Louis Esterhuizen. Wetenskap en die digkuns

Aangesien heelwat bydraers en besoekers van hierdie webblad graag met ‘n wetenskaplike bril na dinge kyk, wil ek ‘n interessante reeks artikels oor die verwantskap tussen wetenskap en die digkuns wat onlangs deur Gilbert Adair op Jacket 2 geplaas is, onder hul aandag bring. Volgens Adair se inleiding het hy ‘n aantal standaardvrae aan elf digters gestuur. Die vrae wat aan hulle gestel was, neem hul aanloop van Louis Zukofsky se gedig nr. 12 in die bundel Anew en die bespreking van dié gedig tydens die radioprogram PoemTalk.

Volgens Adair was een van die deelnemers, Wystan Curnow, se verwysing na die wetenskaplike gedraadheid van Zukofsky se verse die inspirasie tot dié fassinerende studiestuk:  “There’s an attempt here to look at some kind of physics but the intention actually is to propose something to do with meaning, you know, that is very implicated in polysemy and metaphorical applications. And the way those terms actually get localized to their very specific uses and then become unrecognizable as ordinary words or as words that operate in other forms in other parts of the language,” het Curnow glo gesê.

Die vrae wat Adair aan die elf digters voorgelê het, is die volgende:

Could you provide a brief statement on why (if you do) you think that science/scientific discourse should be incorporated by poets not simply as a source of metaphor but as an independent discipline or set of disciplines?

Which scientific discipline(s) do you find particularly helpful or urgent at the present time and why? How versed in the relevant expertise do you have to be to earn the right to use it (them) in a poem?

Explain thro’ a brief analysis why the reading of any poem of your choice, by yourself or someone else, is enriched by bringing a science-informed interpretive strategy to bear. The poem may or may not be working consciously with scientific allusions; if you think it will help, refer to one poem that is and one that isn’t.

Is there anything you want to say about poem 12 from Anew?

Do you find that words are sufficient for the poetic response/input?

 

Die oorsigartikel, met skakels na die onderskeie bydraes, kan hier gevind word.

Vir jou leesplesier volg ‘n gedig van Allen Fisher, een van die kommentators, hieronder.

***

6.ii
 
glued to internal consciousness – visible 
photons in selected in breath cascades
multiply-connected visible light
from birefringent crystal balls
predict two output channels and an adjustable
orientation, a scheme in which settings are changed
during flight, and consequent locality partly realised
in practice instead replace each polariser
with a system involving a random periodic switch
to significantly violate distance and levels of confidence
influences faster than thought allowing separate
parts of the free will become entangled
deeply felt physical existence somewhat a non-local
aloneness and without tangible proof.

 

(c) Allen Fisher (Uit: Watusi)

 

 

Bookmark and Share

15 Kommentare op “Louis Esterhuizen. Wetenskap en die digkuns”

  1. Leon Retief :

    Louis, ek dink my kop is te plat om hierdie gedig te verstaan, of dalk is dit omdat ek met my agtergrond te veel daarop ingestel is om sulke dinge te letterlik\literalisties te wil vertolk. Wat bedoel die digter met “internal consciousness”? Dit kan tog net “internal” wees? En verwys hy dalk indirek na die twee-spleet eksperiment? Dis vir my onduidelik.
    Ek word herhinner aan “Winternag” – “in elk grashalm se vou/blink ‘n druppel van dou/en vinnige verbleek dit/tot ryp in die kou.”
    Dis nie hoe ryp gevorm word nie, en het nog altyd vir my so effe van die plesier van hierdie gedig ontneem. Simpel van my ek weet, maar nogtans. Sommige van die opmerkings van die deelnemers (ek het nog nie alles gelees nie) is ook nie korrek nie. Nogtans, ek is verheug dat digters skynbaar die wondere van eietydse wetenskaplike bevindings lees en dit ewe fassinerend vind as ek, dat die “unweaving the rainbow” beswaar nie meer geopper word nie.

  2. Desmond :

    Leon, ek verstaan nog minder van hierdie gedig as jy. Ek dink wetenskaplike verwondering kan lei tot wonderlike gedigte, maar ek is nie seker dit is wat in Fisher se gedig gebeur nie…

    These are the days of miracle and wonder
    This is the long distance call
    The way the camera follows us in slo-mo
    The way we look to us all
    The way we look to a distant constellation
    That’s dying in a corner of the sky
    These are the days of miracle and wonder
    And don’t cry baby, don’t cry
    Don’t cry

    It’s a turn-around jump shot
    It’s everybody jump start
    It’s every generation throws a hero up the pop charts
    Medicine is magical and magical is art
    The Boy in the Bubble
    And the baby with the baboon heart

    And I believe
    These are the days of lasers in the jungle
    Lasers in the jungle somewhere
    Staccato signals of constant information
    A loose affiliation of millionaires
    And billionaires and baby
    These are the days of miracle and wonder
    This is the long distance call
    The way the camera follows us in slo-mo
    The way we look to us all
    The way we look to a distant constellation
    That’s dying in a corner of the sky
    These are the days of miracle and wonder
    And don’t cry baby, don’t cry
    Don’t cry

  3. Desmond :

    Of Laurie Anderson se Big Science:

    Coo coo it’s cold outside. Coo coo it’s cold outside.
    Ooo coo coo. Don’t forget your mittens.

    Hey Pal! How do I get to town from here?
    And he said: Well just take a right where
    they’re going to build that new shopping mall,
    go straight past where they’re going to put in the freeway,
    take a left at what’s going to be the new sports center,
    and keep going until you hit the place where
    they’re thinking of building that drive-in bank.
    You can’t miss it. And I said: This must be the place.

    Ooo coo coo. Golden cities. Golden towns.
    Golden cities. Golden towns.
    And long cars in long lines and great big signs
    and they all say: Hallelujah. Yodellayheehoo.
    Every man for himself. Ooo coo coo.
    Golden cities. Golden towns. Thanks for the ride.

    Big Science. Hallelujah. Big Science. Yodellayheehoo.

    You know. I think we should put some mountains here.
    Otherwise, what are all the characters going to fall off of?
    And what about stairs? Yodellayheehoo. Ooo coo coo.

    Here’s a man who lives a life of danger.
    Everywhere he goes he stays – a stranger.
    Howdy stranger. Mind if I smoke? And he said:
    Every man, every man for himself.
    Every man, every man for himself.
    All in favor say aye.

    Big Science. Hallelujah. Big Science. Yodellayheehoo.

    Hey Professor! Could you turn out the lights?
    Let’s roll the film.

    Big Science. Hallelujah.
    Every man, every man for himself.
    Big Science. Hallelujah. Yodellayheehoo.

  4. Desmond :

    En hier word die aarde besing, anderkant wetenskap, filosofie EN godsdiens:

    O sweet spontaneous
    E.E. Cummings

    sweet spontaneous
    earth how often have
    the
    doting

    fingers of
    prurient philosophers pinched
    and
    poked

    thee
    , has the naughty thumb
    of science prodded
    thy

    beauty .how
    often have religions taken
    thee upon their scraggy knees
    squeezing and

    buffeting thee that thou mightest conceive
    gods
    (but
    true

    to the incomparable
    couch of death thy
    rhythmic
    lover

    thou answerest

    them only with

    spring)

  5. Hallo Louis

    Dankie vir hierdie prikkelende essay.

    Ek is baie geïnteresseerd in die wetenskap en maak dikwels van begrippe uit verskeie wetenskappe gebruik in ‘n gedig. Ek dink nie daar is enige onderwerp of gedagterigting wat vir poëtiese ondersoek uitgesluit moet wees nie.

    Vir my is die raakpunte tussen die wetenskaplike ondersoek en poësie, die soeke na waarheid, die beskrywing van die werklikheid. Wetenskaplike begrippe kan dus baie nuttig aangewend word in poësie.

    Die digter moet natuurlik besef dat indien hy van wetenskaplike begrippe gebruik maak wat nie taamlik toeganklik is vir sy lesers nie, hy nie lesers gaan hê nie. Mens moet onthou dat wetenskaplikes deesdae selfs in naverwante vakrigtings mekaar nie kan verstaan nie. Wat nog van “leke”?

    Daar bestaan ‘n model wat daarna streef om die aard van “kragte” bv. swaartekrag, te beskryf. Die model stel voor dat ‘n voorwerp met massa ‘n “holte” maak in die oppervlak van ruimte-tyd en dat minder massiewe voorwerpe dan soontoe neig.

    Ek hoop nie ek oortree as ek een van my eie gedigte hier aanbied ter illustrasie nie. Die gedig het ‘n speelse toon, maar maak wel deeglik van legitieme wetenskaplike begrippe gebruik.

    Die romantiek van teoretiese fisika

    Derek du Toit Ph.D (teoretiese fisika)
    raak liries:
    dink aan ruimte-tyd as ‘n oneindige
    elastiese oppervlakte, beduie hy
    aan Janine Daneel B.Sc.

    Haar blou oë versag
    terwyl sy haar indink
    hoe ruimte-tyd ‘n oneindige elastiese oppervlakte is.
    Doktor Du Toit maak keel skoon
    voor hy aangaan.

    Swaartekrag bestaan eintlik nie
    as ‘n krag nie, verduidelik hy.
    Voorwerpe met massa skep holtes, as jy jou dit kan indink,
    in die oppervlak van ruimte-tyd.
    Minder massiewe voorwerpe daar naby
    neig om in te rol in hierdie holtes,
    nader aan die meer massiewe voorwerpe,
    en dit is wat ons gewoonlik
    swaartekrag noem.

    Maar minder massiewe voorwerpe
    trek ook meer massiewe voorwerpe aan?
    bied Janine skugter aan.
    Presies! Roep dr Du Toit geesdriftig uit.
    Hy leun oor na die jong dame
    om sy verduideliking duideliker te maak,
    maar verloor skielik sy draad,
    want hy merk dat haar oë
    baie dieselfde kleur is
    as die lug bokant wilgers
    op ‘n lomerige namiddag.

    Dis ‘n gemeenskaplike aantrekking
    sê Janine Daneel met nuutgevonde gesag.

  6. Leon Retief :

    De Waal ek stem saam dat die digkuns, en kuns oor die algemeen, oor alles moet kan kommentaar lewer of insigte verskaf. In my ondervinding is daar egter betreklik min woordkunstenaars wat veel belang stel in die nauurwetenskappe, wat ‘n jammerte is.
    Ek hou van die speelsheid van jou gedig. dalk sal jy dit interessant vind om te weet (of moontlik weet jy dit reeds) dat die aarde en die maan rondom ‘n gemeenskaplike punt roteer, maar omdat die aarde se massa soveel groter is le hierdie punt onder die aarde se oppervlak. Beslis ‘n interessante “holte” in die ruimte-tyd kontinuum. Daar is tans eksperimente aan die gang om swaartekrag”golwe” te probeer bespeur, tot op hede sonder sukses, en of gravitons bestaan is ook nog ‘n ope vraag.

  7. Hallo Leon

    Dankie vir jou kommentaar en interessante inligting.

    Die natuurwetenskappe stel ons in staat om ons relatief swak sintuie tot uiterstes te versterk. Ons kan nou miljoene ligjare die ruimte inkyk en aan die ander kant kyk hoe subatomiese partikels in stukkies opgebreek word. Dit is die wêreld wat die natuurwetenskappe vir ons oopmaak. Hoe kan mens anders as om daaroor te dig?

    En dink aan hoe genetiese navorsing ons heel vroegste volksverspreiding uit Afrika kan verhelder en hoe ons ander vorme van argaïese mense kan uitken en dat hulle moontlik ingeteel het met vroeë homo sapiens.

    ‘n Vraag: is daar plek vir humor in die natuurwetenskappe? Ek bedoel as deel van die regime, die logiese proses? Mens se eerste reaksie is “nee”. Maar mens moet dalk dieper dink.

    Jy kan maklik humoristies wees oor die wetenskap, nie as deel van die proses nie. Byvoorbeeld: Earth to the Moon. “Hey, Moon, you’re getting under my skin!”

  8. Leon Retief :

    Hallo de Waal – ja, daar is beslis plek vir humor in die natuurwetenskappe. Ek weet dit uit eie ondervinding want ek het self op ‘n tyd navorsing gedoen, alhoewel lank gelede. Kyk na die “Journal of Irreproducible Results” ‘n baie humoristiese joernaaltjie wat die spot dryf met aspekte van die natuurwetenskappe. Ek het my inskrywing laat verval omdat dit te duur geword het, maar jy kan daarna kyk by http://www.jir.com/
    Dan is daar natuurlik ook die jaarlikse IgNobel toekennings, sekerlik die mees verfynde gespot met natuurwetenskaplike navorsing wat bestaan, google dit gerus. Eintlik wou ek ‘n inskrywing daaroor doen, maar sal dit nou maar daar laat.
    Twee van die drie mees fassinerende vertakkings van die natuurwetenskappe vir my is kwantumfisika en molekulere biologie. Lees gerus, as jy dit nog nie gedoen het nie, Richard Feynman se “The Character of Physical Law” – ek sou skat dat daar ryke stof is vir ‘n digter.
    Jy verwys na die verspreiding van vroee mense uit Afrika, verwys jy dalk na die navorsing deur Cavalli-Sforza? Indien jy dit nog nie gelees het nie, doen dit gerus.
    Neandertal-mense en sommige lede van H. sapiens het inderdaad ingeteel, sowat 4% van die genoom van Noord-Europeers bevat gene wat van Neandertallers afkomstig is.

  9. Hallo Leon

    Dankie vir die skakel na die “Journal”. Dis kostelik!

    Ek het nog nie Feynman se boek gelees nie, sal soek. Dit klink baie interessant. Ek het nie Cavalli-Sforza se werk gelees nie, maar heelwat ander bronne. Daar word so baie oor die onderwerp geskryf deesdae. Ek vind New Scientist en Scientific American baie nuttig om op die hoogte te bly van die jongste. (In die nuutste NS is daar ‘n artikel waarin godsdiens wetenskaplik benader word – baie insiggewend).

    Ek plaas hierby ‘n gedig van die Nobelpryswenner Tomas Tranströmer wat ek uit Sweeds vertaal het. Hy het gewerk as sielkundige, dus ‘n “geesteswetenskaplike”. Verwysings na die natuurwetenskappe is nie juis volop in sy werk nie, maar hierdie gedig bevat ‘n prikkelende verwysing na ‘n sterrestelsel.

    SCHUBERTIANA

    I

    In die aandskemering op ‘n plek buite New York, ‘n uitkykpunt waar mens met een blik agt miljoen mense se wonings kan sien.
    Die reuse stad daar is ‘n lang flikkerende sneeubank, ‘n spiraal sterrestelsel van die kant gesien.
    In die sterrestelsel word koffiekoppies oor die toonbank geskuif, winkelvensters bedel by verbygangers, dit wemel van skoene wat geen spore laat nie.
    Die klouterende brandtrappe, hysbakdeure wat toegly, agter deure met polisieslotte is daar ‘n onophoudelike swelling van stemme.
    Slap lywe sluimer in moltreinwaens, die voortsnellende katakombes.
    Ek weet ook – sonder statistiek – dat juis nou Schubert gespeel word
    in ‘n kamer êrens en dat vir iemand die note meer werklik is as al die ander dinge.

    Uit Sweeds vertaal deur De Waal Venter

  10. Leon Retief :

    De Waal, probeer regtig daai boek van Feynman in die hande kry – hy is na my mening saam met Murray Gell-Mann en Steve Weinberg een van die drie grootste fisici van die laaste helfte van die 20e eeu. Ek onthou steeds (weet nie meer in watter boek nie) sy beskrywing van hoe hy laat een nag, na baie geswoeg en gesweet, ‘n verklarende vergelyking oor ‘n aspek van kwantumfisika uitgewerk het en hoe hy so in die middernagtelike ure besef het – hy is die enigste mens in die hele wereld wat weet wat hy nou weet, en hoe pragtig daai vergelyking was – in sy woorde, “the goddamn thing gleamed!” Die natuurwetenskappe is net so skeppend soos kuns.

  11. Dankie Leon, ek sal. Ek hoop ek kan dit op Kindle kry. Intussen is daar darem baie te lees op Feynman se webruimte. http://www.feynmanonline.com/

  12. Aha! Ek het solank dele van die boek in die hande gekry. Die boek begin so – op sigself ‘n opmerking wat ‘n hele bespreking kan uitlok:

    “The Law of Gravitation, an example of Physical Law

    It is odd, but on the infrequent occasions when I have been called upon in a formal place to play the bongo drums, the introducer never seems to find it necessary to mention that I also do theoretical physics. I believe that is probably because we respect the arts more than the sciences.”

  13. Leon Retief :

    De Waal, dit herhinner my nou aan ‘n staaltjie oor die ewe bekende fisikus Paul Dirac. Hy het eendag sy medefisikus Robert Oppenheimer besoek en aan hom gesê: “Ek verneem jy skryf poësie. Ek verstaan nie hoe iemand aan die voorpunt van fisika kan werk en ook nog poësie skryf nie. Hulle is teenpole. In die natuurwetenskappe wil mens iets sê wat niemand tevore geweet het nie, in woorde wat almal kan verstaan. In poësie sê mens iets wat almal reeds weet in woorde wat niemand verstaan nie.”

  14. Hallo Leon.

    Ek stem nie met Dirac saam wat betref poësie nie 🙂

    Vir my is een van die belangrikste take van poësie dieselfde as die wetenskap se taak: om dit te ontdek wat nie voorheen bekend was nie – en dan juis in taal wat kragtig, insiggewend, esteties en verstaanbaar is. Miskien was Dirac so besig dat hy nooit tyd kon kry om by goeie poësie uit te kom nie.

    Een van die bekendeste eietydse digters wat oor die wetenskap geskryf het, en self ‘n wetenskaplike was, is Loren Eiseley. Hy was ‘n argeoloog.

    In sy gedig “The figure in the stone” skryf hy oor ‘n werker wat in ‘n uitgrawing vir ‘n moltrein op ‘n stukkie klip afgekom het waarop na sy mening daar ‘n vrou se beeld op uitgekrap is. Die werker bring die klip na Eiseley om te identifiseer. Maar dit blyk net natuurlike merke te wees. Die geidg eindig so:

    What is there lies
    down in the subway that we have not seen?
    What new wild hand is scrawling on the walls
    the approaching mammoth and the giant bear?

    Ek hoop dis vergeeflik as ek een van my eie gedigte as verdere illustrasie aanbied. Dis ‘n speelse gedig, maar bring na my mening konsepte na vore wat nie alledaags bedink word nie. Die ooreenkoms tussen ‘n natuurverskynsel (dryfvermoë) en die ingewikkelde aspekte van die aspekte van die psige wanneer mense met mekaar op sosiale (en ander) vlak verkeer word.

    Die fisikus lê aan by ‘n mooi vrou

    Terwyl hy swem
    in die gimnasium-swembad
    besef hy:
    ek is so hol soos ‘n skip.

    ‘n Skip verplaas
    ‘n volume water
    met ‘n groter massa
    as dit self
    want dit is hol,
    en so kan die skip dryf.

    Ek is nie so hol soos ‘n skip nie,
    dag hy,
    maar hol genoeg
    om te swem.

    Hy klim uit
    en gaan sit langs haar.
    Hy vertoon ‘n groter mate van teenwoordigheid
    as die omvang van sy lyf –
    sal dit genoeg wees om drywend te bly
    na haar mening?

    Jy is die holste persoon wat ek ken,
    begin hy,
    jy dryf so maklik, dit vul my met bewondering.

    Was dit die regte ding om te sê?

  15. Leon Retief :

    Hallo de Waal, wanneer mens van goeie poësie praat stem ek ook nie met Dirac saam nie, my opmerking was sommer tong in die kies, maar ek dink jy sal toegee dat hy in die geval van ten minste sommige digters wel ‘n punt beet het . Wat Dirac wel van die digkuns geweet het weet ek nie, maar hy was ‘n besondere eienaardige persoon wat heel moontlik ‘n graad van Asperger sindroom gehad het – iemand van bitter min woorde, sy kollegas in Cambridge het gegrap dat sy woordeskat bestaan het uit “yes”, “no” en “I don’t know”. Hy het die neighing gehad om als letterlik op te neem. Daar is ‘n staaltjie dat hy eendag tydens ‘n lesing besig was om vergelykings op die swartbord neer te skryf. Na ‘n tyd steek een van die studente sy hand op en sê “Professor Dirac, I don’t understand how you derived equation two.” Dirac hou aan met skryf en die student, wat gedink het hy is nie gehoor nie, herhaal die vraag. Dirac skryf voort. Een van die ander studente wat seker ook nie verstaan het nie, sê later “Professor Dirac, the man is asking a question.” “Oh?,” kom Dirac se antwoord. “I thought he was making a statement.”
    Nogtans was hy nie blind vir skoonheid nie, en het dwarsdeur sy lewe volgehou dat die skoonheid van wiskundige vergelykings van die grootste belang is: “This result is too beautiful to be false; it is more important to have beauty in one’s equations than to have them fit experiment.”
    Jou bostaande gedig oor die fisikus kon dalk oor Dirac gewees het…

  •