Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
9 November 20104 September 2013

Andries Bezuidenhout. Toevallige tekens

Ek lees op die oomblik met die uitsluitlike doel om te ontsnap; boeke deur die Italiaanse misdaadskrywer Andrea Camilleri, waaraan ʼn kollega my voorgestel het. Die hoofkarakter is Inspekteur Montalbano, wat moordsake in die fiktiewe Siciliaanse dorpie Vigàta moet oplos. Die inspekteur het ʼn gesonde aptyt en die disse waaraan hy weglê word in detail beskryf. Hy eet middagetes by ʼn plaaslike restaurant, gaan stap dan tot by die kaai, waarna hy op kantoor aan die slaap raak en glad nie skaam voel as kollegas hom moet wakkermaak waar hy agter sy lessenaar indut nie.

Hy werk aan een moordsaak op ʼn slag. Natuurlik los hy elkeen van sy sake op, meestal oor iets wat hy toevallig raaksien. Al is Sicilië die tuiste van die Mafia, word daar klaarblyklik minder mense as in Suid-Afrika vermoor.  Miskien sal dit help as misdaad in Suid-Afrika meer georganiseerd raak.

Gister sit ek die Camilleri neer en begin om Martjie Bosman se nuwe digbundel te lees. Lae bloedsuiker? Ek bars in trane uit, veral met die gedigte oor Angola, Mosambiek en Rwanda. Die een wat slegs bestaan uit vroue se name – Portugese Katolieke name, wat van betekenis verander en verdiep met die herhaling van “Maria”. En dat die inhoud van ʼn handsak soveel betekenis kan aanneem!

Ek dink daar is min Afrikaanse digters wat met soveel diepte en insig oor die kontinent duskant en anderkant die Limpopo skryf.

Camilleri se speurverhale laat my ontsnap. Martjie Bosman se gedigte pluk my weer terug realiteit toe. Ek voel skuldig omdat ek nie die woorde kan vind om haar bundel te beskryf nie. Die gedigte tref jou tussen die oë, maar “tref” beskryf dit nie. Ook nie “tussen die oë” nie. Dit roer ʼn mens eerder. Maar dis weer te lomp.

Camilleri beveel ek aan – om te ontsnap. Bosman beveel ek ten sterkste aan – om weer aan te kom.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Onderhoud met Martjie Bosman
Toevallige tekens →

7e gedagtes oor “Andries Bezuidenhout. Toevallige tekens”

  1. Marlise says:
    10 November 2010 at 14:07

    Ek stem saam Andries, oor Toevallige Tekens: absoluut ‘n wonderlike leeservaring vir my gewees. Dis verse wat ontroer, nadenke stimuleer. Ek het weer meer van die persoonliker verse gehou in die bundel.

    Reply
  2. Andries Bezuidenhout says:
    9 November 2010 at 13:54

    Ek skat jou sendingwerk het ‘n dopeling opgelewer.

    Reply
  3. Desmond Painter says:
    9 November 2010 at 13:42

    Probeer hulle in chronologiese orde lees. Begin met Tatoo, met ‘n 30-something Pepe in Amsterdam; en moenie Man of My Life lees voor jy al die ander gelees het nie. Ek sien nou in my woordeboek ‘wistful’ vertaal as “peinsend, droefgeestig; verlangend, weemoedig; smagtend; droefgeestige verlange; weemoed.” Dit alles beskryf hoe ek met die lees van Southern Seas gevoel het; ek is seker jy sal mal wees oor daardie een. En dan is dit verdomp nog eersteklas entertainment ook!!!!! OK my sendingwerk vir die dag is gedoen…

    Reply
  4. Andries Bezuidenhout says:
    9 November 2010 at 13:34

    Desmond, dankie! Ek het die skakel met Montalban raakgelees. Uit jou beskrywing klink dit soos my tipe boeke, so dis beslis volgende op my lys.

    Reply
  5. Desmond says:
    9 November 2010 at 13:33

    En weer PS. Jy kan hier lees oor Montalban. http://en.wikipedia.org/wiki/Manuel_V%C3%A1zquez_Montalb%C3%A1n

    Reply
  6. Desmond says:
    9 November 2010 at 13:32

    PS. Die enigste ding wat ek teen Montalban hou, is dat hy so goed is, ek het al sy boeke wat in Engels beskikbaar is laasjaar klaar gelees. Ek wag net 2 jaar, dan lees ek hulle weer. Daar is ongeveer 8, dink ek. Pace yourself…

    Reply
  7. Desmond says:
    9 November 2010 at 13:27

    Hallo Andries. Andrea Camilleri se Inspekteur Montalbano is vernoem na die briljante Spaanse misdaadskrywer, Manuel Vázquez Montalbán. Ken jy hom dalk? Hy was ‘n Spaanse legende en benewens misdaadskrywer ook digter, filosoof, koskenner, joernalis, nie-fiksieskrywer, ens. Ek het sy misdaadromans laasjaar ontdek: dalk die ontdekking van die jaar vir my, en een of twee van sy boeke, met die privaatspeurder Pepe Carvalho in die hoofrol, is nou van my gunsteling romans — ooit. Veral Southern Seas en Man of My Life is gunstelinge. Maar The Buenos Aires Quintet, Murder in the Central Committee en Tatoo ook uitstekend. Montalban kry dit reg om ‘ontspanningsverhale’ te skryf, maar hulle het ook oneindig meer om die lyf; en hulle is ‘drenched’ in melancholie. An Olympic Death is amper ‘n requiem vir sy stad, Barcelona. Pepe is een van die beste literere karakters ooit, regtig, en om dit te lees laat mens ook besef hoe geyk misdaadverhale soms kan raak… Montalban se romans is soos Pepe self: one of a kind, en onmoontlik om te tem! Ek kan Montalban nie sterk genoeg aanbeveel nie.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Elisma van Zyl. Tydloos
  • Paul Kloppers. hemelrog
  • ND Cronjé. navigasie
  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d