Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
26 May 201127 May 2011

Breyten Breytenbach. Imagine Africa

Vriende, kollega’s,

Ek wil graag ‘n nuwe publikasie onder julle aandag bring. Die titel is Imagine Africa en dit het so pas in New York verskyn.

Die uitgewer is “Island Position” – ‘n ‘spasie’ wat tot stand gekom het om die produkte (verslae, studies, handboeke) van Gorée Instituut te publiseer met inagneming van gehaltebeheer, estetiese versorging, verspreiding en dergelike, en dan uiteraard ook in samewerking met kommersiële uitgewers in ander tale en gebiede. “Island Position” se eerste onafhanklike produk met ons nuwe logo is die bogenoemde bundel tekste saamgestel met die koördinering van die Pirogue Collective. Hierdie kollektief vergestalt die voorbereiding en aanbieding van kuns- en ander kreatiewe aktiwiteite van Gorée Instituut.

Julle kan meer inligting oor die aktiwiteite en geskiedenis van die Instituut op ons webwerf kry – www.goreeinstitute.org – en ‘n beter oorsig oor die aktiwiteite van die Pirogue Collective op www.piroguecollective.org .

Imagine Africa
Imagine Africa

Imagine Africa is ‘n ware kaleidoskoop van tekste wat elk op ‘n eie manier ‘n stuk morele verbeelding afpen. Dit bevat essays, verhale, gedigte en genre-oorskrydende skryfsels. Ook ‘n reeks afbeeldings van die grafiese werk van Amadou Kane Sy, ‘n Senegalese kunstenaar. Die bydraers is Hervé Ludovic De Lys, Corsino Fortes, Charl-Pierre Naudé, Adam Small, Edouard Glissant, Patrick Chamoiseau, John Mateer, Trudy Stevenson, Eben Venter, Shailja Patel, Ngugi Wa Thiong’o, Stephen Ellis, André Naffis-Sahely, Tahar Djaout, Alex De Waal, Ayesha Harruna Attah, Fabrizio Terenzio, Yusef Komunyakaa, en Breyten Breytenbach. Benewens die oorwegend Engelstalige tekste sal julle ook Frans, Gikuyu, Kaapsrikaans, Portugees en Kriula (die taal van die Kaap Verdiese eilande) daar teëkom.

Verder wil ek niks daaroor sê nie want julle moet die objek in die hand neem en daarin begin blaai om te sien waarvan ek praat en waarom dit belangrik is.

Ek hoop julle boekwinkels bestel ‘n aantal eksemplare. Ek hoop julle koop die boek. Ek hoop julle lees dit. Ek hoop julle stel genoeg belang om van naderby kontak te maak met die Pirogue Collective.

Die koördinerende redakteur se naam is Adam Wiedewitsch (adam@piroguecollective.org).

Groete,

Breyten Breytenbach

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Vryheidsdag – die reg op disassosiasie
Louis Esterhuizen. Ons bloedband met grond →

5e gedagtes oor “Breyten Breytenbach. Imagine Africa”

  1. Francis: says:
    27 May 2011 at 12:38

    Daar is vandag ‘n beriggie oor die publikasie in Die Burger. Louis, ek plaas sommer nou my bestelling vir ‘n eksemplaar.
    Francis Galloway

    Reply
  2. Desmond Painter says:
    26 May 2011 at 20:37

    Louis, soos jy vanoggend op Die Burger se voorblad sou gesien het: meer ruimte is afgestaan aan die nuus dat Nicolas Cage se seun met ‘n Suid-Afrikaanse meisie getrou het as aan die voorgestelde mediawet (of wat mens dit ook al noem). Met sulke koerante, hoekom dink die regering hulle het ‘n muilband nodig?! Maar nou ja — jy s^e altyd ‘n volk kry die digters wat hy verdien. Ek skat hulle kry ook die koerante wat hulle verdien.

    Reply
  3. Louis says:
    26 May 2011 at 17:30

    Dankie, Breyten. Ons het reeds vandag bergin soek na verskaffers; met min sukses. Wag nog op ‘n antwoord van die koördinerende redakteur. Het werklik fassinerende stukke op die internet te lese gekry.
    Desmond, wil jy solank met jou plaaslike biblioteek begin onderhandel? Dit sal bepaal hoeveel kopieë ons bestel wanneer ons die kanaal geopen kry …
    Ai, hoe opwindend is die tye nie wat ons tans beleef nie. Hoeka met wetgewings oor geheimhouding in diesulke dinge daarby ingesluit. 🙂
    Laat my kwyl om die kiewe.
    My droom is nog altyd om eendag soos Marcus de Jong van toentertyd bepaalde boeke onder die toonbank deur na sekere (geselekteerde) kliënte deur te gee …
    Ai, ai, ai.
    Louis

    Reply
  4. Breyten Breytenbach says:
    26 May 2011 at 16:10

    ISBN 978-1-935744-99-3

    Daar’s werklik fassinerende dinge in. Lees o.a. die pragtige verhaal van Ngugi.

    Reply
  5. Desmond says:
    26 May 2011 at 12:46

    Hierdie lyk fassinerend. Breyten, het jy dalk al ‘n ISBN nommer vir die boek? Ek wil graag ‘n kopie of twee vir die biblioteek bestel.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie

Nuutste bydraes

  • Resensie: “Vlerke is vir vlieg” (Jeanne Henning Els)
  • Margaret Cordier-Biermann. Soom
  • DJ Grobler. Grendel
  • AVBOB Persverklaring
  • Marthé McLoud. Jy het kinds geword

Nuutste kommentaar

  1. Gerda on Ferdi Wheeler. Die laaste reis16 October 2026

    Dis so mooi dit maak nogal seer.. Dankie!

  2. Gerda on Ferdi Wheeler. Die laaste reis16 October 2026

    Die is baie treffend..werklik en hartseer tegelyk... En dit bring angs.. Dankie daarvoor

  3. Jannie Pretorius on Louis Esterhuizen. Nagwaak16 October 2026

    Pragtig!

  4. Marieta McGrath on johan swanepoel. bloudruk15 October 2026

    Dis vir my treffend.

  5. Dewald Koen on Resensie: Vers & Kapittel III (Daniel Hugo)14 October 2026

    Dankie, Joan. Ja, Daniel se kennis is inderdaad verbysterend.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d