Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
10 August 2011

Melt Myburgh wen die Ingrid Jonker-prys vir 2011

Protea Boekhuis het pas bekend gemaak dat Melt Myburgh se bundel, Oewerbestaan, bekroon is met die Ingrid Jonker-prys vir 2011. Dié prestigeprys is in die lewe geroep deur vriende van Jonker. Dit word al om die ander jaar aan Afrikaanse debuutbundels toegeken en gedurende die alternatiewe jare word Engelse debuutbundels bekroon.

Oor Oewerbestaan het die uitgewer die volgende te sê gehad: “Met Oewerbestaan lewer Melt Myburgh ‘n debuutdigbundel wat beslis aandag gaan trek. ‘n Groot aantal van die gedigte het te make met die landskap van die Noord-Kaap aan die oewers van die Oranjerivier waar die digter groot geword het. In die eerste afdeling word die tema ‘refleksies’ ontgin en verwys na sowel die weerkaatsings van die lewe in dié droë, warm wêreld as na die besinning oor die betekenis wat die gebied en sy mense vir die digter ingehou het. In die afdeling ‘om federico’ is ‘n aantal gedigte oor Spanje, waar die landskap sterk herinner aan dié van die Noord-Kaap, maar wat terselfdertyd ook onmiskenbaar die wêreld van die Spaanse digter Federico García Lorca is. In die afdeling ‘gesigte’ is gedigte oor visioene, onverwagse insigte en ook ontluistering, soos die gedig ‘‘n beeld raak los’ waarin een van die sementbeelde in die Uilhuis op Nieu-Bethesda afgetakel word tot net die skelet van bloudraad oorbly.Die laaste afdeling, “inkdood”, bevat gedigte oor dood en verval wat die digter met sy skryfwerk probeer besweer.   

Dis ‘n bundel hierdie vir die fynproewer. Die gedigte oor die Noord-Kaap vul ‘n leemte oor ‘n landskap wat nie dikwels in die Afrikaanse poësie aandag kry nie. Die homo-erotiese gedigte behoort aanklank by gay lesers te vind, maar dis beslis meer as ‘n bundel gay poësie.”

Melt Myburgh is tans die Woordkunsprojekbestuurder wat vir die jaarlikse Woordfees op Stellenbosch verantwoordelik is. Hy is ook die organiseerder van die jaarlikse Versindaba-poësiefees wat vanjaar op 23 en 24 September in Stellenbosch plaasvind.

Let wel: Die Ingrid Jonker-prys Komitee se amptelike persverklaring sal geplaas word sodra dit ontvang is.

Nog leestof:

Bernard Odendaal se resensie oor Oewerbestaan.

Die digstring oor die gedig “Toeval” uit die bekroonde bundel.

Die onderhoud wat met Melt Myburgh ten tye van Oewerbestaan se verskyning gevoer was.

 

oewerbestaan
oewerbestaan

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

[Protea Boekhuis, R140.00 (BTW ingesluit) ISBN: 978-1-86919-369-0]

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Onderhoud met Melt Myburgh oor die komende Woordfees
Vat vyf, Melt Myburgh: Wenner van die Ingrid Jonker-prys vir 2011 →

5e gedagtes oor “Melt Myburgh wen die Ingrid Jonker-prys vir 2011”

  1. Marlise Joubert says:
    11 August 2011 at 09:08

    Baie geluk Melt! Oor hierdie toekenning twyfel ek nie eens nie. Dit was een van die opwindendste bundels (met beeldryke taalgebruik) wat ek die afgelope jare gelees het! Doe zo voort.

    Reply
  2. Andries Bezuidenhout says:
    10 August 2011 at 18:28

    Skotepetoors! Baie geluk, Melt.

    Reply
  3. melt myburgh says:
    10 August 2011 at 17:42

    Baie dankie. Monty en mnr. Breytenbach. Dis vir my ‘n eer om op hierdie wyse met die nalatenskap van Ingrid Jonker geassosieer te word. Vir haar en Jan en Uys sou ek van bewegende treine spring en op koue stasievloere slaap.

    Reply
  4. Breyten Breytenbach says:
    10 August 2011 at 16:19

    Veels geluk, mnr. Myburgh! Ek is amper seker (mens moet eintlik nie woorde in die dooies se monde lê nie) dat Uys en Jack en Jan en Ingrid self net so bly sou gewees het met u prestasie. Die Ingrid Jonker is ‘n besonderse prys. Die eer is verdien. En moet nou nie gaan ophou skryf nie!

    Reply
  5. Monty Isaacs says:
    10 August 2011 at 13:37

    Hartlik geluk met hierdie gesogte prys.
    Bou so voort aan on miskenne taal.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d