Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
11 November 201212 November 2012

Clinton du Plessis. Twee gedigte

 Dorp

 

Die Portugees met die bakkery

 en die Griek met die vis & chips was híér op die hoek,

 híér waar die nou vreemde tongval

 sit en skaak speel tussen die

 Cd’s en die waslappe,

 die selfoon-rechargers, die superglue,

 plastiekwasskottels, naelknippers, wasgoedpennetjies,

 die adibas-tekkies, ingevoerde grappe,

 en die gordels

 om stywer te trek om die krimpende maag,

 die gadgets vir Afrika

 all made in China,

 híér het die bank besigheid gedoen,

 Volkskas, arbeid adel,

 ABSA het bo-op die treinspoorbrug, by die ingang van die dorp

 windgat die toekoms ingestaar met

 ‘n boer, sy seuntjie aan die hand

 en ‘n goue koring-oes op die ge-photoshopte land,

 “As dit eendag alles syne is, sal ons steeds hier wees,”

 maar dáár waar die tellers was,

 dáár speel ons nou lotto,

 vat ons almal een uit ‘n miljoen of meer kanse,

 in Mister Foo se China Shop,

 Mama Norah en Prof. Make Beliefe van Ghana,

 beloof tradisioneel rykdom, gesondheid en ‘n groter orgaan,

 híér waar Blessing en God Help Us en Beautyful haarsalonne langs mekaar probeer bestaan,

 híér het Afrika kom wortel,

 híér knoop die Pakistani’s rats weer onwillige

 selfoonseine aanmekaar,

 en oral is daar cash loans,

 rente word die opium van die sakpatriot,

 graad twaalf bring jou geen werk

 of parkeer jou in ‘n hoek as ‘n toonbankklerk,

 almal leef

 op toekomstige inkomste

 verdiskonteer môre se loon

 vir vandag se oorleef,

 tussen botter en ‘n brood

 is daar net so min wat rande nog kan koop 

 alles hier word nuut en anders,

 net Avbob gaan nog ongestoord

 onder die bloekombome voort,

 want die dood, dié is nog altyd met ons.  

  

  

 Route 69

  

 Sy reis aand na aand deur

 geheime donker poorte met mans,

 sakemanne en dié wat geslepe kans

 vat, met note kan kies, kus en keur,

  

 sy maak vir verlore siele deure oop

 laat haar ure met ‘n gekibbel verkoop,

 ontsnap met lywe vir ‘n wyle

 word vir die oomblik ‘n geile, geile,

  

 fantasie: sy die heilige begeester van peester,

 as skooldogter, sekretaresse of verpleegster

 sy luister,  dié skunnige vleesterapeut,

 na elke hunker, elke onmenslike skeet:

 sy is almal se halfweghalte, almal se stasie,

 die beste hoer reis lig, sonder bagasie.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Onderhoud met Clinton V. du Plessis
Clinton V. du Plessis. Vrypas →

2e gedagtes oor “Clinton du Plessis. Twee gedigte”

  1. Clinton V du Plessis says:
    13 November 2012 at 17:41

    Joan, baie dankie!

    Reply
  2. Joan Hambidge says:
    13 November 2012 at 15:27

    Ek hou van “Dorp” – veral die slot!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d