Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
26 May 201127 May 2011

Breyten Breytenbach. Imagine Africa

Vriende, kollega’s,

Ek wil graag ‘n nuwe publikasie onder julle aandag bring. Die titel is Imagine Africa en dit het so pas in New York verskyn.

Die uitgewer is “Island Position” – ‘n ‘spasie’ wat tot stand gekom het om die produkte (verslae, studies, handboeke) van Gorée Instituut te publiseer met inagneming van gehaltebeheer, estetiese versorging, verspreiding en dergelike, en dan uiteraard ook in samewerking met kommersiële uitgewers in ander tale en gebiede. “Island Position” se eerste onafhanklike produk met ons nuwe logo is die bogenoemde bundel tekste saamgestel met die koördinering van die Pirogue Collective. Hierdie kollektief vergestalt die voorbereiding en aanbieding van kuns- en ander kreatiewe aktiwiteite van Gorée Instituut.

Julle kan meer inligting oor die aktiwiteite en geskiedenis van die Instituut op ons webwerf kry – www.goreeinstitute.org – en ‘n beter oorsig oor die aktiwiteite van die Pirogue Collective op www.piroguecollective.org .

Imagine Africa
Imagine Africa

Imagine Africa is ‘n ware kaleidoskoop van tekste wat elk op ‘n eie manier ‘n stuk morele verbeelding afpen. Dit bevat essays, verhale, gedigte en genre-oorskrydende skryfsels. Ook ‘n reeks afbeeldings van die grafiese werk van Amadou Kane Sy, ‘n Senegalese kunstenaar. Die bydraers is Hervé Ludovic De Lys, Corsino Fortes, Charl-Pierre Naudé, Adam Small, Edouard Glissant, Patrick Chamoiseau, John Mateer, Trudy Stevenson, Eben Venter, Shailja Patel, Ngugi Wa Thiong’o, Stephen Ellis, André Naffis-Sahely, Tahar Djaout, Alex De Waal, Ayesha Harruna Attah, Fabrizio Terenzio, Yusef Komunyakaa, en Breyten Breytenbach. Benewens die oorwegend Engelstalige tekste sal julle ook Frans, Gikuyu, Kaapsrikaans, Portugees en Kriula (die taal van die Kaap Verdiese eilande) daar teëkom.

Verder wil ek niks daaroor sê nie want julle moet die objek in die hand neem en daarin begin blaai om te sien waarvan ek praat en waarom dit belangrik is.

Ek hoop julle boekwinkels bestel ‘n aantal eksemplare. Ek hoop julle koop die boek. Ek hoop julle lees dit. Ek hoop julle stel genoeg belang om van naderby kontak te maak met die Pirogue Collective.

Die koördinerende redakteur se naam is Adam Wiedewitsch (adam@piroguecollective.org).

Groete,

Breyten Breytenbach

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Vryheidsdag – die reg op disassosiasie
Louis Esterhuizen. Ons bloedband met grond →

5e gedagtes oor “Breyten Breytenbach. Imagine Africa”

  1. Francis: says:
    27 May 2011 at 12:38

    Daar is vandag ‘n beriggie oor die publikasie in Die Burger. Louis, ek plaas sommer nou my bestelling vir ‘n eksemplaar.
    Francis Galloway

    Reply
  2. Desmond Painter says:
    26 May 2011 at 20:37

    Louis, soos jy vanoggend op Die Burger se voorblad sou gesien het: meer ruimte is afgestaan aan die nuus dat Nicolas Cage se seun met ‘n Suid-Afrikaanse meisie getrou het as aan die voorgestelde mediawet (of wat mens dit ook al noem). Met sulke koerante, hoekom dink die regering hulle het ‘n muilband nodig?! Maar nou ja — jy s^e altyd ‘n volk kry die digters wat hy verdien. Ek skat hulle kry ook die koerante wat hulle verdien.

    Reply
  3. Louis says:
    26 May 2011 at 17:30

    Dankie, Breyten. Ons het reeds vandag bergin soek na verskaffers; met min sukses. Wag nog op ‘n antwoord van die koördinerende redakteur. Het werklik fassinerende stukke op die internet te lese gekry.
    Desmond, wil jy solank met jou plaaslike biblioteek begin onderhandel? Dit sal bepaal hoeveel kopieë ons bestel wanneer ons die kanaal geopen kry …
    Ai, hoe opwindend is die tye nie wat ons tans beleef nie. Hoeka met wetgewings oor geheimhouding in diesulke dinge daarby ingesluit. 🙂
    Laat my kwyl om die kiewe.
    My droom is nog altyd om eendag soos Marcus de Jong van toentertyd bepaalde boeke onder die toonbank deur na sekere (geselekteerde) kliënte deur te gee …
    Ai, ai, ai.
    Louis

    Reply
  4. Breyten Breytenbach says:
    26 May 2011 at 16:10

    ISBN 978-1-935744-99-3

    Daar’s werklik fassinerende dinge in. Lees o.a. die pragtige verhaal van Ngugi.

    Reply
  5. Desmond says:
    26 May 2011 at 12:46

    Hierdie lyk fassinerend. Breyten, het jy dalk al ‘n ISBN nommer vir die boek? Ek wil graag ‘n kopie of twee vir die biblioteek bestel.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies
  • Carla Botha. Lesse in Wêreldreise
  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum

Nuutste bydraes

  • Carina van der Walt. nuwe perspektiewe na verhuising
  • Ilse van Staden. Die Dans
  • Miel Vanstreels. Opvoeding
  • Johann Lodewyk Marais. Inflasie
  • Daniel Hugo. Die domein van die rym

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Joan Hambidge. Sheila Cussons en die verwikkelde lyn17 August 2026

    Marlies Taljard: Johann se Lange het destyds in "Kaapse Paragrawe" soms oor Sheila Cussons geskryf. Sien byvoorbeeld dié onderhoud wat…

  2. Andries Fourie on Andries Fourie. Soos die val van ‘n veer16 August 2026

    Baie dankie Anne-Marie!

  3. Joan Hambidge on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Borges11 August 2026

    Dank. Albei is wonderbaarlike digters. Ek lees nou weer die hele Cussons en hoe sy Neruda en Borges vir ons…

  4. Mirinda on Krige Visser. lykskou10 August 2026

    Iets wat mens nooit sal vergeet nie....veral wanneer so jonk en sensitief...en die reuke sal mens altyd bybly...

  5. Eugene Vorster on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Borges10 August 2026

    Beste Professor Hambidge, baie dankie vir hierdie boeiende artikel. Dit inspireer ‘n mens om verder oor Borges & Cussons te…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d