Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
8 May 20126 May 2012

De Waal Venter. Nageslag

Nageslag

 

Die atmosfeer in die huis

is effens slordig.

Jan dra ‘n ligblou trui

oor ‘n donker gholfhemp.

 

Ons sit in die woonkamer

met skilderye teen die muur.

Hulle gehalte wissel vreeslik.

Die portret van die jong Bernice oorheers.

 

Sy bring ‘n skinkbord met tee en koffie in.

Sy het haarself opgekikker

en dra geborduurde dansskoene.

Mens kan nog die ooreenkoms sien

tussen haar en die portret.

 

Sy skink tee, bied koffie aan.

Daar is tuisgebakte beskuit

en stukkies vrugtekoek, baie soet.

 

Bernice praat vrolik oor die teater,

maar sê niks van haar groot rolle nie.

Jan staan effens moeilik op

en verlaat die kamer.

 

Hy kom terug met ‘n witterige klip

en gee dit vir my.

daar sit klein gefossileerde beentjies in,

‘n klein diertjie.

‘n Soort knaagdier,  sê Jan.

Die voorloper van alle soogdiere kon so gelyk het.

 

Ek sien klein kloutjies,

‘n smal skedel, ‘n ry skerp tandjies.

‘n oogkas wat eenkeer ‘n blink ogie gehuisves het.

 

Bernice sit die koppies bymekaar.

Dit was baie lank gelede, sê sy.

Jy was die koningin van die verhoog, sê Jan.

Dit het babas gesoog, antwoord Bernice,

en kyk na die foto van die gradeplegtigheid teen die muur.

Nes ons.

 

De Waal Venter, 2012

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← De Waal Venter. Die grense van liefde
De Waal Venter. Verras deur ‘n gelukkie →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d