Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
24 July 201210 February 2020

Karen Kuhn. The Great Escape – Die SA Vlieëniers

Vroeër die maand neem ’n kollega my na die Citadel Park waar ons die Old Garrison begraafplaas hier in Poznan, Pole besoek. Slagoffers van sowel die Eerste as Tweede Wêreldoorlog is hier finaal te ruste gelê. So dwaal ons tussen die grafte deur tot ons eindelik stilstaan by die slagoffers wat vermoor is deur die Duitse SS en Gestapo in 1944 na hul probeer ontsnap het uit die Stalag Luft III kamp.

Stalag Luft III is deur die Duitse Luftwaffe in 1942 geopen, waar hoofsaaklik lugmag offisiere van onder andere Engeland, die VSA, Australië en Pole aangehou is. Die kamp was geleë naby die dorpie Sagan, vandag Żagań as deel van Pole, omtrent 160km van Berlyn en die ligging is gekies juis vanweë die sanderige aard van die grond om enige moontlike poging tot ontsnapping te probeer verhoed. Die kamp en die ontsnappings verhaal het veral bekendheid verwerf na die verskyning van Eric Williams se boek: The Wooden Horse (1949) en Paul Brickhill se boek: The Great Escape (1950). ’n Verwerking van hierdie twee boeke lewer dan ook die Amerikaanse film: The Great Escape, met regisseur John Sturges in 1963 op.

Maar dit is veral die vier Suid-Afrikaners se grafte wat my aandag trek. Roger Bushell is in Springs op 30 August 1910 gebore, maar emigreer na Engeland op die ouderdom van 14. Dit is juis hy wat die meesterbrein agter die ‘great escape’ is en in die lente van 1943 motiveer hy die ontsnappings geselskap met sy woorde:

“Everyone here in this room is living on borrowed time. By rights we should all be dead! The only reason that God allowed us this extra ration of life is so we can make life hell for the Hun… In North Compound we are concentrating our efforts on completing and escaping through one master tunnel. No private-enterprise tunnels allowed. Three bloody deep, bloody long tunnels will be dug – Tom, Dick, and Harry. One will succeed!”

 

Die woord ‘Hun’ is afkomstig van die Eerste Wêreldoorlog en verwys na ’n Duitse soldaat of offisier. So word daar drie tonnels gebou met die oog daarop om 200 manne die kans tot vryheid te bied. Tonnel ‘Tom’ word deur die Nazi’s ontdek en ‘Dick’ dien later as stoorplek vir vervalste identiteitsdokumente, ander klere, maar ook vir die oortollige sand.

Dit is dan Harry wat uitkoms bied. Die tonnel is 102m lank en byna 9m diep. Houtplanke is gebruik om die sand uit die tonnel te hou, ’n pomp is gebou om vars lug in die tonnel in te blaas, ’n spoor met ’n waentjie daarop is aangebring, gereedskap, ventilasie pype en ook lamp houers is van die metaal van Klim poeiermelk gemaak (Klim is ‘milk’ agterstevoor, die Rooikruis het dit verskaf). Daar het ook heelwat onderhandelings tussen die ‘kriegies’ en Duitse soldate plaasgevind en so kon die vlugtelinge later elektriese drade met gloeilampe in Harry aanbring. ‘Kriegies’ afkomstig van die Duitse woord: Kriegsgefangene, krygsgevangene.

Hier is ’n vers wat in Leland Potter se joernaal gevind is, terwyl hy in gevangenskap was:

 

 

It’s In The Cards

 

 

You may belong to many Clubs,

You may have a big Heart,

You may wear many Diamonds,

But it takes more than a Spade,

To dig out of a Kriegie camp.

 

 

Op ’n ietwat maanlose aand, Vrydag 24 Maart 1944 begin die ‘great escape’. ’n Paar faktore sorg vir vertraging: met lugaanvalle oor die kamp word die krag vir ’n ruk afgeskakel, die ontsnappings uitgang is vasgevries en die opening van Harry het nie tot in die digte woud langsaan die kamp gestrek nie, wat die situasie uiters gevaarlik gemaak het. Saterdag, 25 Maart om 4:55 die oggend word die 77e vlugteling, Leonard Henry Trent van Nieu-Seeland betrap. Die 76 vlugtelinge sukkel om in die donker die treinstasie se ingang te vind en dié Maart was die koudste in 30 jaar, so vlugteling moes die sneeubedekte woude vermy. Op die ou end slaag slegs drie daarin om suksesvol te ontsnap: Per Bergsland en Jens Müller van Noorweë maak dit veilig tot in Swede en die Hollander Bram van der Stok vlug via Frankryk tot in Spanje waar hy veiligheid by die Britse konsulaat vind.

Hitler gee opdrag dat 50 van die vlugtelinge dood gemaak moet word.

 

’n Vers deur ’n anonieme gevangene:

 

 

One has gone

 

 

We drink to him as comrade must

But it is still the same old story

A coward goes from dust to dust

A gunner from dust to glory.

 

 

Die oorblywende gevangenes word teruggestuur na onderskeie kampe.

 

Nog ’n vers van ’n anonieme lugmag soldaat vasgevang in ’n kamp. ‘Uncle Joe’ is die naam wat gegee is vir Stalin van die Sowjet-Unie.

 

 

The Underground Army Air Corps

 

 

With our hands on the Klim can

As we dig thru the mire,

We will go eight feet down men,

And then head straight for the wire,

And when the good work is finished

And we leave one hour hence.

You can bet the way is clear men,

From the barracks to the fence.

 

 

As I sit in the cooler

Filled with dust, dirt and grime,

Just two weeks to sweat out man,

Bet I’ll escape for sure next time

With no food or zigaretten

The time does move so slowly

So t’hell with the diggin
I’ll just wait for Uncle Joe.

 

Die ‘cooler’ waarna daar in die gedig verwys word was ’n klein vertrek wat gedien het as ’n soort ‘straf’ waar soldate in afsondering aangehou is.

 

En so is dit dat ek vassteek voor die drie Suid-Afrikaners se grafte wat names die Suid-Afrikaanse Lugdiens geveg het. Luitenant Johannes S. Gouws is op 13 Augustus 1919 gebore. Hy is vasgetrek by Lindau in Duitsland en op 29 Maart 1944 deur Gestapo lid Johan Schneider op die ouderdom van 24 vermoor.

 

Rupert J. Stevens is gebore op 21 Februarie 1919, hy is vasgekeer by Rosenheim en ook op 24 Maart 1944 deur Schneider vermoor. Net bietjie meer as ’n maand na sy 25e verjaarsdag. Beide Suid-Afrikaners word in München veras.

Luitenant Clement A. N. McGarr is op 24 November 1917 gebore. Hy word naby Sagan gevang en was 6 April 1944 vir die laaste keer lewend gesien. Daar word vermoed dat hy deur Gestapo lid Lux vermoor is en is in Breslau veras.

 

Die urns van 49 uit die 50 slagoffers is na die oorlog na Poznan Old Garrison begraafplaas verskuif.

 

 

Vir die SA Vlieëniers

(Stalag Luft III)

 

 

Op vreemde grond agter skokdraad

voor geweerlope en blaffende honde.

Wie het saam met julle oor Suid-Afrika gevlieg?

Maande en maande ondergronds gegrawe

om eindelik weer bogronds te sweef.

Koudmoedig het jul braaf deur herinneringe

opgestyg om tydelik te ontsnap.

 

 

Op vreemde grond tydelik op vrye voet

geweerlope en blaffende honde ontsnap.

Waar in Suid-Afrika wou julle land?

Etlike dae en minute op vlug

eindelik tot stilstand voor ’n doodloop.

Koelbloedig het jul braaf opgestyg

en vir ewig tydelikheid ontsnap.

 

 

Bibliografie: (Nageslaan Julie 2012)

 

http://en.wikipedia.org/wiki/Stalag_Luft_III

 

http://therealgreatescape.com/

http://www.b24.net/pow/greatescape.htm

 

http://www.elsham.pwp.blueyonder.co.uk/gt_esc/

 

http://www.findagrave.com/cgi-bin/fg.cgi?page=vcsr&GSsr=1&GSvcid=51774&

 

http://www.merkki.com/poetry.htm

 

http://www.stephen-stratford.co.uk/the_50.htm

 

http://www.ww2talk.com/forum/prisoners-war/12757-50-victims-great-escape.html

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Digstring. Karen Kuhn. Taalles
Karen Kuhn. Różewicz – ‘n Getuie →

6e gedagtes oor “Karen Kuhn. The Great Escape – Die SA Vlieëniers”

  1. Hannelie says:
    15 September 2012 at 16:43

    Dis amazing Karen… jy’s so talentvol! Peregrine sal waardeer as jy hom kontak. 0835645067

    Reply
  2. Leon Retief says:
    26 July 2012 at 23:27

    Werklik iets besonders Karen! Baie dankie!

    Reply
  3. Rasheeda Adam says:
    26 July 2012 at 18:39

    Ek wonder wat deur n mens se gedagtes gaan as jy weet die einde is naby en jy is so ver van jou geliefde land sterf….. En dit op so n jong ouderdom, want hey, daar is nog n hele lewe voor jou…

    Reply
  4. Benno says:
    26 July 2012 at 15:06

    Karen, ek is trots op jou. Ek onthou die fliek baie goed.

    Reply
  5. gjgibson says:
    24 July 2012 at 14:23

    amazing…

    Reply
  6. Willem Jacobs says:
    24 July 2012 at 13:33

    Stunning werk Karen!!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Gedigkompetisie: Praat ’n slag (weer) met N.P. van Wyk Louw en/of sy grootwordwêreld!
  • Meyer van Rensburg. Werkwese
  • Resensie: “Krap – oop toe om rond uitkrap” (Koos de Wet)
  • Koos de Wet. vóór die smelting
  • Digtersprofiel: Gert Vlok Nel

Nuutste kommentaar

  1. Hester Steenkamp on Digtersprofiel: Melt Myburgh3 August 2026

    Oewerbestaan is een van my kosbaarste besittings. Die bundel lê my baie na aan die hart.

  2. Miel Vanstreels on Miel Vanstreels. Voorlopig1 August 2026

    Dankie, Marieta

  3. Conrad on Hans du Plessis. Psalm 121 (Stemgreep)30 July 2026

    Goeie middag ek is n koorleier van die VGK Kerk Kraaifontein en is op soek na die SATB Blad musiek…

  4. Marieta McGrath on Miel Vanstreels. Voorlopig30 July 2026

    Stout gedig! Baie snaaks!

  5. Bernie on Rainer Maria Rilke. Almal wat Jou soek, beproef Jou (vert.)29 July 2026

    Kan die vertaler dalk verduidelik waarom hy hoofletters gebruik in sy vertaling terwyl Rilke kleinletters gebruik.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d