Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
21 October 2012

De Waal Venter. Verras deur ‘n gelukkie

Verras deur ‘n gelukkie

  

Ek sal sonskyn aantrek

vir ‘n hemp.

Daardie streepwolke

sal ek my hare mee kam.

Vanoggend se sagte reën

sal my sagtesool skoene wees.

En my broek?

Die groene,

die baie groene van bome

en gras en somerplante.

 

Netjies aangetrek

sal ek die dag instap

om my vinger te vryf oor

die vergeetmynietjie blou

van die berg se rug,

om rimpels te blaas

op die rivier,

en om rond te voel in my sakke

vir my gevoelens

wat so maklik is om te verloor.

 

Aha, hier is ‘n klein gelukkie

baba-warm in my hand;

wat is hierdie skielike nattigheid?

 

© De Waal Venter, 2012

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← De Waal Venter. Nageslag
De Waal Venter. Riglyne tot gebed →

4e gedagtes oor “De Waal Venter. Verras deur ‘n gelukkie”

  1. De Waal Venter says:
    21 October 2012 at 16:25

    Johann, besef jy hoe goed jy dit sê? Die groot kunstenaar (digter, komponis, skilder en wat ook al) is onmisbaar in ons samelewing. Hierdie mense maak die lewe draaglik.

    Reply
  2. Johann de Lange says:
    21 October 2012 at 16:14

    De Waal, ja, ons sal nie weer in ons leeftyd haar gelyke teenkom nie. Dat ons jong taal beide NPvWL & Cussons kon voortbring, bly vir my iets wonderbaarliks, amper onbegrypliks.
    Elke voëltjie sing maar soos hy gebek is. Cussons se verse laat mens toe om vir jou eie pyn ook leniging te vind déúr haar. Die groot gedig medieer ervaring.

    Reply
  3. De Waal Venter says:
    21 October 2012 at 16:02

    Johann

    Baie van Sheila se gedigte kom uit ‘n groot lyding. Daar is seker niks wat ‘n digter se werk meer trefkrag kan gee as so ‘n persoonlike ervaring nie. Ons ander digters moet maar die beste maak van ons gewone ervaringe. Nè?

    Reply
  4. Johann de Lange says:
    21 October 2012 at 15:42

    De Waal, dit laat my dink aan Sheila Cussons se lieflike kwatryn:

    Pasêla

    Kaalvoet herinnerinkie van ver vandaan
    wat skielik voetseer voor my staan:
    onder hulle klippe uit vlug die klein akkedissies
    en onder my ooglede, vinnig, die trane.

    [Uit; Die Swart Kombuis]

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d