Herman Droomskerwe. Bloemfontein: P.J. de Villiers.
1976 Fourie, Gerrit Bokas en ondertoon. Johannesburg: Perskor.
1976 Heese, Hester Sonder jou. Kaapstad: Tafelberg.
1976 Joubert, Marietjie Ligterhout. Kaapstad: Human & Rousseau.
1976 Marais, Marie-Louise Aalwynvreugde. Johannesburg: Perskor.
1976 Van Wyk, Johan Deur die oog van die luiperd. Kaapstad: Human & Rousseau.
1977 Aucamp, Hennie Die lewe is ‘n grenshotel. Ryme vir pop en kabaret. Kaapstad: Tafelberg.
1977 Balmer, Hilda B.M. Poems. Gedigte. [s.l.]: H.J.B. Balmer.
1977 Buys, P.W. Pleroma. Gedigte. Johannesburg: Boekhandel De Jong.
1977 Cilliers, Rika o.a. Debóra. Kaapstad: Tafelberg.
1977 De Beer, B.K. Reël, rym en ritme. Fontainebleau: Postma-publikasies.
1977 De Wette, Julian Die koning in die buiteland. Johannesburg: Perskor.
1977 Le Roux, André Struisbaai-blues. ‘n Testament 1973-Desember 1975. Kaapstad: Human & Rousseau.
1977 Loubser, J.A. Die wit skuim. s.l.: [Decorata].
1977 Müller, Petra Obool. Kaapstad: Tafelberg.
1977 Smit, Pieter Visum vir die vreemde. Kaapstad: Tafelberg.
1977 Van Niekerk, Marlene Sprokkelster. Kaapstad: Human & Rousseau.
1978 Castelyn, Eveleen Tussen hemel en aarde. Kaapstad: Human & Rousseau.
1978 Du Plessis, Hans Kleinwild. Kaapstad: HAUM.
1978 Fryer, Charles Rooiwielwa. Kaapstad: Tafelberg.
1978 Wessels, Everwyn Asiel. Kaapstad: Tafelberg.
1979 February, Vernon O snotverdriet. Afrikaanse gedigte. Haarlem: In de knipscheer.
1979 Hermann, F. Heilige opstand. Brits: Die outeur.
1979 Maree, J.G. Langs my pad. Voëlfontein: J.G. Maree.
1979 Pelser, Chris Uur van die aap. Johannesburg: Perskor.
1979 Riekert, Donald W. Die amandelbloeisel. ‘n Siklus van 48 sonnette. Kuruman: Die outeur.
1979 Steyn, Laura Ek is ‘n gewone mens … en tog. Kaapstad: NG Kerk-Uitgewer.
1979 Van Loggerenberg, Niekie Selfs al gaan ek deur donker dieptes. Pretoria: HAUM.
1979 Van Wyk, Christopher It is time to go home. Johannesburg: Ad Donker.
1980 Boshoff, Willem Kykafrikaans. Johannesburg: Pannevis.
1980 Claassens, Pieter Verse van ‘n windswael. Johannesburg: Perskor.
1980 Cloete, T.T. Angelliera. Kaapstad: Tafelberg.
1980 De Vos, Annesu Gebed van ‘n groen perske en ander verse. Kaapstad: Tafelberg.
1980 Ferreira, Jeanette Waar een mens saam is. Johannesburg: Perskor.
1980 Hammond, E.W.S. Hamburgers en hotdogs. Kaapstad: Tafelberg.
1980 Lübbe, Ina Kleinverlang. Pretoria: J.P. van der Walt.
1980 Patel, Essop They come at dawn. Athlone: Blac.
1980 Roodt, Dan Kommas uit ‘n boomzol. Pinegowrie: Pannevis.
1980 Steyn, Johan Verweer. Johannesburg: Perskor.
1980 Van der Merwe, Gerjo Kan jy hierdie woorde proe? Durbanville: Klipbok.
1980 Viljoen, Judith Die groot stilte. Verse van ‘n dowe. Kaapstad: HAUM.
1980 Williams, Martha O. Vensters. Roodepoort: CUM-boeke.
1981 Coetzee, J.A. Verseboek volk-en-vaderland. Pretoria: J.A. Coetzee.
1981 Coetzer, W.H. Pensketse/Sketches. Roodepoort: CUM-boeke.
1981 De Jongh, F.W. Klipsweet. Johannesburg: Perskor.
1981 Du Plessis, A.Y. Langstraat. Bloemfontein: [Die outeur].
1981 Du Plessis, Koos Kinders van die wind en ander lirieke. Kaapstad: Tafelberg.
1981 Goosen, Anton Liedjieboer. Lirieke met ghitaarakkoorde. Kaapstad: Tafelberg.
1981 Malan, Lucas ‘n Bark vir die ontheemdes. Kaapstad: Tafelberg.
1981 Snyman, Annette Klein rondreis. Durbanville: Boschendal.
1981 Van der Merwe, Daan (Daniel Hugo) Saad uit die septer. Bloemfontein: P.J. de Villiers.
1981 Van Heerden, Etienne Obiter dictum. Kaapstad: Perskor.
1981 Visser, Hewitt (pseud.) Smeulvuur. Pretoria: J.L. van Schaik.
1981 Willemse, Hein Angsland. Athlone: BLAC.
1982 Asvat, Farouk The time of our lives. [s.l.]: Black Thoughts.
1982 Barnard, Erika Animato. Johannesburg: Perskor.
1982 Carstens, Analisé Skanse. Kaapstad: Malherbe.
1982 Crous, Hester Warm sand. Bloemfontein: Credo-boeke.
1982 De Lange, Johann Akwarelle van die dors. Kaapstad: Human & Rousseau.
1982 De Wet, A. Andante. Linden: A. de Wet.
1982 Engelbrecht, Theunis ‘n Gedig is so onskuldig soos ‘n eier. Johannesburg: Perskor.
1982 Kramer, David Short back and sides. Kaapstad: Maskew Miller.
1982 Leach, C.P. Borgtog vir ‘n nuwe Adam. 1974 – 1981. Johannesburg: Perskor.
1982 Letoit, André Suburbia. Johannesburg: Perskor.
1982 Nel, Charles Tsammas in die waaisand. Pretoria: Charles Nel-Trust.
1982 Snyders, Peter ‘n Ordinary mens. Kaapstad: Tafelberg.
1982 Viljoen, Hein Waterkristal. Johannesburg: Perskor.
1982 Willemse, Rudolph Kweekskool. Johannesburg: Perskor.
1983 Anthony, Frank Robbeneiland my kruis my huis. Kasselsvlei: Kampen.
1983 Conradie, B. Ode aan die strand. [Strand: Die outeur].
1983 Dangor, Achmat Bulldozer. Johannesburg: Ravan Press.
1983 De Bruyn, Zahn Kaia vir die tye. Kaapstad: Tafelberg.
1983 Dikobe, Modikwe Dispossessed. Johannesburg: Ravan Press.
1983 Marais, Johann Lodewyk Die somer is ‘n dag oud. Kaapstad: Human & Rousseau.
1983 Oliphant, Vincent Bloed vloei in stilte. Kaapstad: Tafelberg.
1983 Pauw, Nanda Aldag se verlange. Pretoria: Daan Retief.
1983 Swart, Elma Reënson. Pretoria: Femina.
1983 Van Rensburg, Meyer Klankmanwoordboom. Kaapstad: Human & Rousseau.
1984 Coetzee, Renzie A. Geskenk. Worcester: [Die outeur].
1984 De Bruyn, Jan Vuurtent in die sneeu. Kaapstad: Human & Rousseau.
1984 De Vos, Philip O togga! ‘n Gogga! Kaapstad: Tafelberg.
1984 Du Plessis, Clinton V. Geloofsbelydenis van ‘n kluisenaar. Johannesburg: Perskor.
1984 Du Plessis, Mara My lang soldaat. Queenswood: Die outeur.
1984 Mischke, Carl Interne weerstand. Kaapstad: Human & Rousseau.
1984 wa Mogale, Dikobe Baptism of fire. Johannesburg: Ad Donker.
1984 Myburg, Johan Vlugskrif. Johannesburg: Perskor.
1984 Struwig, Daleen Neoplasma. Bloemfontein: P.J. de Villiers.
1984 Van Blerk, Petra Skerf. Kaapstad: Human & Rousseau.
1984 Van der Lugt, Pieter Vuurwerke. Kaapstad: Human & Rousseau.
1985 Durand, F.J. Aarde rond. [Kopiereg].
1985 Hambidge, Joan Hartskrif. Kaapstad: Human & Rousseau.
1985 Lourens, Elizabeth Genade. Outeur: [Kopiereg].
1985 Petersen, Patrick Amandla ngawethu. Genadendal: Genadendalse drukkery.
1985 Van der Merwe, Willem S. Son-dig. Kaapstad: Perskor.
1985 Van Wyk, Leon Laagwater. Gedigte en verse. [s.l.: Die outeur].
1985 Wiltshire, Jan Die verkeerde land: gedigte / Das verkehrte Land: Gedichte. Erftstadt: Lukassen.
1986 Coetzee, Jannie Reisiger in vlamgebied. Kaapstad: Tafelberg.
1986 Conradie, P.J.J. ‘n Kraan lek in die agtermiddag. Rossburgh: Kabelkarnimfe.
1986 Curle, Ulyate J. Opgrawings. [Pretoria]: Die outeur.
1986 Dekker, Ben Aas vir Aspoestertjie. Clarens: Holkrans.
1986 Esterhuizen, Louis Stilstuipe. Kaapstad: Human & Rousseau.
1986 Lemmer, Catrien C. Herfsalleë. Pretoria: Gedruk: Sigma pers.
1986 Roos, Linda ‘n Hokvol dwase. Kaapstad: Human & Rousseau.
1986 Roux, Karolien Viooltjies uit my hart. Kaapstad: Lux Verbi.
1986 Stenvert, Menno Vrugvlies. Kaapstad: Tafelberg.
1986 Van der Walt, Ansa Klein krete. Kaapstad: Perskor.
1986 Van Lier, R. Wel. Kalkbaai: Vooraand.
1987 Hermann, M.N. Lig. Heilbron: Die outeur.
1987 Jordaan, Wilhelm Digterby. Johannesburg: Perskor.
1987 Kotze, Nico Plekkie in die son. Linden: Benoryn.
1987 Oosthuizen, Herman Fantasia. Pretoria: L’Artisan Kreatief.
1987 Rall, Heinrich Dorre hawe. Kaapstad: Perskor.
1987 Smit, Rosa Krone van die narsing. Kaapstad: Tafelberg.
1988 Boshoff, Louise Handlandskap. Johannesburg: Perskor.
1988 Gugat, Lina Kaleidoskoop. Windhoek: [Starbinders and printers.]
1988 Hollenbach, C.J. Gister se gestaltes. St. Helenabaai: Prog-Uitgewery.
1988 Marais, Anlen Die wolf in die blare. Kaapstad: Tafelberg.
1988 Nezar, C. Die heilige offer. Pretoria: Daan Retief.
1988 Van Niekerk, Betsie Ronkedoor. Kaapstad: Tafelberg.
1989 Botha, Ellen Gruwelike huwelike en ander lostong-limericke. Kaapstad: Tafelberg.
1989 Deacon, Thomas Sand uit die son. Kaapstad: Tafelberg.
1989 Geldenhuys, Richard Tussenvuur. Kaapstad: Human & Rousseau.
1989 Januarie, Hendrik Pro rata. Kaapstad: Perskor.
1989 Johnstone, A. Poems from the valley of amazement. Cape Town: Buchu books.
1989 Kritzinger, Bets Die purperkoord. Faerie Glen: Hans Kirsten.
1989 Louw, Peter Tantalus. Kaapstad: Tafelberg.
1989 Neethling, Peet Die hemel het ‘n agterdeur. Kaapstad: Tafelberg.
1989 Olivier, Elizabeth Lekkers in my kies. Kaapstad: Human & Rousseau.
1989 Pieterse, H.J. Alruin. Pretoria: HAUM-Literêr.
1989 Steyn, Stefaan Miershoop. Kaapstad: Buchu books.
1990 Campbell, Anna Waar die meetsnoere val. Sunnyside: Soekligkommunikasies.
1990 Gouws, Tom Diaspora. Pretoria: HAUM-Literêr.
1990 Grobler, Mari Wat sigbaar is in amber. Kaapstad: Tafelberg.
1990 Johl, Johann Gewalste woord. Kaapstad: Tafelberg.
1990 La Grange, Retseh … en winter die boom: Haikoes. Pretoria: Lyra.
1990 Laubscher, Sielie Klein spiraal. Potchefstroom: Boekhandel De Jong.
1990 Murray, Ena Roosknop vir ‘n engel. Verse van ‘n vrou. Kaapstad: Tafelberg.
1990 Prinsloo, Karel Tussen grensligte. Kaapstad: Human & Rousseau.
1990 Smit, Sarel Soos gister. Mondeor: Clock Card.
1990 Stegman, Danie (pseud.) Amajuba en ander gedigte. Pretoria: J.M. de Wet.
1990 Swart, J.J. Spitse na die ewigheid. Abba-verse vir die hart. Kaapstad: Lux Verbi.
1990 Titus, Marius Oop gemoed. Stellenbosch: Die outeur.
1990 Van der Merwe, Prevot Boerejive. Kaapstad: Human & Rousseau.
1991 Claerhout, Frans Rendezvous. Kaapstad: Waterkant.
1991 Du Plessis, Flooi ‘n Ding wat byt. 77 limericke. Kaapstad: Tafelberg.
1991 Greyling, Ronel Note uit my hart. Kroonstad: R. Greyling.
1991 Grobler, Melanie Tye en swye in die lewe van Hester H. Kaapstad: Tafelberg.
1991 Jooste, Fanie Reiswyser. Gedigte. [Potchefstroom]: Die outeur.
1991 Lombard, Chris Tussen die malgasse op die kaai. Kaapstad: Human & Rousseau.
1991 Oberholzer, Andrei Ek wag vir jou. Johannesburg: Die outeur.
1991 Schoeman, N.S.C. Giere en maniere. Pretoria: Daan Retief.
1991 Van Zyl, Wium Oggendvuur. Kaapstad: Tafelberg.
1992 Bosman, P.J. Ryp geel kring. Pretoria: HAUM-Literêr.
1992 Le Roux, Frances Maria. [Vishoek]: F. le Roux.
1992 Loock, Alta Tussen sweef en val. Verlangeverse oor die liefde. Pretoria: J.P. van der Walt.
1993 Du Toit, T. Africana album.121 lewensverhale in rym. Somerset-Wes: Dr. T.N. du Toit.
1993 De Goede, Ronel Skoop. ‘n Woordverwerkingspeletjie vir die beginner. Kaapstad: Tafel-berg.
1993 Gouws, C. Klein liriek. Die paadjies na gister. s.l.: [Die outeur].
1993 Mzongwana, Mteto My music my love. Plumstead: Snailpress.
1993 Nel, Gert Vlok Om te lewe is onnatuurlik. Eenvoudige spoorwegstories. Kaapstad: Tafelberg.
1993 Rautenbach, Fanus Lekkerkry met Limerieke en Limeryme. Pretoria: J.P. van der Walt.
1993 Smit, Nico W.H. Songloed en skeemring. George: N.W.H. Smit.
1993 Uys, Pieter Piepstem van tagtig. Lirieke uit literêre tydskrifte. 1981-1988. Garden-view: Pommer Pers.
1993. Van Blerk, H.S. ‘Biegverse uit die dodesel en ander gerdigte’.
1993 Visagie, Gideon New York City. Stellenbosch. s.l.: Mediator.
1993 Winterbach, Dirk Die oranje boek. Groenkloof: Hond.
1994 Accom, G.C. Kinders van die cocktail country. Grahamstad: Die outeur.
1994 Brown, Floris A. Gloei. Worcester: Eden Opleidingsentrum.
1994 Clark, Carol Tjienkerientjee se oog is swart. Kaapstad: Tafelberg.
1994 Du Plessis, Thinus Groenswawel. Innesdale: Publitoria.
1994 Van der Walt, Fred Twee gesprekke. Vlaeberg: Rilua.
1995 Adams, Willie Riemvasmaak. Grassy Park: Domestica.
1995 Bloem, Pieter Mikrogenese 1. Geselekteerde gedigte van 1974-1991. Franschhoek: Cabo Drukkers.
1995 Naude, Charl-Pierre Die nomadiese oomblik. Kaapstad: Tafelberg.
1995 Smith, Alfa Eolus. Bloemfontein: A.Smith.
1995 Van der Merwe, C.L. Gefolterde lewe en ander eerste werke. Bethlehem: C.L. van der Merwe.
1996 Calitz, Elize Argeloos. Stilbaai: E. Calitz.
1996 Coninck, Herman de Liefde, miskien. Kaapstad: Queillerie.
1996 Oosthuizen, Hans Rietfluit in die wind. Oudtshoorn: Kannaland Media Promosies.
1996 Phosa, Mathews Deur die oog van ‘n naald. Kaapstad: Tafelberg.
1997 Boplaas, Carl (Carl van der Merwe) Soetsop virre klipkind. Koue Bokkeveld: Boplaas.
1997 De Bruyn, Paul Oukwas-kind. Barberton: Amo Uitgewers.
1997 Du Plooy, Heilna Die donker is nooit leeg nie. Kaapstad: Tafelberg.
1997 Hofmeyr, Steve Valkuns. Kaapstad: Human & Rousseau.
1997 Jonsson-Spang, Lena Dalk is daar ‘n engel hier. Queenswood: Die Bent.
1997 Laurie, Trienke Skietspoel. Kaapstad: Tafelberg.
1997 Pretorius, R.W. Die masker. Arcadia: R.W. Pretorius.
1997 Prozesky, Oskar Curriculum vitae. Poems in three languages. Gedigte in drie tale. Gedichte in drei Sprachen. Hermanus: The Centre Press.
1997 Van der Merwe, Wynand Siklus. Pretoria: Nuwe Visie Publikasies.
1997 Van der Merwe, W.J. Godeskemering. Centurion: W.J. van der Merwe.
1997 Van der Walt, Elrika Kaalvoetgedig. Innesdale: Publitoria.
1997 Wels, Lucia Spiraal. Queenswood: Bent.
1998 Boshoff, Johann P. Bloot. Sunnyside: Die outeur.
1998 De Jager, Theo Di-mensies. Sunnyside: Woordgilde.
1998 Jonker-Jordaan, Christa My valentyn dwarsdeur die jaar. Bloemfontein: ENCOM.
1998 Sôls, Loit My straat en anne praat-poems. Kaapstad: Kwela.
1999 Vos, Cas Vuurtong. Clubview: Benedic.
2000 Barkhuizen Le Roux, Christine Dimensie. Stellenbosch: Suider Kollege Uitgewers.
2000 Bezuidenhout, Zandra Dansmusieke. Stellenbosch: Suider Kollege Uitgewers.
2000 Bohnen, René Spoorsny. Northcliff: Gnomic Press.
2000 Lorenz, Elza Transverse. Northcliff: Gnomic Press.
2000 Meyer, Wilna Verskillende vensters. Mosselbaai: Tintinkie Uitgewers.
2000 Wilhelm (pseud.) Limerick slimlirick slor-dig bon-dig lekkersick. Pretoria: R&D Uitgewers.
2001 Boesak, Allan Tot sterwens toe. Liefdesgedigte en tralies. Kaapstad: Human & Rous-seau.
2001 Buckton, A.M. Die beproewing van Engela. ‘n Epiese ballade. Queenswood: Bent.
2001 Griesel, Hein Die vlieg wen in die ent. Depressiewe digtery deur dekadente dorper. Bloemfontein: Vulture Press.
2001 Lombard, Kobus Geknipte naelstring. Pretoria: Protea Boekhuis.
2001 Scheepers, Riana Met die taal van karmosyn. Kaapstad: Human & Rousseau.
2001 Van Lille, Ettienne Chemiese glimlagte. [s.l.]: Contentlot.com.
2001 Van Zyl, Magdaleen Hooglied se vuur. Stellenbosch: Suider Kollege Uitgewers.
2001 Weideman, Francois Die 4de ry spieëls. Stellenbosch: Fenomeen Publikasies.
2002 Bosman, Martjie Landelik. Pretoria: Protea Boekhuis.
2002 Booysen, Terence As die wiel eendag draai. Oproep van die kaai. [s.l.]: Die outeur.
2002 Cloete, Rika eensamigheid. Stellenbosch: Suider Kollege Uitgewers.
2002 Freeman-Barends, Claryné Ashoopkind. [s.l.]: Die outeur.
2002 Hendricks, Gertjie Billy Suid-Afrika is in vlamme. [s.l.: Die outeur].
2002 Nel, Ronél [en die here het foto’s geneem oor vanderbijlpark]. Pretoria: Protea Boekhuis.
2002 Pienaar, Hans Met die taal van voëls. [s.l.]: Die outeur.
2002 Phillips, Fransi My lied van die niet. Pretoria: Protea Boekhuis.
2002 Van Wyk, Don Retrospek. Lekkerlees-gedigte. [s.l.]: D. van Wyk.
2002 Witz, Patricia Die swart papawer. Stellenbosch: Suider Kollege Uitgewers.
2002 Zandberg Charles Tydsaam met tyd saam. Bent Uitgewers.
(Bygevoeg deur Redaksie Versindaba:)
2003 Crous, Marius Brief uit die kolonies. Pretoria: Protea Boekhuis.
2003 Sauermann, Lieb Donker vroue. L Sauermann.
2003 van Staden, Ilse Watervlerk. Kaapstad: Tafelberg.
2003 Venter, Jan Die droom en ander gedigte.Die outeur.
2004 Bos, Stef Gebroke sinne. Pretoria: Suikerbos.
2004 Dönges, Sarina In die tyd van uile. Pretoria: Protea Boekhuis.
2004 Dreeckmeier, Thinus Op pad. CcE Books.
2004 Grootboom ,Allen Die dans van die skoenlapper. GA Grootboom.
2005 De Nysschen, Lina Lied van die see. Lanay Uitgewers.
2005 De Priester, Jak Heuning in die mond. Die outeur.
2005 Engels, Euodia. Riemvasmaak. Hemel & See Uitgewers.
2005 Gibson, Gilbert boomplaats. Tafelberg.
2005 Kühn, Willie In die oog van stilte. Human & Rousseau.
2006 De Jager, Piet Ouhout. Protea Boekhuis.
2006 Ferrus, Diana. Ons komvandaan. Selfpublikasie.
2006 Marais, Danie In die buitenste ruimte. Tafelberg.
2006 Stander, Carina. die vloedbos sal weer vlieg. Tafelberg Uitgewers.
2006 Van Jerusalem, Johannes. Eros ontbind. Protea Boekhuis.
2007 Bezuidenhout, Andries. Retoer. Protea Boekhuis.
2007 Crouse, Elna. Gestaltes van ‘n dogter. Genugtig Uitgewers.
2007 Odendaal, Bernard. Onbedoelde land. Tafelberg Uitgewers.
2008 Kamfer, Ronelda S. Noudat slapende honde. Kwela Boeke.
2008 Marais, Loftus. Staan in die algemeen ander aan vensters. Tafelberg.
2009 Möller, Lucie. Watermerke. Protea Boekhuis.
2009 Prins, Johannes. Een hart. Lapa Uitgewers.
2009 Wierenga, Jelleke. Bloot mens. Protea Boekhuis.
2010 Jansen van Vuuren, Louis. Tempermes. Queillerie.
2010 Klopper, Martina. Nadoodse ondersoek. Human & Rousseau.
2010 Louw, Len S. aan’t stap. Hond uitgewers.
2010 Myburgh, Melt. Oewerbestaan. Protea Boekhuis.
2010 Venter, Francois. Anderkantveld. X Libris.
2011 Bennett, Nini. Kodeks. Cordis Trust Publikasies.
2011 Botha, Fourie. Donkerkamer. Queillerie.
2011 Erasmus, Anne-Ghrett. die lekkerste perske is ‘n vy. Benedic Boeke.
2011 Samuel, Andries. Wanpraktyk. Human & Rousseau.
2011 Swart, Valiant. Toorwoorde roep my. Lapa.
2011 Van Zyl, Jasper. Die lewe tussen Pikkewyne. Tafelberg.
2012 Botha, Aniel. Pirouette. Queillerie.
2012 Kuhn, Karen. Ingeboek. Griffel.
2012 Nortjé, Hennie. In die skadu van soveel bome. Queillerie.
2012 Smith, Susan. In die afwesigheid van sin. Protea Boekhuis.
2012 Van Coller, Hennie. Soom. Griffel.
2012 Van der Riet, Jacobus. Die onsienlike son. Protea Boekhuis.
2013 Duvenhage, Basie. Die agste teken. Inset Uitgewers.
2013 Raper, Ian. Oorlopers. Cordis Trust publikasies.
2013 Trantraal, Nathan. Chokers en survivors. Kwela Boeke.
2014 Basson, Eunice. Leiboom. Queillerie.
2014 Krog, Willem. Assignaat. Hond.
2014 Coetzee, Adriaan. Gordel. Protea Boekhuis.
2014 Malan, Jannie. In ligte laaie. Protea Boekhuis.
2014 Van Rooyen, Piet. Reisiger te perd. Protea Boekhuis.
2015 Botha, Hendrik J. Atropos. Queillerie.
2015 Bekker, Emma. Skryn. Protea Boekhuis.
2015 Franzsen, Riël. Narokkong. Protea Boekhuis.
2016 Louw, Juanita . in die grot van die sibille. Queillerie.
2016 Nieuwoudt, Fransi. Vlerkslag van kleur. Cordis Trust Publikasies.
2016 Slippers, Bibi. Fotostaatmasjien. Tafelberg Uitgewers.
2016 Smith, Hennie. Multivers. Naledi.
2016 Smits, Hilda. die bome reusagtig soos ons was. Protea Boekhuis.
2016 Terblanche, Etienne. by die nag se wit kant in. Protea Boekhuis.
- Anthonissen, Carel. Vuurvas. Naledi.
2017 Coetzee, Corné. nou hier. Human & Rousseau.
2017 Fourie, Pieter. Knapsekêrels. Naledi.
2017 Fourie, Ruan. ’n ope brief aan Dorian Gray. Protea Boekhuis.
2017 Phillips, Jolyn. Radbraak. Human & Rousseau.
2018 Fourie, Corlia. Die goeie vrou en ander mites. Protea Boekhuis.
2018 Odendaal, Pieter. Asof geen berge ooit hier gewoon het nie. Tafelberg.
2018 Van der Merwe, W.L. Doodmenslik. Protea Boekhuis.
2019 Hugo, Pieter. Alchemie van my muse. Naledi.
2019 Snyckers, Anette. Remnants restante reste. Modjaji Books.
2019 Van der Westhuizen, Christo. Chrisalis. Naledi.
2020 Julius, Lynthia. Uit die kroes. Kwêla.
2020 Van der Walt, Johann. Persverslag Parlement van uile. Naledi.
2020 Ullyatt, Gisela. Die waarheid oor duiwe. Protea Boekhuis.
2020 Pedro, Ryan. Pienk ceramic-hondjies. Kwêla.
2020 Hennie Meyer. Winkel van wanklanke. Protea Boekhuis.
2020 Henriëtte van Wyk. ’n Bruin blaar tuimel. Minimal Press.
2020. Meyer Bester. die Testament. Naledi.
2020. Churchil Naudé. Drol innie drinkwater. Naledi.
2020. Jerzy Koch. Pleks van plaas. Naledi.
2021. Veronique Jephtas. Soe rond ommie bos. Protea Boekhuis.
2021. Ashwin Arendse. Swatland. Kwêla.
2021. Anita van der Walt. Hierdie Maandag is abstrak. Turksvy Publikasies.
2021. Irize Loots. Vlieg vorentoe. Turksvy Publikasies.
2021. Rina Cascione. Meer as woorde. Naledi.
2021. Louis du Plessis. Teen Helderberg. Naledi.
2021. Gerhard Barkhuizen. Smee. Turksvy Publikasies.
2022. Elmarie Stofberg. digby. Turksvy Publikasies.
2022. Elna van Niekerk. Die brug van ongesêde dinge. Turksvy Publikasies.
2022. Carla Botha. Geleende Seisoene. Minimal Press.
2022. Grant Jefthas. AfvlerkMens. Minimal Press.
2022. Corlien Jacobs. ’n Dromer op ’n liefdesreis. Minimal Press.
2022. Celesté Fritze. Verdeelde stand | Divided Stance. hemel en see boeke.
2022. Willem de Swyger. Vissers van Woorde. Minimal Press.
2022. Helena Ewert. grondstof. Turksvy Publikasies.
2023. Tom Dreyer. Nou in Infrarooi. Kwêla.
2023. Emmie Bedeker. Die grondgeitjie roep. Turksvy Publikasies.
2024. Alwyn Roux. Weerskyn. Protea Boekhuis.
2024. Jaco Barnard-Naudé. om my kastele in Spanje te sloop. NB Uitgewers.
2024. Kobus Grobler. Raamwerk. Turksvy Publikasies.
2024. Maritha Broschk. Wanneer woorde asemhaal. Turksvy Publikasies.
2024. Riku Lätti. Taboek. Naledi.
2024. Christiaan Diedericks (met Melanie Grobler). Vlindervreter. Naledi.
—————————————–
SONDER JAARTAL
Du Toit, J.M. Nada. En ander gedigte. Johannesburg: CUM.
Kruger, C. Onbesnede lippe. s.l.: Janssonius en Heyns.
La Grange, R. Vlinderstiltes: Haiku. Pretoria: Errol Marx.
Lombard, T.C.C. Uit hart, stad en see. Durban: The Home Journal Press.
Mocke, Pieter G. Die mes in my hand onbreekbare huweliksband en luilekkerland. Ge-digte. Welkom: My Stokperdjie Boekhandel en Biblioteek.
Müller, S.F. Ritmes. s.l.: [Die outeur].
Nezar, C. Judas. Sunnyside: NHS Uitgewers.
Odendaal, J.T. Hemelwaarts. Durban: Knox Printing and Publishing Company.
Smit, N.W.H. Christus in die skepping. [Sedgefield: Die outeur].
Steyn, H.J. Christien en ander gedigte. s.l.: [?].
Van der Walt, F. sketse in grys … s.l.: [Die outeur].
Van Hessen, Mein In my eensame hof. Afrikaanse en Nederlandse verse. Pretoria: M. Druk-kery.
Van Tonder, R. Sandspruit se bloekoms. Fountainebleau: Postma Publikasies.
Desmond, Jan Duiwel sal die Heuwel onthou. Hy was toeka al ‘n voorbok, ‘n trail blazer soos die Yanks sê. (Tog interessant dat Obama se middelnaam ‘Drone’ is…) Wanneer hy wat Jannie is goed voor was het hy taks gesing in so ‘n soprano trilletjie soos ‘n ou wie se tokkelosse in die Transformasieforum aangepas en reggestel is: “Liebe-jaan klim die berg / so hastag en so lastag…”
Maar hy had insigte. Hy’t toe al geprofeteer die Bootsman will get stok up the Eersterivier without ‘n pêddel. Dit verbaas my nie dat die verantiewoordelike nasie-bouende dorpsfilosotte, die beangstigde betigters in die wandelgange, en ander papegaaie en landmanne die plek laat toemaak het nie. So ‘n ‘Heuwel’ stook net biebouwse onheil. Ek hoop julle geniet darem die ‘Witterige Wellington’, die ‘Weemakersvallei’.
Google gooi net hande in die lug as mens na NA Liebenberg vra. Sy (verwate? moerdigte?) debuutbundel staan wel nog op ‘n paar verspreide biblioteekrakke.
Breyten, nee, hulle het die plek jare terug mos al herdoop tot ‘Die Wit Wellington’, en die kroegman is ene Rassie Bootman. Gelukkig het die Transformasieforum tot die gevolgtrekking gekom dat dit niks met rassisme of koshuistradisie te make het nie. Ek spandeer dikwels my laaste sente daar op bier. Soms sien ek vir Jannie Gagiano daar, met kortbroek en blazerbaadjie. Ek sal hom ‘n slag vra of hy die Heuwel onthou.
Desmond: Dit was nou voor jou tyd maar ek onthou van jare gelede toe ek skellum aan die Universiteit van Stellenbosch gestudeer het dat daar ‘n kroeg in die dorp was (‘n “oog”) waar mens tot die vroeë oggendure kon kuier. Die plek se naam was juis “In die heuwel van die nag.” Bestaan dit nog? Word dit nog besoek? Om die een of ander rede is daar toe na die manne wat daar uitgehang het verwys as Beskuitmoere. Nou se dae sal dit seker Tarentaalboere wees – dis nou te sê as die plek nog bestaan.
Mitologievorming? Klink vir my meer na heerlike, vermaaklike praatjies so tussen al die hoge erns deur.
A, dus nog ‘n laag genaamd Ampie Coetzee! Is dit nou deel van die onthulling van ‘n mite of juis mitologievorming?
BB was op pad na lieben berg, maar verdwaal toe in die heuwel van die nag. Gelukkig het hy dit nie in Kaaps geskrywe nie.
Liewe Mejuf Erasmus. Bogaande onthulling van jou is feitelik (en feitlik) korrek. Ek weet nie of ek mag sê “gelukkig” of “ongelukkig” nie: ek het gehoop die emeritus professor kan die las, laster en belastering bespaar bly. Wat wel waar is, is dat hy geen aandeel gehad het in Niklaas Abraham Izak Liebenberg se “Die Eerste Gety” nie! Hy sal dalk onthou dat ek destyds gesê het ek oorweeg dit om (self) ‘n getyenis te skryf, bloot uit kalwerliefde vir die poësie, en dat hy toe gesê het dis orraait solank dit onder ‘n deknaam is. Nou nie dat die gedigte waarmee hy toe al doenig was juis nadelig besmet sou kon word nie…
Maar ek vermoed hy onthou nie meer daardie gesprek nie. Sê groete. En sê vir hom ek is jammer dat hy nou so as ware aan die hare uit die kas gesleep moes word.
@ Helena Kolbe : kan jy bietjie meer vertel? Jy sê jy het meneer Liebenberg geken? Hoe en waar? Watse (pleeg)werk het hy gedoen, was hy jonk of oud daardie tyd? Ek wonder ook maar net wat het van hom geworre…?
Liewe Meneer Breytenbach. Kom ons kom nou maar met die hele sak patats of is dit aartappels vorendag. Ons weet jy sukkel met die versies en dat Prof Coetzee jou aanvanklik probeer help het met die skryfkuns.
Maar sê/ bieg nou net asseblief die groot bieg en vertel die mense dis eintlik Ampie Coetzee wat al jou gedigte skryf.
‘n Bietjie dronk en dalk daarom nie die aangewese tyd om te veel belydenisse te doen nie. Alhoewel, dis dalk waarom die Liebenberg weer kom aan(d)klop het. Sal enigiets doen vir ‘n dop. Dis waar wat Marlise na verwys: dat haar verdere werk my op mooi maniere ontglip het. En ek het terug geval, of verval, in die Bbach kring van spotters en ander drinkebroers…
Wat nie beteken dat daar nie na die liefdesberg gestreef is nie!
Ek soek saam, Charl. En hoeveel lae sit in hierdie “bekentenis”, mnr. BB?
Hierdie onderwerp is baie interessant. ‘n Mens steel natuurlik soms per ongeluk (hoewel “ongeluk’volgens aanduidings nie die geval was met mnr. Liebenberg nie). Ek onthou dat ek eenmaal absoluut geskok was om ‘n frase van sowat vyf woorde (woordeliks!), van ‘n gunstelingskrywer van my (wat ek jare tevore gelees het), in my eie skryfwerk aan te tref. Dit was te laat om uit te haal want die bundel was reeds gepubliseer teen die tyd toe ek dit agterkom. Gelukkig is daar net een so ‘n geval waarvan ek ooit bewus geword het, en ek hoop dit bly ‘n eenmalige insig. Eerder in die donker leef … 🙂
Intussen soek ek na daai sleutel in die voorletters en van waarvan Breyten praat. (“Na aanleiding van?”).
Ai liewe Buitebluf!! Jy vra so mooi om verskoning dat ek nie anders kan as om jou te vergewe nie… publiseer gerus ‘n Tweede Gety! Jy het nou sommer banja bundels van my waaruit jy kan kies, praat nie eens van Breytenbach en Jan Afrika se vele bundels nie.
Die jare gaan verby… maar mens se sondes is geneig om jou in te haal. Eintlik was dit sommer lawwigheid van my en ek was aan die begin nogal half trots dat niemand my uitgevang het nie. Ek wil darem byvoeg dat “plagiaat” nie slegs so oud (en verslete) soos die mensegeskiedenis is nie – want wie skryf nie na of oor nie? – maar dat dit ook ‘n huldebetuiging is. Mens steel immers slegs dit wat jou aanspreek, dit waarmee jy dink jy kan werskaf, van die bron waarmee jy jou kan vereenselwig. Nogtans, Marlise, ek wil sê dat ek jammer is ek het jou so ontstel en ontstig. Nou weet jy ek was (is?) N.A. Liebenberg – daar’s ‘n sleutel weggesteek in die voorletters en die van… – en dat ek verskoning vra daarvoor dat ek nie al lank gelede met die sak patats vorendag gekom het nie. Mea culpa.
Nou dis besonder insiggewend. Ek had destyds en deur die jare van die frases in ander se gedigte in bundels/bloemlesings elders herken. Nooit besef dit was so omvattend. Mond hang oop. Wat sóú van hom geword het?
Dankie Daniel, ek het gelees. Verras daaroor. Eers 16 jaar na die verskyning van Die eerste gety” (wat toe sy ‘laaste gety’ was, soos jy meld). Le Roux brei meer uit oor ander plagiëerders (soos die skoolkind veral) en noem dan ‘n paar gevalle op, soos Botes en Liebenberg. Nietemin, ek dink meer het daarvan geweet as wat ek destyds bewus van was. Dit sou nogal egter interessant gewees het as iemand ‘n deeglike navorsing oor dié bundel se inhoud kon doen. 🙂
Marlise, ek was verkeerd: Andre le Roux, destyds van Die Burger, het die plagiaat raakgesien (7 Sept 1989):
http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1989/09/07/14/1.html
Kannemeyer het waarskynlik nooit Liebenberg se bundel gelees nie. Ek ook nie. Daar was nie ‘n tweede bundel nie.
Liewe hemel, dit is inderdaad skokkend! Marlise het pas vir my haar 5 bladsylange notas deurgelees met al die verwysings wat sy in daardie tyd kon naspoor. Ek het haar met nog ‘n paar kon help. Ek vermoed die enigste oorspronklike teks in “Die eerste gety” was die outeur se naam. Waar was Kannemeyer in daardie tye?! Maar, Daniel – het Liebenberg ooit ‘n 2de bundel gepubliseer? Hierdie is die mees flagrante plagiaat wat ek van weet … Dis nie een of twee “vertalings” nie, dis letterlik oorgeskryf in bykans elke gedig.
Ja, Daniel, ek weet. Hoewel ek weet nie in watter jaar is die plagiaat ‘onthul’ nie? Miskien het Botes toe die ligkol gesteel, terwyl Liebenberg kon wegkruip?
@ Desmond. Ek sal die een nou gaan verwyder. Dit was ‘n lys van Adendorff wat oorgeneem is. Ek wonder nou net of die een nie as liedjies beskou is en die ander een met gedigte nie? Tyd dat hierdie lys ook weer opgedateer word!
@ Daniel. Het vergeet om ook te noem dat Liebenberg se ‘gety’ het ook heelwat uit Breytenbach gesteel, en in sy golwe rondgespoel. Bv uit Kouevuur: bls 87, skryf BB:
{….} “is ‘n reis sonder herberge deur ‘n land sonder grense/al langs ‘n see sonder kuste/net met die liefde as bakens.”
En Liebenberg skryf op bls 37: […] “is ‘n reis sonder padtekens of mylpale, is ‘n uitvlug in ‘n land sonder kuste/ met net die stilte as bakens.”
En klink hierdie gedig op bls 50 van ‘Gety’ nie na Paul van Ostaijen se “Marc groet ‘s morgens de dingen” nie! : “Dag werf, dag huis, dag voorstoep / […] Dag skoorsteen, dag windlaaier/ dag slagtafel/ (ens.)
Die hele digkuns tot en met 1970 is lyk my hierin ‘verwerk’en volle sinne is soms blatant oorgeneem, sonder enige erkenning. Nou sit ek en wonder wie op aarde was die keurder vir Tafelberg destyds wat dit nie eens raakgesien het nie?
Marlise, David Botes se plagi”ering van Transtr”omer in “Klein grys telegramme van die w^ereld” (1967) is wel destyds uitgewys.
@Marlise: julle het Anton Goosen twee keer laat debuteer… in ’81 met Liedjieboer, en weer in ’05 met Hitte vannie teerpad.
Daniel, wat weet mens nou eintlik as jy so jonk is en jou half in ‘n beswyming geskrik het net oor jy nou regtig ‘n debuut digbundel het… en dan kom iemand anders en skryf dalk ‘n goeie bundel en dink dis reg om met jou kallertjies te ploeg. Ek het nie geweet of ek iets moet doen/sê of maar net moet stilbly nie. Ek het NA Liebenberg nog nooit gesien of ontmoet nie. Gehoop iemand anders sien dit raak. So ver ek weet het niemand nie? Maar ek dink Bartho Smit het geweet – ek sou hom beslis daarvan vertel het. Miskien was die neiging ook destyds dat die dinge geignoreer word? Of was die forensies slegter as vandag? 🙂
Marlise, dit is nogal skokkend. Sover ek weet, het geen resensent daarop gewys nie. Hoekom het jy destyds stilgebly?
Ja Helena (al ken ek jou nie) o ja ek wonder ook wat het geword van Liebenberg? Met sy bundel Die Eerste Gety (Tafelberg 1971) was ek behoorlik uit al my paspoorte geskok oor die plagiëring van my ou skamele beginnergediggies uit Boot in die woestyn wat in 1970 verskyn het. Van ander soos uit Rook en Oker van Ingrid Jonker en Eluard en die surrealisme van Uys Krige is ook verskeie reëls direk of met kastige slim verdraaiings oorgeneem.
Ek vermoed ek het na vlugsout gegryp en maande lank na die dak gestaar en gehoop ek loop hom nooit op die hals nie, want ek sal nie verantwoordelik wees vir my nare en verontregte gedagtes nie. Kom ons kyk na enkele (en let wel, dis maar enkeles) voorbeelde van sy plagiaat:
Die Eerste Gety: p 60. niemandswêreld van wit verlore strande
Boot in die woestyn: p 8. niemanswêreld van wit verlore strande
*
Die Eerste Gety: p 60 . sonder die verbintenis van seisoene
Boot in die woestyn: p56. sonder die verbintenis van seisoene
*
Die Eerste Gety: p 55 :
sodat ek weer kan luister
na oopgebreekte kore
van die paddas van die more
die blaasorkes van ‘n klam nag
Boot in die woestyn: p3:
ek kom
om weer te luister
na oopgebreekte kore
van die see
die spieëls van klam nagte
te bemin.
*
Die Eerste Gety: p 60 maar jy het uit jou keel gekruip
om te dans – jou eie see van verlange
Boot in die woestyn: p 50 kruip jy uit jou keel
en dans
jou eie see oor die sand
*
Die Eerste Gety: p53. en die oë grom; sonder dat die vingers
gryp na alles wat eers skepping was
Boot in die woestyn: p 47. grom die oë groot waarhede
en gryp na alles wat eers skepping was
*
Die Eerste Gety: p 30. :
want die dag val so gou
soos ‘n mossie uit die lug
Ingrid Jonker – Rook en oker: p 30. :
Die dae val soos mossies
een-een uit die skimmellug
So is daar talle en talle voorbeelde – die lys is te lank om hier alles oor te tik. Ek het vyf vergeelde Olivetti getikte bladsye hiervan. Ek was erg moerag hieroor.
Ek wonder skielik of enigeen dit ooit uitgewys destyds in resensies of so?!
Wens iemand kon vir my sê wat van N.A.Liebenberg geword het. Hy het in 1971 met Die Eerste Gety gedebuteer.Ek het hom (Nick) destyds in die Kaap leer ken. My vermoede is dat hy oorlede is. Ek sou graag wou weet.
Dankie Juan vir jou kommentaar hierby. Dis nuttige inligting wat ons kan gebruik. Sover ek weet was Intermezzo ‘n volledige digbundel. ‘Mengelbundels’ is ook ingesluit by hierdie lys soos waar Engelse en Afrikaanse verse in een bundel verskyn as debuut.
By my is onbekende digters iewat van ‘n stokperdjie, amper ‘n beheptheid. Ek besit talle bundels van hierdie digters en soek nog enkeles. Versindaba se lys bring digters en werke aan die lig waarvan ek voorheen nie bewus was nie.
Enkele opmerkings:
1) Lodovikus se ‘Ontwaking en ander gedigte’ by die lys se “SONDER JAARTAL” is in 1920 gepubliseer en hoort dus eerder by ‘n vroeër lys tuis.
2)Lourens Taljaard (1972): In sy ‘Geskiedenis van die Afrikaanse Literatuur 1’ verwys Kannemeyer (1978: 299) na ‘n “aantal rymelaars” in die vroeë en middeldertigs. Een van hulle is ‘n Lourens Taljaard. As dit dieselfde digter is as hierbo, is ‘Drome van gister. Gedigte oor die lewe en die liefde’ waarskynlik nie sy digdebuut nie.
3)Erika Notling: Ek sal graag wil weet of ‘Intermezzo’ (1968) ‘n volledige digbundel is? In ‘Die Afrikaanse literatuur 1652 – 2004′ noem Kannemeyer (2004:689)’Dal Segno’ (1974) “haar enigste digbundel”. Is ‘Intermezzo’ ‘n mengelbundel (prosastukke en gedigte)? Deug mengelbundels as debute? Indien wel, behoort Andre Groenewald se ‘Die blond God’ (1945) waarskynlik ook tot die lys. Sien ‘Die Afrikaanse literatuur 1652 – 2004)’ van Kannemeyer (2004:202).
Ek besit bundels van drie digters wat nie op Versindaba se lys verskyn nie en hoofsaaklik as prosaskrywers bekend is. Hoewel ek nie 100% seker is of die bundels hul digdebute is nie, word die indruk gewek dat hulle wel is. Nietemin, hulle hoort waarskynlik op die lys.
1) 1975. Nel, Herman. F.B. ‘Onthou’. Pretoria: N.G. Kerkboekhandel.
2) 1983/’84? Raubenheimer, A.T. ‘Sonette van die liefde en die lewe’ Pretoria Noord: A.T. Raubenheimer.
G.S. Nienaber noem in die voorwoord dat die digter “die prys van die beste gedig verower in die wedstryd wat die Huisgenoot in 1924 uitgeskryf het terwyl I.D. du Plessis die tweede prys ontvang het.”
3) 1993. Van Blerk, H.S. ‘Biegverse uit die dodesel en ander gerdigte’. Petit: H.S. van Blerk.
Van Blerk is natuurlik die skrywer van ‘Dit blom tussen bantoms’, ‘Los donkies’, ‘Die mynramp’ e.a.
Ek stel ook belang in subkanondigters voor 1944 en het voorheen ‘n onvoltooide lys opgetrek – hoofsaaklik ‘n sistematisering uit verskeie literêr-historiese bronne (TC Pienaar, Dekker, Antonisen en Kannemeyer). In sommige gevalle het ek net name van digters maar nie die titels van hul bundels nie.
Dankie Daniel vir jou oplettendheid. Ek sal dit verwyder. Hopelik word die lys verder gou opgedateer tot op hede. Dis egter moeilik om van al die bundels te weet wat selfpublikasies is.
Wat ‘n indrukwekkende en interessante lys! Net een opmerking: Abraham H. Jonker se “Die onherwinbare hede” van 1950 is ‘n vertaling van Omar Khayyam (Jonker skryf: Chajjam) se “Rubaijat”. Streng gesproke dus nie ‘n digtersdebuut nie.