Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
9 July 20129 July 2012

Louis Esterhuizen. Uiteindelik is ek weer tuis …

 

Die afgelope weke het ek my in die buiteland bevind om my oudste seun se troue in Los Angeles by te kan woon. Vandaar my stilsywe op die webblad. En sjoe, ek het altyd gedink dat die kwessie van vlugflouheid maar ‘n blote gerug is; iets soos die stories van die tandemuis. Was ek verkeerd! Begin nou eers voel asof my kop en lyf darem weer in dieselfde oomblik teenwoordig is. (Terloops, die foto hierbo is tydens Eben se jongmansmakietie in Las Vegas geneem. Hy’s die ou met die akkordeon en harige bene.)

Eben, Sarel & Chianti
Eben, Sarel & Chianti

Die week voor die troue het ek en my twee seuns egter in New York, waar my oudste al die afgelope 8 jaar woon en werk, deurgebring en watter ongelooflike, onvergeetlike en totaal fabeljante tyd was dié paar dae nie gewees nie … Heelwat vreemde dinge gesien, baie dinge beleef en veral stomverbaas gewees oor hoe my nageslag uit hul pad gegaan het om dié ervaring vir my spesiaal te maak. Onder die hoogtepunte was daar natuurlik Vadersdag toe hulle my na omswerwinge in Chinatown na Little Italy geneem het waar ek ‘n bottel Chianti vir ons bestel het. (My jongste, Sarel, was nou nie juis beïndruk met dié Italiaanse ekwivalent van onse Tassies nie …)

Greenwich Village
Greenwich Village

Nog ‘n besonderse ervaring was toe ons in Greenwich Village – op pad om die rugbytoets in ‘n sportkafee te gaan kyk – in ‘n straat beland het met etlike skaakwinkels langs mekaar. Voor die een was daar selfs tafeltjies op sypaadjie waar jy ‘n spel of twee kon speel. En hoe anders?! Die rugby kon wag vir ‘n vinnige rondomtaliestryd tussen ons drie. Nodeloos om te sé dat ek totaal verpletter is in dié kragmeting.

My indrukke van New York? Geweldige stad. Trouens, New York is gewis nie ‘n stad nie; dit is ‘n lewenswyse. Daarteenoor is Los Angeles weer ‘n stad sonder siel; 77 woonbuurtes op soek na ‘n stad, soos my jongste dit gestel het.

Uiteraard was die week in Los Angeles ‘n harwar met troureëlings en familie-aangeleenthede. My skoondogter is van Joodse afkoms, en wanneer dié mense feesvier is dit omtrent ‘n weeklange affêre, glo my. Pure plesier. Met uitgebreide familie en al.

Hopla!

Hiernaas is een van die mooiste foto’s wat tydens die troue geneem is, naamlik die “hopla” wanneer bruid en bruidegom met stoele en al opgetel en in totale balhorigheid al in die rondte gesingdans word in eg joodse tradisie.

Die lees van die Hebreeuse teks Sheva Berachot, of te wel “Sewe Seëninge”, waarmee die verrigtinge afgesluit word, vorm ‘n integrale deel van die seremonie. Aangesien ‘n groot deel van die teenwoordiges nié joods was nie, was ek gevra om ‘n gedig te skryf wat in plaas van die formele sheva berachot voorgelees kon word. Uiteraard in Engels.

Vir jou leesplesier, dan, my bydrae hieronder. (Met ‘n skaamtelose aanklop by Petra Müller in die slotreël.)

 

***

SEVEN BLESSINGS

For Eben & Lisa. On their wedding, 24 June 2012.

 

A man in his youth crosses many oceans and meets a woman

on a distant shore. Even a young tree understands what it will become,

he says. That is its future and also its history.

 

And he shows her the maps of restless rivers from which he was born

while she sooths him with the rhythms of her longing. I will bring you

water from the well, he says. Water sweet and true.

 

And I will be your thirst, she replied, I will be the fountain from which

you flow across many plains and through many fields. And should you

offer me fruit, I will be that hunger too …                                        

 

I might be out at sea, the young man said, there might be heavy storms

and misty calls across many waters. I shall be the breath in those calls,

she said. Calling you home to a harbour deep and true.

 

Then I will berth next to you, he said.

 In the close attention of each others eyes we shall live.

 

© Louis Esterhuizen

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

2e gedagtes oor “Louis Esterhuizen. Uiteindelik is ek weer tuis …”

  1. Daniel Hugo says:
    13 July 2012 at 14:53

    Louis, hoe klink die Afrikaanse weergawe van jou mooi huweliksbelofte?

    Reply
  2. evette weyers says:
    9 July 2012 at 07:55

    Louis. Lekker om saam met jou van Oos na Wes Amerika te reis en die ‘wydsbeen oor 2 kulture troue’ mee te maak. Vliegvoosheid het duidelik nie daar jou digterlike vermoëns afgestomp nie. Lechaim!. Welkom terug.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Johann Lodewyk Marais. Labirint
  • René Bohnen. Weerklink
  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d