Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
16 March 201120 July 2024

Lize Viljoen. Skreiende Tsunami in Japan

Weggespoel
Weggespoel

Verlede Vrydag ongeveer half een die middag het ‘n 8.9 punt op die rigterskaal aardbewing aan die kus van Japan ‘n tsunami golf van ongeveer tien meter veroorsaak.

Gisteraand vind ek myself (vier dae na die gebeure) nog steeds vasgenael aan die rekenaar om weer en weer te soek na nog nuus oor wat in Japan aangaan. Die videotonele is onbeskryflik skokkend en hartseer.

Die hoeveelheid mense wat geaffekteer is deur hierdie tsunami tel in die tien duisende. ‘n Dorp waar 17 duisend mense gewoon het, is nou net ‘n puinhoop, waar reddingspersoneel rooi vlae plant waar hul op dooie mense afkom.

In ‘n kwessie van minute is die mense in hul huise en karre oorrompel en weggespoel in ‘n massa water waarteen niks kon stand hou nie.

Ter ere van die geweldige verliese in menselewens nooi ek almal wat hier lees om uit te gaan, kerse te koop en saam met jou bure en geliefdes of medewerkers kerse te brand en gebede te opper vir die nasie van Japan wat erg swaar getref is.

Onverwagse Tsunami

Sy was in die kombuis

die huis het begin skommel

goed het geval, geraas

buite was daar ‘n geharwar

sirenes, en meesal ‘n gesidder

van aarde en see wat maal

en in kragte opstoot teen die

land

sy het gehardloop, geval

bymekaargemaak en haar man

het ook gedoen, tot buite

gevlug het hulle en toe gewag

op die onafwendbare.

Dit was vinnig, party se

ses minute, voor die vallei vol

was met water en huise

en bote en treine wat soos

speelgoed deur die water

rondgegooi en voortgedryf is.

Tot vure het op die water

gebrand, rooi vlamme in ‘n

tierende golf.

Wat het geword van die mense?

Dae later:

‘n Man het sy hond weer gevind

Tussen berge modder en houthope,

Sy gesig is teen die dier s’n

Hulle lyk altwee verwilderd gelukkig

Wie sou kon dink, so ‘n klein dier

kon ontsnap van die natuur.

Volg hier op: http://www.abc.net.au/news/stories/2011/03/11/3161866.htm

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Elisma van Zyl. Tydloos
  • Paul Kloppers. hemelrog
  • ND Cronjé. navigasie
  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d