Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
13 February 201120 July 2024

Pieter Odendaal. Om oor selle te huil

‘n Sewentiende eeuse tekening van protosoa deur Antoni van Leeuwenhoek. Hy was die eerste persoon om hierdie eensellige organismes te ontdek.

Ek het Vrydagmiddag my eerste sitologie-praktikum gehad. Die meeste van die studente was gatvol vir die hitte en die hardnekkige week wat nie wou end kry nie. Ek het self ook oorweeg om die klas te bank en ‘n trein Kaapstad toe te vat om ‘n bietjie uit die dorp uit te kom. Ons het elkeen ‘n ligmikroskoop en ‘n deursnit van ‘n sonneblomstingel so groot soos ‘n eensent gekry. Ek het die ligbron aangeskakel en gesukkel om die beeld gefokus te kry. Skielik het die selle duidelik soos ‘n deurskynende klipmuur teenmekaar gelê. Die xileem was in groterwordende sirkels om die middelpunt van die stingel gerangskik en die selkerne was klein pupille.

*

Vir my elfde verjaarsdag het my ouers vir my ‘n beginner mikroskoop gekoop. Hy lê vandag iewers tussen ou tasse, musiekpartituur en laerskoolliefdesbriewe. Daardie eerste vier weke na my verjaarsdag het ek alles van bloed en hondhare tot pietersielie en suikerkristalle bestudeer asof ek Antoni van Leeuwenhoek self was. (Dit moes darem wonderlik gewees het om die eerste mens te wees om eensellige organismes te sien.) My eerste mikroskoop het nie ‘n ingeboude ligbron gehad nie, so ek moes die spieëltjie verstel om sonlig te konsentreer. Vandag besef ek eers hoe wonderlik self-refleksief dit was: ek het die son gebruik om die produkte van sonlig te bestudeer – amper soos om ‘n gedig oor gedigskryf te skryf.

Op hoërskool het ons nie die tyd of die geld gehad om meeste van die biologie-eksperimente in die klas uit te voer nie. Ek onthou vaagweg dat ek iewers in graad 8 of 9 na uiselle gekyk het, maar selfs met die uie en als het ek nie ‘n enkele traan gepik nie. Ek het ook nog nooit die voorreg gehad om ‘n padda of muis te dissekteer of aan beesharte te peuter nie. But all in good time.

Bill Bryson het die volgende oor selle in A short history of nearly everything te sê:

[The cell] is like a refinery in that it is devoted to chemical activity on a grand scale and like a metropolis in that it is crowded and busy and filled with interactions that seem confused and random but clearly have some system to them. But it is a much more nightmarish place than any city or factory that you have ever seen. To begin with there is no up or down inside the cell (gravity doesn’t meaningfully apply at the cellular scale), and not an atom’s width of space is unused. There is activity everywhere and a ceaseless thrum of electrical energy. You may not feel terribly electrical, but you are. The food we eat and the oxygen we breathe are combined in the cells into electricity. The reason we don’t give each other massive shocks or scorch the sofa when we sit down is that it is all happening on a tiny scale: a mere 0.1 volts travelling distances measured in nanometers. However, scale that up and it would translate as a jolt of 20million volts per metre, about the same as the charge carried by the main body of a thunderstorm.

*

Ek het Vrydag onverklaarbaar emosioneel geraak toe ek uit die laboratorium die sonlig in stap. Die bome was chloroplastgroen en ek het onthou dat ek iewers gelees het dat daar meer neuronselle in die menslike brein is as wat daar sterre in die uitdyende heelal is. (Miskien is nuwe idees soos sterre wat onploffend geboorte aan hulself skenk.) Ek het besef dat ek met elke tree velepiteelselle soos ligte sneeu om my laat val en dat my mitochondrions sarsies skote afvuur om my bene aan die beweeg te hou.

Ek weet ek was sommer simpel gewees, maar ek kon dit nie help nie. Kyk, ek het nou nie gehuil asof my ouma dood is nie, maar my oë was ordentlik nat. Dit het my heeltemal onkant gevang. Later, toe ek bietjie bedaar het, het ek geweet dat ek besluit het om biologie te swot nié omdat ek mammoete wil kloon of ‘n kuur vir Alzheimer’s wil ontdek nie (alhoewel ek nou nie protes gaan aanteken as so iets sou gebeur nie), maar dat my motivering esteties van aard was. Ek glimlag outomaties as ek dink aan die nooks en crannies van die menslike lyf wat ek in die volgende paar jaar gaan ontdek. Ek sal maar geldjies opsy moet begin sit vir ‘n ordentlike mikroskoop.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

8e gedagtes oor “Pieter Odendaal. Om oor selle te huil”

  1. Leon Retief says:
    25 February 2011 at 13:20

    @Pieter: goddeloos of nie, dit is inderdaad wonderlik om al die dinge waaroor jy skryf te verken.

    Reply
  2. Pieter Odendaal says:
    25 February 2011 at 08:40

    Nee wat, Desmond. My heelal is so ‘n bietjie goddeloser as TT Cloete s’n, vermoed ek. 😉

    Reply
  3. Anne-Mieke says:
    24 February 2011 at 20:46

    Dis een van die grootste gawes om ou dinge met nuwe oë te bekyk. Mens raak mos maar nonchalant oor die wonders van die skepping, dit is nodig om opnuut waardeer te word. MAW- glad nie simpel van jou nie.

    Reply
  4. Desmond says:
    16 February 2011 at 04:49

    O jitte, Pieter, het ons in jou nou ‘n tweede TT Cloete op hande?! 🙂

    Reply
  5. Leon Retief says:
    14 February 2011 at 22:43

    Spoil? Ag nee wat, alles behalwe, die syfers wat Pieter aangehaal het bly ewe verstommend.

    Reply
  6. Joop Vorster says:
    14 February 2011 at 21:16

    Ag Leon, moes jy nou so gemeen wees om dié pragtige inskrywing te spoil met jou kommentaar? 🙂

    Reply
  7. Pieter Odendaal says:
    14 February 2011 at 20:09

    Leon, jy’s natuurlik reg. Het gaan google en besef nou dat ek dit verkeerd onthou het – die hoeveelheid sterre in ons GALAKSIE is van dieselfde oorde-grootte as die hoeveelheid neurone in ons breine. Dit klink minder verstommend as my verkeerde gelykstelling, maar dis steeds 100biljoen selle/sterre. Jammer oor die glips.

    Reply
  8. Leon Retief says:
    14 February 2011 at 19:21

    Pieter, as ek nou pedanties mag wees – daar is na raming sowat 10 mag 21 tot 10 mag 24 sterre in die heelal. Die menslike brein bevat ongeveer 10 mag 11 neurone en die gemiddelde volwassene se brein het ongeveer 10 mag 14 sinapse.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Elisma van Zyl. Tydloos
  • Paul Kloppers. hemelrog
  • ND Cronjé. navigasie
  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d