Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
20 August 201210 February 2020

Egonne Roth. Nuwe komposisie

Die vrou onder my bed spook by my. Sy is so ver weg en tog weet ek sy sou so graag met my plekke wou ruil.  Toe sy Suid-Afrika na sewe-en-twintig jaar vir die eerste keer besoek het, was dit om die opening van die Taalmonument op Paarlberg by te woon. Die jaar was 1975. Daar het sy onder meer geluister na die toonsettings van gedigte van Boerneef en Ingrid Jonker deur komponiste soos Pieter de Villiers en Rosa Nepgen. Het sy gedroom dat van haar gedigte eendag ook getoonset sou word?

 

Afrikaanse Taalmonument, Paarl
Afrikaanse Taalmonument, Paarl

 

En tog was dit presies die heerlike ervaring wat ons die ander aand in die Baxterteater in Kaapstad te beurt geval het.  Twee komponiste, albei verbonde aan Ikeys se Suid-Afrikaanse Kollege vir Musiek, het werke van Afrikaanse digters getoonset – Engelse komponiste aan ‘n Engelse universiteit toonset Afrikaanse gedigte. Klink soos Olga se storie! Martin Watt het twee siklusse gekomponeer: “Vyf Liedere op Gedigte van Eugene Marais” en “Vier Liefdesliedere op Gedigte van Marlene van Niekerk”. Die donker kilheid van Marais se “Wintersnag” sal my nog lank bybly. Magdalene Minnaar was die sopraan begelei deur Albie van Schalkwyk.

Na die pouse is ons genot verder gevoer deur die jong Vrystaatse komponis Adrian More, ‘n begaafde pianis wat die mezzosopraan Monika Wassung begelei het. Sy sangsiklus “Lewensgang” bestaan uit nege liedere op gedigte deur verskillende digters. Voor die uitvoering vertel Adrian dat hy omtrent die hele Groot Verseboek deurgewerk het. “Ek ken nou my Afrikaanse letterkunde,” spot hy met homself.  Die tweede lied in die siklus is Olga Kirsch se “Huwelik”, wat die jaar na die opening van die Taalmonument in 1976 in Geil Gebied verskyn.

 

Huwelik

 

‘n Jaar of wat van angs en fel verrassing,

                        van leer en afleer, lugtige geluk,

                        dan is daar kinders.  Die pynlike aanpassing

wat diens en arbeid verg, die onderdruk

van self, lang dae en nagte sonder rus

maak dat hul al hoe meer mekaar beskou

as ouers, bondgenote in kommernis

en vreugde, maar bysaaklik man en vrou.

 

Skielik is dit ‘n afgemaakte taak.

In leë kamers sien hul mekaar weer raak –

vergete rykdom.  Albei het diep gely,

veel prysgegee en baie bygekry.

In die stil huis ontdek hul weer mekaar

soos, in ‘n veraf tuin, die eerste paar.

 

Terwyl ek na Monika se simpatieke vertolking van die woorde luister, word ek herinner aan ‘n gesprek wat ek met Olga se jonger dogter in Jerusalem gehad het. “Michal (haar ouer suster) was already in the army and I was getting ready to go. I remember seeing my mother fall in love with my father. It was very beautiful.” Dit was rondom dié tyd dat Olga weer in Afrikaans begin gedig het, maar haar mooiste verse aan haar man, Joe, skryf sy na sy dood in November,1993. Ek haal slegs een uit ‘n manuskrip van tagtig gedigte aan:

 

Portrait

 

You were mathematician and humanist,

rounded renaissance mind;

you collated and remembered

everything you read, heard and saw;

stored wisdom in anecdote

made your point by humour

no opponent could resist –

they would yield to you smiling.

 

You were generous, gentle, modest

skeptical, ironic

not least against yourself.

It took eighty-two years to make you

instants to annul you.

 

Musiek was sentraal in die lewe van die Kirsch-familie. In Plunge, die gehuggie in Litoue vanwaar Olga se vader in 1910 na Suid-Afrika geëmigreer het, het die dorpsmense smiddae op die Sabbat by die familiewoning gaan staan en luister hoe die gesin die Sabbatsliedere sing en harmoniseer. Olga se ouer suster het gedroom van die operaverhoog en haar ouer dogter het reeds op ‘n vroeë ouderdom pryse as pianis verower. Vandag tree een van haar kleindogters as tjellis op in die Londense Filharmoniese Orkes.

Ek kan my dus Olga se opgewonde, verwonderde glimlag by die aanhoor van Adrian se toonsetting van haar gedig goed voorstel. Sy het enkele klein gediggies vir haar kleinkinders getoonset, maar dié het verlore gegaan. Ek glo sy sou vir Adrian wou vra: Hoe het jy gekies? Hoe het die proses vir jou gewerk?

 

Adrian More
Adrian More

 

Daarom was dit vir my ‘n voorreg om na die konsert dié vrae oor ‘n glasie Shiraz aan Adrian te rig. Hy erken dadelik dat die proses vir hom een van die moeilikste dinge was wat hy nog ooit gedoen het. Aanvanklik wou hy dit ‘n Suid-Afrikaanse liedsiklus maak met gedigte in Engels, Afrikaans en Xhosa, maar toe kom hy tot die besef dat daar baie Afrikaanse poësie is wat vra om getoonset te word. Gevolglik het hy saam met ‘n paar vriende wat kundig is in die Afrikaanse digkuns, deur honderde gedigte van verskillende digters gelees.

“We drank wine and discussed the ones that appealed to me most. Initially I had about thirty or forty poems and we tried to figure out why they appealed more than others, and saw what theme was common to them all. Initially it was eensaamheid but that is what a great deal of poetry is about – that we are alone. It is the biggest challenge of our lives that we are alone, but it has been explored extensively in poetry. I felt I wanted to explore more. And so this theme of the life cycle, or rather a journey through life, evolved.”

Adrian erken dat dit moeilik was om gedigte te vind wat handel oor die kinderjare en gelukkig-wees. Die meeste poësie handel oor die swaarkry in die lewe… en dit het sy taak bemoeilik. Daarom begin die siklus met Adam Small se “Distrik Ses”. Adrian sê: “It is a bit lighter. The words are serious. It is a serious poem, but at least it has a little bit of humour, of youth, a bit of Coloured cynicism that brings a smile to your face. That is why I started with it – it is a bit younger.”

Verder, vertel Adrian, het hy gevind die ouer digters – of liewer die vroeër digters –  het meer liries geskryf, asof hulle bewus was van die moontlikheid van die toonsetting van hul werk. Of miskien het dit te make gehad met die styl van poësievoordrag wat destyds dominant was.

“It’s has to do with form and meter and they seem to have that traditional flow to them. Also, recent poetry seemed more contrived. Older poems tell a story – they are not trying to impress.”

Dit is sekerlik waar van Olga se gedig “Huwelik” – dit vertel ‘n storie van die opoffering en swaarkry wat dikwels gepaard gaan met ouerskap, maar dit eindig stil, tog jubelend, met die idilliese beeld van die paradys.

Die gesprek beweeg aan na die wyn en die keuse van wynname – dis soveel makliker om humor daar te vind. “I’ve always wanted to buy a bottle of Fat Bastard”, sê een in die groep wat saam oor poësie en die lied gesels. “And then the next morning you can casually comment – that Fat Bastard I had last night was so delicious, so tasty!” antwoord Adrian met ‘n stoute laggie. Daar moet tog digters wees wat oor die humor and genot van die lewe dig. Wie sou die saak kon regstel?

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Egonne Roth. Riva Rubin
Egonne Roth. Die Dooie See →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d