
Verlede Dinsdag het daar ‘n artikel van die Suid-Afrikaanse expat Birgit Solvsten d’Alpoim op News24 se webblad verskyn. In haar skrywe “What South Africans don’t know about SA” gaan sy basies gal af oor die skreiende rassisme wat steeds in Suid-Afrika aanwesig is. Toe ek Donderdag om 09:13 die artikel lees, was daar reeds meer as 200 kommentare op haar artikel gewees. En was die mense in oproer oor wat sy te sê gehad het! Hulle het haar uitgeskel, geprys, gevloek en gelukgewens. Ek het deur die kommentare gelees en besluit om iets met hulle aan te vang.
Die eerste stap was om aandagtig deur alles te lees en sinsnedes te onderstreep wat my opgeval het, kwaad gemaak het of net eenvoudig belaglik was. Die artikel met kommentare kan hier gelees word:
http://www.news24.com/MyNews24/Beyond-Borders/What-South-Africans-dont-know-about-SA-20101109
Hierna het ek al die onderstreepte kommentare uitgesny en op my kamervloer uitgesprei, waarna ek hulle min of meer “tematies” saamgegroepeer het. Ek het toe die uitknipsels rondgeskommel tot ek tevrede was. Die onderstaande gedig, “for mzansi”, is die eindproduk van my speletjie.
Ek het probeer om so ver as moontlik die oorspronklike kontekstuele betekenis van die teksgedeeltes te behou, alhoewel ek wél hier en daar ‘n voornaamwoord of twee verander het. Die enigste noemenswaardig verskille tussen die gedig en die oorspronklike kommentare is die reëlbreuke en die strofes. Ek het ook meeste van die leestekens verwyder en ooglopende spelfoute gekorrigeer. Dit lyk vir my of die gedig op die ou end ‘n dialoog tussen ‘n ouer en ‘n jonger Suid-Afrikaner verteenwoordig.
Dankie aan elkeen van die 180 kommentators wat (onwetend) gehelp het om die gedig te skryf. Hulle name verskyn onderaan die gedig.
for mzansi
a dialogue in 180 voices
remember
i don’t think i have to
you need to get off your high horse
broer
sorry baas that i am so ignorant
no doubt you think a necklace
is simply a fun piece of jewellery
why don’t you bring your face closer
i remember
being able to identify
landmines limpet mines makarov pistols
before I was 10
i remember
when our family couldn’t enter
shops and restaurants through the same
doors
i remember
the day i saw black
people dressed like whites
walking on the beach at scottborough
i went to a public school
just as they did
i had to hold my school shoes together
with elastic bands for over a year
yes we have a kak past
but we are not a bitter and twisted people
blacks had homelands whites had theirs
did van riebeeck come to africa
carrying land in his ships?
there is no justice we are stuck in a colonial age
i lived here with a heart
but people forced me to hide it
4 million people cannot carry
a country i had to leave
through a choice of my own
i was 7 my brother 4 when we
became a democratic republic i did not
commit any atrocities
and neither did my brother
all we got was a stab in the back
most white saffers
would be happy to live and work under
a black government
so easy on us whiteys we
want the same things
but build a city before you rename
our streets
they built your country
with their sweat and tears
there was extremely cheap labour
if you refused you were locked up like a criminal
black people were
very forgiving
a bit too much
perhaps
they will be afraid to walk on the streets
cowards that they are
ek’s trots om ‘n wit suid-
afrikaner te wees
eish dis langwij of da umlungu
is cunfushesing although
the bit i know
helps a lot to hear
when they are talking about me
always remember that
when talking behind
our backs
at least there’s dialogue
but talk is different from vomiting
be silent oh ignorant one
no pissies have ever come from south africa
let’s look at the facts
st james’ church kenilworth 25 july 1993
they threw grenades and opened fire
on the congregation killing 11 wounding 58
laundry and ironing done
meals prepared
lawns mowed
my worker
bless her soul
was on her way from work
when she was pulled into a shack
and raped by 4 different men for 3 days she died a year ago
8 january 1982 koeberg nuclear power plant
a child was set on fire whilst alive
mothers killed taking children to school
some who had their fingers cut off
before being killed
car bomb nedbank square building church street
at 4:30pm on a friday
at least 20 ambulances
took the dead and wounded to the hospital
no place like home
an eye for an eye?
blah blah sob sob
cry us a river
why don’t you
cry the beloved country
why don’t you
move to the zimbabwe ruins?
we will grow old in this country
the old folks
need to let go and get over it
it makes it harder for us to correct your
past mistakes
maybe
if your grandparents were beaten
almost to death
for a slice of chocolate cake
you would also be angry
regardless of what language their screams were in sir
you are a beneficiary of apartheid
whether you like it or not
do you?
i don’t know
what is wrong with our skin?
what colour is our blood
i don’t know
i’m so sick and tired
i just hope we don’t pass this on
to our children
it’ll take a while
peace
my bra
it’ll take a while
nuff said
Die 180 skrywers:
SimonP, noxcleva, mfanafuthi.skele, onemantribe, jean.dutoit, NicolaG, franssmith100, Willa, nyaradzo, Guida, BLACKsoWHAT!, Mafdet, John Wilderness, Dewet, Revolutionary Man, MACKAROONEY, meindert.hoving, andrewpottow, LogicBomb, Carmen, Mark Edwards, BOY30, Roy Carrol, toxicpolony, vinnythesaff, vickyvgemert, Francois, Kiewiet52, Nora, Mike, Bob, sarah.boutell, Afrobella, scott, Two Step, Igrayne, AJ, asminex2, Stollie, Iannetian, LJ Graey, Mike Webber, TGIL, tukipotter, Nathan, Dave, jameswsleigh, ccbmeyer, taf.jizz, Snoopy88, Brandon96end, liesl, fiveassedmonkey, malcomx, Zolani, Perfume, Moosa Vawda, Audrey, BrokenRecord, CygnusX1, GBES, sanodn, Lanfear, Bongani, Marinella, Sage, jlroodt, Louis Kriel, Maretha, It’s_News!, Henny, bill, whitemasala, Arthur Phili, AlfredNeuman. Nthlarhi, Boerseun, pat, Newsferret, Rev. H-Cubed. Renee, Adel Colvin, g.latsky, Mad Hatter, louwhan, Roderick, mollyclarke3, sunblade.za, esther.vanschalkwyk, Blake, Pierre, Patti Balnatti, Phillip, Staal, Lionel, Oryx_ZA, impartiality, jwill, Pookie, James1, Sylar_DJ, Justin McCal, Badger, Lanfear, Simba_mach, paleobot81, Prophet, Nordic, dylan006, wartmonger, TinyT, Namib, GTFO, BrownAfrican, johnroodt, AjaxFiko, Mordred, Rob, cornsterenator, Bevan, pat, aswanevelder, Werner, Julius-Mal-Emma, Garth, Nkosi, Rob, WillyNilly, Monamia008, William, briana.scott, bennie.strydom, Dylan Mugabe, Jackie, Melony, Kgalelo Khunou, ann.wilson78, YasButIDunno, Samsung, gkloppers, fred,Mbazima, ne6869, wayne.morris311, coolwaynie, karen.campbell407, Ares, Anthonie.vanbosch, De, Chantal de pierres, Kelly, charleen.wood, Tarryn, kumoriza, njwplasma, clinton.cook, Fed-Up, jawjabber7, quinna99, CooP, twincamsam, Trêvhir, mwfrater, eigenhuiss, Geboorteland, haha, barkhuizencj, Steph, RoeJoe, Janus, Grant, Mbulelo, Saamprater, ecsi.plastic, bones3994, Lawrance, cmax03, green_goblin, brentonwoodward, emil scharf.
Juriana, dankie vir die mooi woorde. 🙂
Ja, ek hou van wat jy sê oor die gedig as ‘n “vertaling”. Jy is reg dat dit nie aanvanklik my plan was om die gedig as ‘n dialoog te struktureer nie. Dit was redelik chaoties aan die begin, veral na ek die fragmente uitgeknip het en hulle deurmekaar op my vloer gelê het. Dit was nogal angswekkend om die “clamour” op my vloer te sien lê. Selfs toe ek die gedeeltes in “tematiese” verband gegroepeer het, was daar nog steeds te veel “geraas” uit verskeie oorde. Maar ek het eers die bewustelike besluit geneem om dit in ‘n dialoog te omskep toe ek besluit het dat “peace my bra” een van die laaste reëls sou wees. En twee mense kom in elk geval makliker tot ‘n verstandhouding as 180!
Ek het ook eers aan die einde besef dat die gemene deler tussen die fragmente wat ek gekies het die gebrek aan betekenisvolle gespreksvoering in Suid-Afrika tussen oud en jonk is. Ons generasie se ouers het deur Apartheid geleef en verstaan beter as ons in watter geskiedenis die huidige probleme in Suid-Afrika gewortel is. En baie jongmense staan apaties teenoor die land se bloederige geskiedenis en hede. Die gedig het op die ou end ‘n poging geword om hierdie generasies om dieselfde vuur te laat sit. In retrospek dink ek dat ek die fragmente onderbewustelik vir hierdie rede gekies het, aangesien die generasie- en kommunikasiegaping al lank vir my ‘n issue is.
PS. Miskien is ek besig om heeltemal te veel hieroor te dink. Dit was ‘n flippen lekker eksperiment gewees en ek hou van die resultaat. nuff said. 😉
Ja, ek sien wat jy bedoel. Ek persoonlik neig na ‘n fokus op hoe daai proses van fragmentering en misverstand plaasvind tydens die samestelling van diskoerse, maar as ek jou reg verstaan probeer jy eerder ‘n proses van “vertaling” (as in the English “translate” from the Latin “transferre” – “trans”: across+”ferre”:to bear) – to act as a ferryman for the process of dialogue?
Dit klink ook vir my asof jy aanvanklik nie van plan was om dit as ‘n dialoog te konseptualiseer nie (” Dit lyk vir my of die gedig op die ou end ‘n dialoog tussen ‘n ouer en ‘n jonger Suid-Afrikaner verteenwoordig”), en tog het jy dit soos ‘n dialoog uitgele.
Het jy dus dit eintlik van die begin af as ‘n dialoog “gehoor”, of was dit meer chaoties, en het dit tydens die proses van “redigering” ontaard in ‘n dialoog? Hierdie is tog immers ‘n “woorde wisseling” tussen baie mense. Was daar ooit ‘n punt in die proses waar mens dit nog as ‘n koor, of ‘n indaba sou kon beskou het, of op meer chaotiese vlak, as ‘n “clamour”?
Wow! Ek het al van jou werk in Penseel gelees maar die gedig is ongelooflik treffend. Ek gaan dit as monoloog vir een van my drama leerders in graad 12 gee as deel van sy tema program. Dankie vir jou bydrae tot ons wonderlike taal.Kan nie wag om jou volgende werk te lees nie. Sterkte op jou pad van ontdek!
En daarin het jy perfek geslaag, Pieter. Fantastiese eksperiment met wonderlike resultate. Dankie.
Annel, dankie vir die kommentaar. Bly jy hou van die gedig. Die keuse om die taal- en leestekenfoute uit te haal was een waaroor ek lank getob het, maar dit was ‘n manier om die fragmente uniform genoeg te maak sodat ek hulle makliker kon saamweef. Ek moes die heeltyd versigtig wees om die balans tussen die oorspronklike stemme en my eie te handhaaf. Maar ek het besef dat die blote seleksieproses en die reëlbreuke die oorspronklike kommentare reeds in iets heeltemal anders getransformeer het en het daarom beslut om die leestekens en spelfoute ook te verwyder.
Die “gedig” sou na my mening andersins te gefragmenteerd voorgekom het – iets wat ek juis probeer teëwerk het in die gedig. Die diskoers rondom die huidige politieke klimaat in Suid-Afrika is myns insiens reeds te gefragmenteerd. Mense praat verby mekaar. Ek wou hulle laat saampraat in die gedig.
Hi Pieter: Ek hou vreeslik baie hiervan, ek dink dis ysingwekkend.You really caught the overall cadences and sound of these “snippets” very effectively in the arrangement. Dit sou selfs interessant gewees het om dit met die oorspronklike taalfoute en leestekens te sien – those markers that are meant to assist (invisibly)in the making of meaning but that often disrupt the process of meaning making. I also like the fact that you have cited all the “poets” – it performs something of the process of the production and reproduction of a particular discourse and dialectic in SA.