Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
12 October 201610 February 2020

Karen Kuhn. Różewicz – ‘n Getuie

rozewicz
http://polskiwdwunastce.edu.pl/tadeusz-rozewicz

Die Poolse digter Tadeusz Różewicz (9 Oktober 1921 – 24 April 2014) se digkuns lewer kommentaar oor van die mees grusame gebeurtenisse van die twintigste eeu met die toevoeging van menslikheid en simpatie. Tereg word daar na hom verwys as een van Europa se grootste ‘getuie’ digters. As dramaturg, digter en skrywer vorm Różewich deel van ‘n eerste generasie digters na Pole weer in 1918 onafhanklikheid verkry het. Sy broer, ook ‘n digter, word in 1944 deur Gestapo tereggestel. Na die val van die Berlynse muur lewer Różewicz die volgende kommentaar: “My decimated generation is now departed and dying, duped and disillusioned”. Ongeag die vreeslose weergee van ‘n (meestal) skokkende realiteit, behou Różewicz se digkuns ‘n element van hoop:

the reality

I had observed

through a smeared window

of a waiting room

I saw

face to face

weak

I turned away

from my weakness

I turned away

from illusions

upon the sands

of my words

someone drew the sign

of a fish

and walked away

Buiten Różewicz se bekroonde poëtiese oeuvre, debuteer hy in 1960 met die drama: The Card Index (Kartoteka) en skryf ook heelwat draaiboeke waarvan Birth Certificate (Świadectwo urodzenia) in 1961 en The White Wedding (Białe małżeństwo) in 1975, mees bekend is. Mother Departs (2013) is ‘n unieke vermenging van prosa en poësie oor vreugde en verlies, met fragmente uit sy persoonlike dagboeke en herinneringe as oorsprong. Różewicz skep ook ‘n ryk en komplekse beeld van sy ma Stefania en die impak wat sy op hom gehad het. Die rol van die vrou en feminisme staan verder sentraal in Różewicz se werke. Hierdie anti-digter soos daar ook na hom verwys word het grense binne letterkunde verskuif en oortree. As wenner van o.a. die 2000 Nike Prys (mees gesogde Letterkunde prys in Pole) sterf hy op die ouderdom van 92. Hy word onthou as ‘n digter wat met gevoel, simplisiteit en moderne tegniek, die mees donkerste gevolgtrekkings maak.

Sy vers: “Witness” sluit af:

Do not suddenly

enter my room

You will see

a dumb and bound

witness to love

being conquered by death

Poolse vrouens het ‘n komplekse geskiedenis waar hul dikwels argetipies diverse en veeleisende rolle in die samelewing moes vertolk, hetsy na ‘n oorlog of besetting.

Wat sou Różewicz skryf oor verlede Maandag, 3 Oktober ‘16? ‘Swart Maandag’ (Czarny protest) waar (veral) vrouens in swart regoor Pole in duisende bymekaar gekom het, in opstand teen die regering se voorgestelde totale verbanning van aborsie. ‘n Protes wat geïnspireer is deur sowel die 1863 Poolse opstand, as die vroue staking in Ysland in 1975.

57f2848cc361889f058b45cf
Janek Skarzynski / AFP

Oortree

In Pole

in protes

en stil net staan

terselfdertyd

in pole

en woorde afkap

in betoog

teen net nie opleef

terselfdertyd

staak

teen ‘n definisie

vir ‘n roos

In Pole

op ‘n swart Maandag

in opstand

terselfdertyd

soos in Różewicz

so saggies

hekse aankondig

as meeste nog aan rose dink

en oortree

terselfdertyd

as vrouens gewoonlik

saam in pole

afgepis raak.

image
AP Photo/Czarek Sokolowski

Dit was grys en swart en nat hier in Poznań, maar Różewicz, vandag het ek weer ‘n vrou in wit sien loop en smile, byna soos ‘n roos.

IMG_5207 copy
Róża Guźniczak

Bibliografie:

http://www.bookinstitute.pl/autorzy-detal,literatura-polska,3086,rozewicz-tadeusz.html

https://www.theguardian.com/books/booksblog/2014/apr/25/tadeusz-rozewicz-poet-polish-died-92

Różewicz, T. 2014. Selected Poems – Translated by Adam Czerniawski, Richard Sokoloski, Barbara Bogoczek and Tony Howard. Kraków: Wydawnictwo Literackie.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Karen Kuhn. The Great Escape – Die SA Vlieëniers
Digtersprofiel: Karen Kuhn →

1e kommentaar op “Karen Kuhn. Różewicz – ‘n Getuie”

  1. Willem says:
    12 October 2016 at 20:21

    Wow Karen! Uitstekend!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d