Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
1 January 20116 September 2013

Marlies Taljard. Rooshoek se poësiekerk 2

Hierdie reeks besprekings gaan oor Frans van Rensburg se kapelletjie in Potchefstroom waarin tien gebrandskilderde glasvensters van Rita Röscher, Sophia du Toit en Mariana du Toit pryk. Elk van dié vensters is gemaak na aanleiding van ‘n Afrikaanse geestelike gedig. In hierdie bespreking gaan ek by twee van dié vensters stilstaan, naamlik die “Maria”- en “Golgota” (W.E.G. Louw)-vensters.

 Gebrandskilderde glas is ‘n kunsvorm wat veral met die Christelike Kerk gesassosieer word. Waar en wanneer dit ontstaan het, is onseker, maar die eerste voorbeeld van gebrandskilderde glasvensters word aangetref in ‘n sewende-eeuse klooster. Dit is egter veral Gotiese katedrale wat met dié kunsvorm verbind word. Na die twee Wêreldoorloë herleef die kuns van gebrandskilderde glasvensters, hoofsaaklik omdat so baie van dié vensters in die oorlog verwoes is en herstel moes word. Moderne kunstenaars maak dikwels van dieselfde simboliek gebruik as wat in antieke tye die geval was omdat die taal van simbole steeds tot ons praat en, aldus ‘n kenner “have the power to evoke images and thoughts in us that words don’t”.

 Vanaf die tiende tot die dertiende eeu het gebrandskilderde glasvensters in kerke hoofsaaklik die doel gedien om ongeletterde kerkgangers te onderrig, te troos en te inspireer. Dit het meestal tonele uit die Ou en Nuwe Testament uitgebeeld. Die kleure en die lig wat daardeur skyn het ‘n besondere invloed op die gemoedstemming van die kerkganger en skep ‘n atmosfeer van aanbidding en verwondering. Natuurlik het die vensters ook ‘n estetiese funksie gehad – dit het die somber ou kerke verfraai en lig deurgelaat – een van die oudste simbole vir die aanwesigheid van God.

 Die meeste gebrandskilderde glasvensters word gekenmerk deur eenvoud van vorm en die gebruik van simboliese voorwerpe en ligsimboliek. Daarom is dit belangrik om te let op wat persone byvoorbeeld in hulle hande hou of watter voorwerpe in die agtergrond uitgebeeld word. Dit is ook belangrik waar persone staan en hoe hulle geklee is. Verder speel die kleure wat gebruik word ‘n belangrike rol by die interpretasie van die stof. So word blou byvoorbeeld dikwels gebruik as die kleur van spirituele liefde en standvastigheid. Dit is hoekom die Maagd Maria dikwels blou dra. Wit is die simbool van reinheid, terwyl rooi ‘n komplekste simbool is wat bloed en lyding kan uitbeld, maar ook lewe kan simboliseer. Groen is dikwels die kleur van hoop. Baie vensters maak van numerologiese simboliek gebruik. So is die aantal voorwerpe wat voorkom byvoorbeeld belangrik: drie, sewe en twaalf is syfers wat dikwels simboliese betekenis het.

 Gebrandskilderde glasvensters het ‘n gevestigde ikonografie. Van die bekendste simbole sou wees die lam, die kroon en septer, sakramentele voorwerpe, blomme, vuur, plante, die duif, die vlinder (as simbool van lewe na die dood) en die skaapwagter.

 Vervolgens gaan ek enkele van die Rooshoek-vensters tesame met die gedig na aanleiding waarvan dit gemaak is, plaas. Ek vertrou dat hierdie en al my vorige besprekings as rigtingwysers mag dien … Maar die eintlike doel is dat die kyker dit geniet en daaruit inspirasie put. Ek wil so min as moontlik verder sê en jou, die leser, die geleentheid gee om te praat – per slot van sake is hierdie ‘n forum waarin ons met mekaar praat. Hier is nou ‘n gulde geleentheid waar dié met kunskennis ‘n gewaardeerde bydrae kan lewer. Julle maak my nerveus as julle so stilbly … dan wonder ek of dié blog dalk in die onmeetlikheid van die kuberruim verdwyn het en iewers anoniem aan’t rondsweef is …

 

Maria - WEG Louw
Maria - WEG Louw

Maria

Deur daardie tuintjie het sy stil gegaan,

haar hande needr’ig oor haar bors gevou,

toe hy, verblindend soos die son, daar staan:

drie wit lelies het hy in sy hand gehou.

 

Half-skaam, verleë, het sy opgekyk

en is opeens met groot vrees bevang:

sy oë het van haar nie afgewyk,

sy vleuels het oor heel die tuin gehang.

 

“Geseën is jy onder die vroue” – sy woorde –

of was dit winde? – verruis nog in haar oor,

toe hy teen die son in goue vlug verdwyn …

 

Sy het haar neergebuig en half-versmoorde

klein snikkies in haar hart gehoor,

van verlossing reeds die vreugde en die pyn.

(WEG Louw)

 

Golgota - WEG Louw
Golgota - WEG Louw

 

Golgota

Met rooi, gewonde voete en die pyn

van dorings wat Sy hoof in spot omsluit,

het Hy – gelaaf met mirre en bitter wyn –

teen Golgota Sy droewe gang gestuit.

 

Soldate het Sy klere uitgetrek

en luid getwis oor kleed en lendedoek;

sy naakte liggaam het hul oopgevlek

oor stam en balk en dit met smaad vervloek.

 

Die wrede spykers word deur vlees en been

met felle slae ingejaag: Sy hande,

verstrak in laaste, goddelike seën,

het Hy wyd uitgebrei oor alle lande …

 

Die vroue roep in duisternis en treur …

Die aarde beef … Die tempelvoorhang skeur.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Marlies Taljard. Rooshoek se poësiekerk 1
Marlies Taljard. Rooshoek se poësiekerk 4 →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d