Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
26 October 201126 October 2011

Louis Esterhuizen. Opdragverse in ruil vir drank

Dat die band tussen digter en drank soms meer as (amperse) alliterasie behels, is ‘n algemeen bekende feit. Nou wil dit luidens ‘n berig op ‘n Kanadese webtuiste egter voorkom asof ‘n bekroonde digter van Ottawa, ene Shane Rhodes, dié natuurlike alliansie tot ‘n winsgewende een probeer omskakel deur vervaardigers van drank te nader met die voorstel dat hy hul en hul produkte by sy gedigte sal “inskryf” in ruil vir ‘n bottel of twee.

So het hy die gedig “Cocktails: In the beginning”  opgedra aan Victoria Spirits Gin nadat Valirie Murray, een van die maatskappy se eienaars entoesiasties op Rhodes se voorstel reageer het: “I thought it was fun,” het sy glo gesê. “And I thought this is what people have to do to survive in the arts.” En dit is nie eens die enigste sukses tot dusver nie; ander maatskappye wat hom tans borg, is die Steam Whistle Brewery (Toronto), Beau’s Brewery (Vankleek Hill, Ont.) en Rhodes se gunsteling drinkplek in Ottawa: The Manx.

Maar, helaas, nie alle vervaardigers was beïndruk met Rhodes se pogings nie. So het die wynprodusent wat in die gedig “Imaginary Spirits: Chateau du Mauvais Chien 2004” benoem is, die vers (en gepaardgaande reklame) van die hand gewys; klaarblyklik omrede hulle, volgens Rhodes, nie die humor daarvan kon waardeer nie.

Op die vraag of hy onder die invloed skryf, het Rhodes glo net gelag en gesê: “I try not to write under the influence as it usually ends up in disaster. I take quite a sober approach to poems about booze.”

Ongelukkig kon ek geen van Shane Rhodes se gedigte op die internet vind nie; iets wat my toe daartoe gedryf het om ‘n beleë en volronde versnit van die rak te haal: Daniel Hugo en Etienne van Heerden se bloemlesing, Miskien sal ek die wingers prys – Ryme en gedigte oor wyn en sterk drank, wat reeds in 1989 by Tafelberg verskyn het.

Daarin vind jy plesierige sopies soos die volgende R.K. Belcher-kwatryn:

 

Die bottel is gebore

sonder kop en ore

maar sy nek en sy bek

sit op die regte plek

 

Ek moet egter erken dat my gunsteling wyngedig – en een wat nié in genoemde bloemlesing opgeneem is nie – die volgende vers van ons geliefde webmeester is uit haar bundel Domus (1973: Tafelberg):

 

Omdat daar wyn is

 

Vanaand het ek lief

 

omdat daar wyn is om te drink

en iewers die warm verwagting

van wolke broei

 

omdat daar mense is met oë

en lewe en bloed

soos blomme en voëls

en omdat daar geheime toppe

van nagte is

 

Op my tong

is die kelkie skemer rooi

en soet

 

my heupe is viool

 

die reën spat

en reën saadkorrels

deur die ruit

 

© Marlise Joubert

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel
  • bevan boggenpoel. winter

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d