Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
13 August 2012

Zandra Bezuidenhout. Vertaalproses

Vertaalproses

 

Om woorde uit te wan

tot uit die warreling van kaf

‘n handvol korrels

oorbly in die skedelpan

 

om dan die vonds omsigtig te betrag

te meet en pas

te weeg en sif

en gulsig in die kies te maal

 

tot kousels gepuur van alle -ismes  

gis en rys terwyl die taalkombuis

die hele werf laat watertand

vir tuisgebakte boerebrood.

 

 

Zandra Bezuidenhout

Stellenbosch

Junie 2012

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Zandra Bezuidenhout – vertaling in Engels
Resensie: Kom in, dit vries daar buite (Alfred Schaffer) →

1e kommentaar op “Zandra Bezuidenhout. Vertaalproses”

  1. De Waal Venter says:
    13 August 2012 at 13:30

    Hallo Zandra. Ek hou van jou gedig. Veral die nadruk op deeglike oordenking en die voortbring van ‘n gehalte-produk.

    In die groot debat wat oor eeue gevoer word oor vertaling, word daar mos gepraat van twee hoof-kategorieë van vertaling: die “getroue” vertaling wat poog om elke woord en sinswending in die teikentaal na te boots – en die vertaling wat skeppend te werk gaan om eerder die “essensie” van die vertaalde gedig oor te dra en nie so pynlik getrou by die oorspronklike wil bly nie. Dus: traduttore, traditore.

    Dit wil my lyk of jou gedig meer neig na die tweede soort vertaler – al daardie gewan en uitsoek en bak ens. gaan sekerlik ‘n splinternuwe produk vorendag bring!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Elisma van Zyl. Tydloos
  • Paul Kloppers. hemelrog
  • ND Cronjé. navigasie
  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d