Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
5 January 201120 July 2024

Lize Viljoen. Gedagtes in die Nuwe Jaar

Die brug na die nuwe jaar, die aftelling na twaalfuur het hierdie jaar vir my plaasgevind binne die “black box” by die Samsung Leeum Kunsmuseum in Itaewon, Seoul. Die woorde: Herrineringe van die toekoms is braaf in neon teen die een buitenste muur, en ook by die uitstallingruimte waar die projek, “The Clock”, van Christian Marclay vertoon word. Met Nuwejaar het die museum ‘n spesiale geleentheid daarvan gemaak, deur die film in sy totaliteit van 24 uur te wys, vanaf sewe uur die oggend van oujaarsdag tot seweuur die oggend van Nuwejaarsdag.Sien die volgende koerantuitknipsel vir meer: http://media.daum.net/foreign/englishnews/view.html?cateid=1047&newsid=20101209173811991&p=koreaherald

Die film handel oor tyd. Die horlosie, al die vorme van tydaangewers, elektroniese digitale horlosies van die tagtigers, muurhorlosies, kerk klokke, uurglase gevul met goud, koek koek horlosies, in elke minuut van die film is daar ‘n replika van een of ander van die bogenoemde en dit dui die tyd aan, in ‘n lopende kontinium van vier en twintig uur. Die tyd in die film is gekoordineer met die ‘regte’ tyd, wat dit ookal is, of altans die lopende tyd van die dag, sodat as mens op jou eie horlosie sou kon kyk in die donker van die teater, dan is dit dieselfde as in die film. Die effek hiervan is dat mens voel ‘n haastigheid, ‘n tipe gejaagdheid en bewustheid van hoe dringend elke oomblik is waar tyd verbygegaan het. Selfs met die uitstap uit die teater, ek kon net een of twee uur op ‘n slag baasraak, die gevoel my bygebly het, dat alles rondom my, alles wat ek kon sien op die strate van Seoul, die mense, die karre, die weer selfs, dat dit so verganklik, maar ook net so ontsettend belangrik is as die vlietende tonele van  die duisende aanmekaargeflanse films wat Marcklay gebruik het om sy film uit te bou.

Die mees opmerklike van alles, na ‘n marathon van tyd dophou, is hoe relatief belangrik die inlui van die nuwejaar word, hoe dit ook net soos al die ander oomblikke, dopghou, afgemeet, afgewag selfs, dat dit bloot voortvloei in die volgende vyf minute, net soos elke ander dag.

Clock and Globe

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Resensie: “’n Ander wêreld” (Eunice Basson)
  • Anne-Marie Bartie. alpha centauri
  • Anne-Marie Bartie
  • Stephan du Toit. Witgatboom

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Brief, 10 November 2025
  • Carina van der Walt. Paryse dagboek
  • Joan Hambidge. Philip de Vos – die boek op die regte oomblik
  • Nuwe publikasie: “Troilus and Criseyde” in Afrikaans vert. deur Johan Boje
  • Digtersprofiel: Mari Grobler

Nuutste kommentaar

  1. Peet van Schalkwyk on Peet van Schalkwyk. Camdeboo, Van der Waltshoek10 November 2025

    Baie dankie Vds

  2. VDS Brink on Peet van Schalkwyk. Camdeboo, Van der Waltshoek8 November 2025

    Peet, dit is aangrypend mooi!

  3. Bernard Odendaal on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)3 November 2025

    Dankie, Joan.

  4. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)31 October 2025

    Was es ist! Puik vertaal.

  5. Bernard Odendaal on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)30 October 2025

    Dankie, Willemien du Preez. Fried skryf verrassend boeiende gedigte vol abstrakte selfstandige naamwoorde - dit waarteen gewoonlik gewaarsku word deur…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d