Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
16 November 201019 July 2024

Lize Viljoen. Oosterse Gesondheid

Die geheime van die Ooste
Die geheime van die Ooste

Ek loop nou al geruime tyd met die blog in gedagte, ek meen, die idee wat ek hier wil voorsit stoom nou al letterlik meer as twee weke in my blog kombuis. Ek woon tans in Seoul, Suid Korea, wat ‘n Oosterse land is wat die afgelope paar jaar vinnig vooruitgang gemaak het op alle gebiede. Die area wat ek woon is bekend as die uitlandergebied en is behoorlik ‘n kookpot van vele nasies. Mens sien meer uitlanders hier as Koreaners. Tog, dit bly Oosters hier, en vandag wil ek vertel van die maniere wat mens  gesond kan bly hier deur die Oosterse leefstyl aan te kweek.

Eerstens is die kosse baie gesond, met die minimum vet. Elke dis kom met sydisse, wat gewoonlik kimchi insluit (Koreaanse kool met rooipeper, gemmer en knoffel) en die basis is gewoonlik rys. Dit werk ook goedkoper uit om by die Kim bab Nara (letterlik vertaal, die seegras rys plek) te eet as om kruideniersware te koop.

Onlangs het ek twee sessies Yoga bygewoon by die Magic Pond Gym. Daar is skynbaar twee tipes Yoga. Shiva en Shakti. Shiva Yoga is baie rustig en fokus deurgaans op die asemhaling en leer mens om ‘n diep asemhalingspatroon aan te kweek. Van Shiva Yoga kan ek getuig: dit is terselfdertyd die maklikste en die moeilikste ding wat ek nog ooit gedoen het.

Die groot kanon is natuurlik Akupunktuur. As jy my destyds op skool in Aliwal Noord vertel het dat ek eendag heel gewillig laat mense my met naalde steek in die naam van gesondheid sou ek dit behoorlik afgelag het. Tog, hier is ek, jare later, met nie net die naalde ingeryg op my rug nie, maar ook blou merke soos ek bewerk is met die bloedsuierkoppies, wat ten doel het om die ongerymdhede uit jou liggaam te suig.

So tussen die Yoga en die gesond eet en die akupunktuur het ek toe geskryf aan die volgende gedig.

Geloof in die lewe

Soms wanneer my drome my wakker maak,

snags en ek nie die idee van jou kan vergeet nie,

dan trek ek my aandag af deur vir vir myself

stories te vertel, stories waarin ek destyds

nog kon glo, maar wat my nou net laat lag,

of eerder, glimlag, net so terloops, onbeding.

Die dae en die nagte verloop teen ‘n vallende

helling, en net soos ek dink die tyd het oplaas

die laaste onheil van jou traak my nie agtigheid

uit my siel getrek, dan word ek wakker met ‘n

gemis, ‘n alewige gemis wat my laat rondtas

op die internet, wagtend op iets wat nie gebeur

nie, en ek besef dit is nie regtig jy nie, dis

eerder, die stuk van myself wat ek iewers,

was dit by geboorte, of tydens tienerjare,

iets van myself wat ek verloor het en in

jou kon raaksien, iets wat ek nie kon bekostig

om weer te vind nie, net so in die verbygang

kon ek dit in jou waardeer, en nou, nou is

ek weereens op soek daarna, al dink ek dit

is by jou, weet ek, dis reeds lankal weggesit

in die land van  verlore dinge, toegespin in

spinnerakke en vergete vir gedagtes.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Elisma van Zyl. Tydloos
  • Paul Kloppers. hemelrog
  • ND Cronjé. navigasie
  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d