Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
22 October 201019 July 2024

Lize Viljoen. Waikiki strand, Oahu, Hawaii

Waikiki

My ouers het ‘n plaat gehad by die huis met ‘n liedjie op wat so gegaan het:

“Hani Tao, Uwa Wiki Wiki, she just smiled and said to me, as she gave me language lessons on the beach at Waikiki.”

Natuurlik wou ek nog altyd op dieselfde strand uitwas as op die plaat, en eindelik, verlede week en Dinsdag was dit my kans.

Met die huurmotor het ons die pad gevat, verby Pearl Harbour en verby die lughawe, tot in Honolulu. ‘n Kwaai beboude stad wat my laat dink aan Seoul, asof die Koreaanse bouers hier was. Immers maak Koreane ‘n groot persentasie van die bevolking uit op die eiland. Sien Wikipedia vir meer inligting hieroor: http://en.wikipedia.org/wiki/Hawaii

Ons het onder bome parkeer en begin afstap al met die strand af, verby die getypoel, verby waar die Katamarangs in en uit vaar en spanne op roeibote die golwe in gly. Tot by die oudste Hotel in Honolulu, die Royal Hawaiin Hotel. Kyk hier vir fotos: http://www.royal-hawaiian.com/photo_tour/index.aspx

So met die stap en foto’s neem en rondkyk sien ek toevallig hoe baie wit duiwe daar op die strand loop, en soos ek die een duif dopgehou het, kom die idee van ‘n gedig toe by my op en ek gryp toe my notaboek en griffel dit neer op die geel blaai met die rooi strepe in blou pen. Soos ek die gedig na die tyd weer oorgelees het het ek die dubbele betekenisse van die sinne begin raaksien, en het die gedig soos ek dit geskryf het ‘n heel ander betekenis begin aanneem waarmee ek aanvanklik begin het.

Hier is die gedig:

Waikiki Strand

Vandag, ‘n duif ontmoet

op die sand loop, reguit kyk

met knik-knik kop, nonchalant,

stertvere gebillabong, loslit

houding, vlerkslepend op die strand.

Son, reën, reënboog eiland,

so baie mense, met hulle”

“vat my soos ek is” houding.

‘n Jong paar het hul hond leer

swem, met die geduld en entoesiasme

van mense wat tyd het vir speel.

Eers laai hulle hom op die boogie-board

en vaar uit in die getypoel, los hom daar,

swem weg en roep, handeklappend, bly.

Dan kom brakkie aangeswem!

Hoera vir brakkie!

Klap nog weer hande!

Spuitende krane soos mense die see

water afspoel, die see is stil, maak

amper nie ‘n geluid nie, net ‘n sagte

geklots en ‘n rustige geruis.

Ek het die duif dopgehou, so kordaat

astrant amper het sy gestap op die

growwerige sand. Ek wou lag.

Lize Viljoen is in 1970 in Kokstad naby die Transkei gebore, die tweede in ‘n gesin van vier. Sy het grootgeword op die platteland in die Oos-Kaap in Dordrecht en Aliwal Noord. Sy gradueer in 1991 van die Universiteit van die Oranje Vrystaat met ‘n BA graad in Kommunikasiekunde. Sy verwerf haar BA Honneurs in 2005 van die Universiteit van Suid Afrika. In 2008 voltooi sy suksesvol die Cambridge English Language Teaching for Adults (CELTA) aan die taalskool Shane in Kaapstad. Sy werk sedert September  2000 in die Engels Tweedetaal bedryf. Sy is tans verbonde aan die Buitelandse Tale Instituut by Yonsei Universiteit, Seoul, Suid Korea. 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Elisma van Zyl. Tydloos
  • Paul Kloppers. hemelrog
  • ND Cronjé. navigasie
  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d