Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
9 November 20106 September 2013

Desmond Painter. Tyd van verhuising…

Ernst van Heerden
Ernst van Heerden

Ek en Claire verhuis tans — van die woonstel na ‘n huisie in Stellenbosch. As ‘n mens in ag neem hoeveel werk so ‘n verhuising behels, en hoeveel emosionele spanning daarmee gepaardgaan, is dit nogal verbasend dat daar so min gedigte oor hierdie ervaring geskryf word!

Digters skryf alte graag oor hulle huise en die huisies by die see wat hulle begeer, maar waar is die gedigte oor die nagmerrie van trek! Goeie aarde, ek het nooit kon raai ek sou wens ek het minder boeke besit nie… In elk geval, ek kan op hierdie oomblik net aan een gedig dink wat hierdie onderwerp aanroer, Ernst van Heerden se ‘Aan die Verhuisingsmanne’ (uit Tyd van Verhuising, 1975) — en dis sommer ‘n ou classic ook:

 

Aan die Verhuisingsmanne – Ernst van Heerden

 

Dra saggies, vriende,

want sierpotte en erdewerk,

keurborde en fyn glas

sluit ‘n hele lewe

met sy drome

en verlangens in;

 

Dra saggies, mededraers,

want die drag

van veerbed,

tafels, lessenaar

druk teen die bors

se dun skelet;

 

Dra saggies, regters,

want die oordeel

oor my klein bedryf

lê vasgevang

in prente, boeke

en ‘n eie ou gemakstoel;

 

Dra saggies, gode,

want die hart se porselein

is broos en tot veel seer

en kwesbaarheid geneig:

die kratte van ‘n lewe

kan so maklik breek.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Johann Lodewyk Marais. Die Ernst van Heerden-versameling, Gent
Louis Esterhuizen. Die metafoor as lugdrukboor →

4e gedagtes oor “Desmond Painter. Tyd van verhuising…”

  1. Desmond Painter says:
    10 November 2010 at 16:01

    Marlise, ek het nog nie eens die boekies wat die Hari Krishna in my eerstejaar aan my verkoop het weggegooi nie… Nee, ek hou aan my boeke vas soos ander mense aan straatname en monumente!!

    Ek het All The Names intussen gelees, ja. Fantastiese boek! Ek dink die nuwe een is An Elephant’s Journey. Ek sal ook maar wag met hom…

    Reply
  2. Marlise says:
    10 November 2010 at 14:03

    Desmond, moenie jou boeke weggooi nie, hoor. Op ‘n dag soek jy daardie boek! Ek wonder of jy toe ooit Saramago se ‘All the names’ gelees het? Dis een van gunsteling prosawerke! Ek sien ‘n nuwe een van hom het pas verskyn – iets oor olifante, maar helaas, ek sien nie kans vir hom nie…

    Reply
  3. Desmond Painter says:
    10 November 2010 at 12:01

    Andries, dis omtrent ‘n vreemde ding om weg te raak… Ek hoop die laai was leeg, en dat daar nie ‘n manuskrip-in-wording ook in die proses weg is nie!

    E-boeke is maklik om te karwei, maar as jy eers weer gesettle is wil mens darem jou troepe in gelid om jou sien staan!

    Met die pak kom ek af op boeke waarvan ek al vergeet het; en tog onthou ek meeste van die tyd onmiddellik waar hulle vandaan kom, hoe dit was om hulle te lees, ens. Soveel herinneringe en betekenisse kleef soms aan die fisieke objek, goed wat dikwels niks te make het met die boek se inhoud nie. My own private Idaho.

    Reply
  4. Andries Bezuidenhout says:
    9 November 2010 at 14:58

    Sterkte Desmond. Ons beurt was verlede naweek. Ek skat ek sien nou die waarde van e-books in. En dan, die kosmiese vraag: Dat ‘n lessenaar se laai nou in die proses kon wegraak. Van alles, ‘n lessenaar se laai. Nou staan die lessenaar daar, met ‘n laai en ‘n gat. Die laaie van die lewe kan so maklik wegraak. So much vir die bors se dun skelet.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Elisma van Zyl. Tydloos
  • Paul Kloppers. hemelrog
  • ND Cronjé. navigasie
  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d