Andries Bezuidenhout. Kaktus: Na ʼn gedig van Jean-Joseph Rabéarivelo

KAKTUS
(Na ʼn gedig van Jean-Joseph Rab
éarivelo)

Hierdie skare gegote hande
wat ruikers hemelwaarts uithou
hierdie menigte vingerlose hande
deur geen rukwind versteur
hulle s
ê ʼn verborge oog
ontspring uit hul vlekkelose palms
hulle s
ê hierdie intieme bron
les die dors van duisende beeste
en ontelbare stamme, swerwende stamme
wat die Suidgrens bewoon.

Vingerlose hande, ontspring uit ʼn put,
Gegote hande wat die lug bekroon.

Hiér, toe die stadshange nog so groen was
soos maanlig wat uit woude loer,
toe Iarive se heuwels nog kaal was
soos bukkende bulle wat boontoe beur,
dit was op rotse selfs vir bokke te steil
waar hulle kom skuil het, jaloers oor hul oorsprong,
hierdie melaatses wat blomme sweer.

Gaan in by die spelonk waar hul vandaan kom
as jy die siekte wat hul teister se kiem wil soek –
ʼn oorsprong donkerder as die aand gemantel
en verder as die sonsopkoms geslinger –
sal jy meer helderheid as ek kan vind?
Dis bloed uit die aarde, sweet uit klip
en sperms op die wind
wat in hierdie handpalms saamvloei
en vingers tot goue blomme verskroei.

Jean-Joseph Rabéarivelo is uit ʼn verarmde elitefamilie in 1901 in Antananarivo, Madagaskar gebore, ten tye van Franse kolonialisme. Madagaskar was een van Frankryk se jongste kolonies en die koloniale beleid van integrasie is streng toegepas – veral op die elite. Rabéarivelo het skool op die ouderdom van dertien verlaat en poësie begin skryf. Hy het die Franse letterkunde intensief bestudeer en sy eerste gedigte is sterk hierdeur beïnvloed. Hy het ‘n pionier van ʼn Franse letterkunde in Madagaskar geword. Sy droom was om Frankryk te besoek, ʼn versoek wat plaaslike burokrate geweier het om toe te staan. In 1937 het hy, waarskynlik deels hieroor, maar ook weens dwelmverslawing, selfmoord gepleeg. Die gedig hier bo kom oorspronklik uit sy bundel Presque-songes, wat in 1934 gepubliseer is.

Bron:
Gerald Moore & Ulli Beier, Modern Poetry from Africa (Penguin, 1963).

Bookmark and Share

2 Kommentare op “Andries Bezuidenhout. Kaktus: Na ʼn gedig van Jean-Joseph Rabéarivelo”

  1. Daniel Hugo :

    In Stephen Gray se “Invitation to a Voyage – french-language poetry of the Indian Ocean African Islands” (Protea Boekhuis, 2008) staan ‘n Engelse vertaling van die aantekeninge wat Rabearivelo gemaak het terwyl hy sterwend was:

    At 9 minutes to 2 on my watch I take 14 pills of 0.25 grams quinine to muffle my head well. A little water to swallow them.

    (Dan volg ‘n lang gedig.)

    At 2.37 on my watch. The effect of the quinine is now felt. Soon in a little sweetened water I shall take more than 10 grams of potassium cyanide.

    I stroke my family album. I send a kiss to the works of Baudelaire which I have in the other room.

    15.02. I will drink – I have done. Mary, my children, to you my thoughts – my last.

    I swallow a little sugar. I suffocate. I am going to stretch out.

    (22 June, 1937)

    Skokkend én ontroerend.

  2. Andries Bezuidenhout :

    Dankie Daniel. Dis werklik onstemmend.

  •