Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
3 February 201110 February 2020

Eben Venter. Geheim van die Rus

Storieboekkarakter
Storieboekkarakter

Die enigste Rus wat ek so bietjie leer ken het was ‘n historikus met die naam van Leonid Zhmud. Ons was saam in die eetkamer van die Nederlandse Instituut vir Gevorderde Studies (NIAS) naby Den Haag en die ete was ‘n Indonesiese rystafel.  Toe hy hoor ek is ‘n skrywer, vra Leonid of hy ‘n karakter in een van my volgende romans mag wees. Eers het ek gedink hy trek my been, maar by die volgende middagete, Poolse zürek, suursop met rogbrood, het hy aangehou oor die karakter-in-my-boek ding.

Ek kan niks belowe nie. Hy moet sorg dat hy iets buite die nis doen anders kan ek hom nie as ‘n karakter oorweeg nie. Oor sy blas gesig het daar stadigaan ‘n glimlag verskyn, so bietjie Reinhard de Vos-agtig en bepaald niks met die rede uit te waaie nie. Verduidelik sou hy nie. Ek het gedink Leonid se ondeurdringbaarheid het iets met sy Russiese geaardheid te make.

‘n Jaar na my verblyf by NIAS het ek steeds oor Leonid gewonder. Ek was nou aangewys op poësie en prosa om iets van sy Russiese aard te probeer verstaan. ‘n Aanname natuurlik, die ding oor sy geheimsinnige Russiese mentaliteit. Maar hoe anders moes ek vorder?

Ek het op ‘n strofe van die vroeg-negentiende eeuse Russiese digter, Fyodor Ivanovich Tyutchev, afgekom:

Russia cannot be understood with the mind.

She cannot be measured by ordinary measure.

She has her own particular stance –

All you can do is believe in her.

Die strekking van Tyutchev se gedig het ek dadelik verbind met Prins Lev Niolaevich Myshkin, die protagonis in Dostoyevky se groot roman, Die Idioot. Die prins kon jy ook nie met die rede snap nie. ‘n Suiwer soort, knap, maar kinderlik, onaangetas deur gedragskodes en ietwat wêreldvreemd.

Die niggie van Tolstoy, Tatyana Tolstaya, ‘n belangrike, hedendaagse Russiese kortverhaalskrywer, het die volgende te sê oor haar mense: “die Russiese mentaliteit is nie gebaseer op common sense nie, dit het niks te make met common sense nie. In die Westerse kultuur of Europa miskien, word die emosie beskou as ‘n laer uiting van die rede. Maar in Rusland, nee. Dis sleg om rasioneel te wees, om flink en slim te wees, intelligent en so aan. En om emosioneel te wees, warm, lieftallig, miskien spiritueel in die volle sin van die woord … dis goed.”

Ek het na Leonid Zhmud se foto op Facebook gaan kyk, gewens dat ek weer die geleentheid kon kry om teenoor hom te sit en hom uit te kyk. Hom te vra of hy dink dis die soort karakter, die een wat Russiese digters en skrywers beskryf, wat hy my aangebied het om in my boek te plaas. Net: toe kon ek dit nie sien nie. Weet nie of ek nou kan nie.

*

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Elisma van Zyl. Tydloos
  • Paul Kloppers. hemelrog
  • ND Cronjé. navigasie
  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d