Die man van Saskatchewan

Glen Sorestad

Glen Sorestad

Met sy bydraes tot Buiteblik het Leon Retief al dikwels verwys na die Saskatchewaanse digter, Glen Sorestad. So ook met sy mees onlangse blog oor stede in die sneeu. En telkens vind ek dat ek gewoon nie kan ophou om Sorestad se gedig oor en oor te lees nie. Hoekom? Wel, waarskynlik het dit iets daarmee te make daarmee dat daar bepaalde ooreenkomste tussen die Afrikaanse en Kanadese digkunste bestaan.

Uiteraard is dit gevaarlik om te veralgemeen – en ek is hoegenaamd nie in staat om met gesag hieroor te praat nie – maar volgens my oordeel word beide digkunste gekenmerk deur ‘n sterk teenwoordigheid van belydenispoësie in parlando-styl. Voorts is daar natuurlik ook nog die prominente teenwoordigheid van landskap in die Kanadese digkuns; soos dit ook met ons eie digkuns die geval is. En dan is die Kanadese boonop in ‘n oorlewingstryd gewikkel met die magtige ooraanbod van die magtige buurman suid van hulle, maar met literêre reuse soos Margaret Atwood, Anne Michaels, Anne Carson en Michael Ondaatje staan hulle inderdaad g’n duit terug vir enige digkuns ter wêreld nie.

Maar terug na Glen Sorestad, wat in 2000 as die eerste poet laureate van Saskatchewan aangewys was. Sorestad is in 1937 gebore en het in 1960 met Sonia Talpash in die huwelik getree; ‘n uiters produktiewe vennootskap wat tot vele literêre inisiatiewe aanleiding gegee het, soos byvoorbeeld die gerespekteerde uitgewery, Thistledown Press, wat in 1975 deur hulle tot stand gebring is. Die volgende aanhaling, wat op die Universiteit van Toronto se webtuiste verskyn, bevestig sy statuur as internasionale digter: “His career has taken him all over North America and to various countries of Europe. He is the author of eighteen books of poetry, many short stories, and he is a co-editor of many well known anthologies. He has given well over three hundred public readings of his poetry in every province of Canada, in many parts of the United States, and in Europe (including at a reception held in his honour at the residence of the Canadian Ambassador in Oslo and broadcast on Norway’s public radio network). In 2001 he was one of a small number of poets invited to read at an international poetry reading in Lahti, Finland, and the following year was invited to read his work at the Vilenica Poetry Festival in Slovenia.”

Mmm, myns insiens ‘n geregverdigde handeklap vir ‘n digter wat nogal ongewoon vormvaste gedigte skryf binne ‘n bepaalde tradisie en tog daarin slaag om die leser telkens na sy asem te laat snak voor die eenvoud en skoonheid daarvan.

Hier kan jy nog van Glen Sorestad se verse te lese kry, terwyl jy hier kan kyk na die lys van kontemporêre Kandese digters.

Vir jou leesplesier volg die gedig “We need these silences” onder aan die Nuuswekker.

***

Sedert gister het daar geen nuwe bydraes verskyn nie. Gebruik dus die geleentheid om op jou agterstallige leeswerk in te haal.

Mooi bly.

LE

 

We need these silences

 

the spaces that lie
between moments of sharing,
those times when it is
enough to feel the presence
of the other, the knowing
that this silence, too,
is a gift;

the silence of the mountains
or the dark forest,
or the plains at night,
reaching out to touch
some part of us
that craves time alone;

the moments before sleep,
or after waking, when the world
rises or falls into order,
finds shape and meaning
of its own.

We need these silences
as we need the words
we must first learn to say
and then forget
as we come to know
silence.

(c) Glen Sorestad (Uit: Leaving Holds Me Here: Selected Poems. Thistledown Press, 2001.)

 

 

Bookmark and Share

Comments are closed.

  •