Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
6 April 201310 February 2020

Egonne Roth. Die Dooie See

 

And the sea, this sea, 
smaller than its myth, smaller than 
your hands, is a crystalline isthmus. 
Its beginning is like its end[i]. 

Psoriasis: Voorskrif van die  doktor: Tien dae by die Dooie See

Ons  vertrek na werk en arriveer in Ein Bokek in die donker. Ons eet op ons eie stoepie en verlustig ons in die liggies en die sagte aandlug. Die volgende oggend word Judy voor my wakker en trek die gordyne oop, ‘n onverwagse koel wind waai in by die deur.  “Kyk,” maak sy my wakker. Ek maak my oë oop, lig my kop en daar anderkant die reëling van ons stoepie lê die blou groen see en wag vir ons, lui en rustig. Ek val terug op die kussing en strek uit van pure lekkerheid. Die lug hier in die diepste skeur op aarde is swaar met allerhande elemente waarvan ek maar min weet, maar ek weet wel dat daar baie broom in die lug is. In die ou dae het hulle mens wat aan spanning gely het broom laat drink. Nou asem ek diep in en voel hoe die spanning uit my wegglip.

“Kom ons gaan ontbyt,” stel Judy voor, “en dan kan jy langs die see verder gaan slaap.”

Oor die ontbyt in Israeliese hotelle  sou ek kon ‘n hele blog skryf – dit verdien ‘n boek – of ’n gedig. Die probleem is dat as jy eers die keuses van vis en kaas en groente en vrugte en joghurts en gebak ontdek het, is daar nie tyd of energie vir dinge soos boeke of gedigte skryf nie – dit verg al jou krag en aandag. Dit is die beste maaltyd van die dag glo ek vas.

Gou ontwikkel ons ‘n roetine: stap, ontbyt, poedelkaal in die solarium, ‘n paar lengtes in die hotelswembad – swembroek weer aan, dryf op die Dooie See, siësta in die kamer, ‘n besoek aan die spa met sy verskillende warm poele, halfuur terug in die solarium, ‘n glasie wyn op ons stoep en vroeg aan die slaap. Ons begin wonder wat eintlik help vir die psoriase – die son sonder UV-strale, die sout water of die broom in die lug wat jou forseer om te ontspan en te slaap? Of is dit die magiese interaksie tussen die drie. Hoe dit ookal sy, ons kla nie.

Uiteraard is dit nie ons eerste besoek aan die Dooie See nie, maar dit bly altyd ‘n oomblik van wonder as mens in die koel sagte water instap – die soutkorreltjies steek jou voete  en op ‘n sekere punt trek jy jou knieë op en plop! Daar dryf jy. “A sea you cannot even drown in. / It takes life to take life.[ii]” Dis natuurlik nie heeltemaal waar nie, maar dis verseker moeilik om in hierdie soutwater te verdrink. En ek, van nature lui, kan dryf en dryf sonder om op te let na die tyd of die son of die windjie wat liggies die water versteur.

Op die sonbeddens slaap ons verder of gesels sonder erns oor los gedagtes wat geen rym of rede het nie. Dis vroeg lente en die son is nie juis warm genoeg om skade te doen nie – net om strelend te voel. Elke dan en wan kyk ek rond om te sien of iets êrens gebeur, maar gewoonlik is daar niks om opgewonde oor te raak nie. Dan op die oggend van Obama se finale dag in Israel…

“Kyk,” sê ek vir Judy en wys in die rigting van Jordanië. Die lig en lug is besig om te verander – alles ontwikkel ‘n metaliese glans. Eers kan ons dit nie verstaan nie.  Dan merk ons dat ander mense ook rondkyk en terugkyk na die berge agter ons. Die hemel agter die berg is donker amber – die hotel gloei met ‘n buitengewone lig. Die goud-brons in die lug word al intenser.

Nou verander die atmosfeer. Mense word wakker, pak op en vinnig loop die strand leeg. Ook ons kies kant hotel toe. Dit is omtrent 300m maar teen die tyd wat ons in die koel voorportaal instap begin die wind waai. My oë brand en my keel voel krapperig. By die swembad sien ons hoe die kleiner plastiese stoele en sambrele skielik opgelig en rondgegooi word. Personeel hardloop om alles sekuur te  maak.  

Ons nuwe kamer kyk uit op die berg, maar as ons die gordyne ooptrek, is daar geen berg nie. Vanoggend was dit nog helder, nou is dit spookagtig. Net stof en sand. Dis verstikkend en donker. Ons trek die gordyne styf toe, maar elke dan en wan gee hulle ‘n trilling so asof hulle gril vir al daai stof en wind en lawaai.

Die volgende oggend word ons wakker – daar is ‘n ongemaklike grys stilte en alles is bedek met ‘n lagie vaal stof. So maak die hamsin – die woestynwind.

Hamsin[iii]

(50 days of torrid heat during summer) 

from out of the south
a blast of desert heat, 
blowing hot waves suffocating, 
Dante’s inferno has come to roost, 
hovering enveloping, 

driving Homo Erectus in doors, 
seeking shelter from Sol’s, 
expelling mood, fumes hot and heavy
trees and flora hang listlessly

even the links of man made objects, 
wilt and withdraw, tempo slows to fit, 
the weary element of moods, 
limbo with each breath, 

the hot dirty yellow sun, 
fogged by heat, 
melts the brains dries up the juices of life
seems to say beware

you are not so tall, just finite and small, 
whispering hot winds bring, mantle cover of dirt, 
glass lusterless, smeared and blurred, 
life labors beneath an eiree weird mist, 

grit your sandy teeth, 
you never get accustomed
and still many peoples 
vie for such a pace, 

will the keeper of the winds
and the gods of war, spare us, 
man made calamities greater
than these fifty days 

 



[i]Darwish,  Mahmoud.  On A Canaanite Rock At The Dead Sea 

[ii]  Sadhguru. The Dead Sea. http://blog.ishafoundation.org/sadhguru/spot/poem-the-dead-sea/

[iii]Weinroth, Shimon.  http://www.poemhunter.com/poem/hamsin/

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Egonne Roth. Nuwe komposisie
Nini Bennett. Olga Kirsch se Engelse poësie: ’n ballingskap van swye →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d