Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
31 January 20114 September 2013

Andries Bezuidenhout. Kaktus: Na ʼn gedig van Jean-Joseph Rabéarivelo

KAKTUS
(Na ʼn gedig van Jean-Joseph Rab
éarivelo)

Hierdie skare gegote hande
wat ruikers hemelwaarts uithou
hierdie menigte vingerlose hande
deur geen rukwind versteur
hulle s
ê ʼn verborge oog
ontspring uit hul vlekkelose palms
hulle s
ê hierdie intieme bron
les die dors van duisende beeste
en ontelbare stamme, swerwende stamme
wat die Suidgrens bewoon.

Vingerlose hande, ontspring uit ʼn put,
Gegote hande wat die lug bekroon.

Hiér, toe die stadshange nog so groen was
soos maanlig wat uit woude loer,
toe Iarive se heuwels nog kaal was
soos bukkende bulle wat boontoe beur,
dit was op rotse selfs vir bokke te steil
waar hulle kom skuil het, jaloers oor hul oorsprong,
hierdie melaatses wat blomme sweer.

Gaan in by die spelonk waar hul vandaan kom
as jy die siekte wat hul teister se kiem wil soek –
ʼn oorsprong donkerder as die aand gemantel
en verder as die sonsopkoms geslinger –
sal jy meer helderheid as ek kan vind?
Dis bloed uit die aarde, sweet uit klip
en sperms op die wind
wat in hierdie handpalms saamvloei
en vingers tot goue blomme verskroei.

Jean-Joseph Rabéarivelo is uit ʼn verarmde elitefamilie in 1901 in Antananarivo, Madagaskar gebore, ten tye van Franse kolonialisme. Madagaskar was een van Frankryk se jongste kolonies en die koloniale beleid van integrasie is streng toegepas – veral op die elite. Rabéarivelo het skool op die ouderdom van dertien verlaat en poësie begin skryf. Hy het die Franse letterkunde intensief bestudeer en sy eerste gedigte is sterk hierdeur beïnvloed. Hy het ‘n pionier van ʼn Franse letterkunde in Madagaskar geword. Sy droom was om Frankryk te besoek, ʼn versoek wat plaaslike burokrate geweier het om toe te staan. In 1937 het hy, waarskynlik deels hieroor, maar ook weens dwelmverslawing, selfmoord gepleeg. Die gedig hier bo kom oorspronklik uit sy bundel Presque-songes, wat in 1934 gepubliseer is.

Bron:
Gerald Moore & Ulli Beier, Modern Poetry from Africa (Penguin, 1963).

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

2e gedagtes oor “Andries Bezuidenhout. Kaktus: Na ʼn gedig van Jean-Joseph Rabéarivelo”

  1. Andries Bezuidenhout says:
    4 February 2011 at 10:03

    Dankie Daniel. Dis werklik onstemmend.

    Reply
  2. Daniel Hugo says:
    3 February 2011 at 07:14

    In Stephen Gray se “Invitation to a Voyage – french-language poetry of the Indian Ocean African Islands” (Protea Boekhuis, 2008) staan ‘n Engelse vertaling van die aantekeninge wat Rabearivelo gemaak het terwyl hy sterwend was:

    At 9 minutes to 2 on my watch I take 14 pills of 0.25 grams quinine to muffle my head well. A little water to swallow them.

    (Dan volg ‘n lang gedig.)

    At 2.37 on my watch. The effect of the quinine is now felt. Soon in a little sweetened water I shall take more than 10 grams of potassium cyanide.

    I stroke my family album. I send a kiss to the works of Baudelaire which I have in the other room.

    15.02. I will drink – I have done. Mary, my children, to you my thoughts – my last.

    I swallow a little sugar. I suffocate. I am going to stretch out.

    (22 June, 1937)

    Skokkend én ontroerend.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • René Bohnen. Weerklink
  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d