Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
26 February 201226 February 2012

Amanda Lourens. Allermins MasterChef

Vanoggend moes ek heelwat uitdrukwerk doen, en terwyl my ink jet-modelletjie deur die bladsye knor en hik, kyk ek deur die rak met my digbundels.  Met  Johann de Lange se nuwe bundel op die rak (wat ek tot my absolute skande nog nie gekoop of gelees het nie – laat ek my eerstejaarskursus maar die skuld gee), kyk ek weer na Snel grys fantoom van 1986.  Die bundel is dun en onpretensieus, maar lyk ’n skakering of twee geler as wat ek hom onthou.  Daarmee saam die skandalige besef – ek het waarskynlik meer as twintig jaar gelede na hierdie bundel gekyk. 

 

Deesdae val dit my nogal op dat boeke en bundels wat ek soos gister onthou, skielik so deksels oud lyk wanneer ek nou weer daarna kyk.  Seker maar die beloop van die lewe.  En tog, toe ek deur die bundel blaai en die gedigte herlees, weet ek seker: groot en goeie poësie het nie ’n vervaldatum nie.  Daar is geen, maar geen plaasvervanger vir vakmanskap nie.

 

Ek deel graag een van die gedigte wat my twintigjarige self bekoor het met woorde wat ek waarskynlik nie toe heeltemal begryp het nie.  Die laaste twee reëls, helaas, het ek iewers in die loop van meer as twintig jaar vergeet.  Maar ek onthou met sekerheid  dat ek destyds gedink het daar kan nie iets mooiers in taal kan bestaan as juis daardie twee reëls nie, al was dit met die arrogansie van ’n jongeling wat glo jeug kom nooit tot ’n einde nie.  Maar ek herbevestig vandag.  En ek het nie gereedskap om dit mee te analiseer nie – die woorde is bloot te groot en te goed daarvoor. 

 

Johann, ek sal jou nuwe bundel lees en jou bly respekteer vir die onvermoeide aandag aan elke sillabe, elke woord, elke beeld. 

 

As nagedagte: Ek raak sommer opnuut geïrriteerd met “digters” wat geykte gemeenplasies uitryg en dink dit kan poësie wees en hulle maaksels boonop vol selfvertroue vir ons as lesers opdis.  So asof hulle aan ’n MasterChef-kompetisie deelneem.   

 

Aan ’n jong seun

I

Jong kameraad, ek weet die lyf

Is louter bloedeenvoudige plesier,

en dat meisies in skadu’s snak

en hunker na ’n somerse vervulling

net   ’n stuipende asemteug ver.

Vir jou blaas die lug sy blou trompet,

vir jou steek die son smôrens

sy geel spane in die water,

dra die jaar blomme in sy hare.

 

Wees tog sagkens met jou skoonheid

dat jy niemand daarmee skend nie,

en minder geblakerd met ongeduld.

Jeug is net ’n pou se pavane

voor die grys spieël van ’n storm.

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Johann de Lange wen 2011 Hertzogprys vir Poësie
Amanda Lourens. John Berryman: Bevlekte held? →

3e gedagtes oor “Amanda Lourens. Allermins MasterChef”

  1. Amanda Lourens says:
    17 October 2012 at 10:52

    Plesier Johann. Ek glo darem nie dat ek daardie onvergeetlike twee reëls ooit weer sal vergeet nie. Intussen het ek ook jou jongste bundel gelees en was omtrent vir twee weke daarna nie juis in staat om iets anders te lees nie – dit was net so deksels góéd.

    Reply
  2. Johann de Lange says:
    17 October 2012 at 01:39

    Amanda, ek kom vanaand hierop af terwyl ek op my laptop ou files etc. delete, & besef ek het jou nie bedank vir hierdie inskrywing van jou nie. Digters verstaan ook nie aldag álles in hulle gedigte nie.

    Daardie twee slotreëls sou as digterlike credo ook kan diens doen.

    Reply
  3. Lewies Botha says:
    27 February 2012 at 09:54

    So bak en brou ek; armsalige kok
    my crème brûlée sommer vla uit ʼn boks
    Kale Jamie pronker in my eie kombuis
    tower ek die aller wonderlikste disse op
    helaas, met bottels van Paarman se sous.
    Inspirasie uit die Kook en geniet
    en Ouma Gertjie se geel ou resepteboek.
    Vrydagaande soebat my vrou ag ‘seblief
    kom ons gaan eet vanaand, iewerster uit.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d