Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
15 October 201215 October 2012

René Bohnen. 2012 Melville gedigte

En daar spring Andries Bezuidenhout my voor! Net toe ek klaar geskryf het aan my verslaggie en dit wou plaas, sien ek sy lekker fotobeeld (https://versindaba.co.za/2012/10/15/andries-bezuidenhout-melville-poesiefees-fotobeeld/) van die fees. Laat ek dus liewer net aansluit by sy beelde.

Die gees was daar, Vrydag was die strate nat, die wolke donker en ons was bevrees dat dit meer Woodstock as Melville gaan wees. Maar toe Hennie Meyer Saterdagoggend nege-uur die mieliepitte begin pak op die tennisbaan, was dit droog – soos vere.

Die duiwe het dalk nou al die hele gedig opgepik, ek weet nie.

Ek het baie sessies bygewoon, Afrikaans en Engels, voorlees en performance, stigtelik en dansend – oral het ek iets interessant gehoor. Op die sypaadjies is vriendskappe gesmee of sommer hervat of losweg teen die vensters uitgeasem om drywend daar te wag tot volgende keer, volgende jaar.

Bekende, minder bekende en heeltemal onbekende digters het gemaklik skouers geskuur en in gemengde groepe voorgelees. Daar was ook twee Oopmond bekgevegte, waar ek Toast Coetzer en Danie Marais sien kragte meet het.

Doodmoeg het ons Sondagmiddag om en by halfses klaargemaak. Daar was digters van Kaapstad en Durban, kruis en dwars het hulle gekom, gewapen met bundels en CD’s. Bontspul, was ons. Heeeerlik!

Ongelukkig het ek die twee belangrike paneelbesprekings nie kon bywoon nie, ek het egter straatpraatjies gehoor wat die “lojale verset”-onderwerp voortsit. Die digter as “sexual shapeshifter” is net-net buite my gehoorveld ernstig bespreek oor snye pizza, oor bottels water. Kuier-kuier die aand in. Nouja, volgende jaar maak ons weer so.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Andries Bezuidenhout. Die digter as DJ
Onderhoud met Breyten Breytenbach →

7e gedagtes oor “René Bohnen. 2012 Melville gedigte”

  1. Andries Bezuidenhout says:
    17 October 2012 at 06:53

    Hoor hoor!

    Reply
  2. Buiteblaf Breytenbach says:
    16 October 2012 at 16:57

    Nou nie dat ek vir Kaggen soos ‘n kat in die sak probeer verdrink nie!

    Reply
  3. Buiteblaf Breytenbach says:
    16 October 2012 at 16:54

    Ek wonder soms hoekom die Hollandse ‘Nijlpaard’ by ons ‘n ‘seekoei’ geword het. En of Broederstroom in Sustersee mond. Maar van wonder gaan die son seker onder, wonde en al.

    Reply
  4. Desmond Painter says:
    16 October 2012 at 16:11

    Seekoei by die stert beetkry? DAAR’s nou vir jou ‘n sexual shapeshifter.

    Reply
  5. Buiteblaf Breytenbach says:
    16 October 2012 at 16:02

    Andries (kan dit nie weerstaan nie – en die bedoeling is vriendskaplik): maar as jy die ander oor ook was hoop ek nie jy kom agter jy het die seekoei aan die stert beet nie.

    Groete,

    Breyten

    Reply
  6. Rene Bohnen says:
    16 October 2012 at 08:57

    dankie Andries, dit sal gaaf wees!

    Reply
  7. Andries Bezuidenhout says:
    16 October 2012 at 08:14

    Rene, ek was by die een oor die digter as sexual shapeshifter & sal iets daaroor skryf.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Elisma van Zyl. Tydloos
  • Paul Kloppers. hemelrog
  • ND Cronjé. navigasie
  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d