Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
16 November 201220 November 2012

Desmond Painter. Houellebecq se gedigte in Afrikaans

Houellebecq

ʼn Paar weke gelede by die Melville Poësiefees het HJ Pieterse sy Afrikaanse vertalings van Michel Houellebecq se gedigte uit Frans voorgelees. Vir sy internasionale gehoor is Houellebecq eerstens bekend as die skrywer van die omstrede romans Atomised en Platform, twee werke waarin die ideologiese bankrotskap van Europa post-’68 en die kulturele verknorsing van die verbruiksera in die algemeen, roekeloos aan die kaak gestel word.

Myns insiens is Atomised essensiële leesstof – dit is dalk nie vergesog om te sê dat dit my generasie se L’Étranger (Camus) is nie: enersyds ʼn briljante diagnose van ʼn kulturele en eksistensiële krisismoment, maar andersyds dalk ook nie vry te spreek van die ideologiese tekortkominge (veral wat betref die omgaan met die nie-Europese ander) wat Edward Saïd in Camus se meesterwerk aangedui het nie… Dit sou beslis loon om Camus, Houellebecq en Saïd saam te lees.

Houellebecq het egter benewens romans en essays ook al etlike bundels gedigte die lig laat sien. Hy is ʼn interessante digter: veel meer vormvas as wat jy dalk sou verwag. Ek het HJ Pieterse se vertalings hierbo genoem, maar intussen het ek van nog ʼn soortgelyke projek te hore gekom. Catherine du Toit, dosent in Frans aan die Universiteit van Stellenbosch, en enkele medewerkers (meestal van haar studente) het twee essays en 80 gedigte van Houellebecq in Afrikaans vertaal. Die bundel word aan die einde van die maand deur die uitgewer Hond gepubliseer.

Ek het die manuskrip onder oë gehad en ek dink die resultaat van Du Toit en haar span se woordywer is werklik uitstekend. Dit is wonderlik om twee van Houellebecq se essays – werke wat kulkuurpolities kritiek lewer en terselfdertyd besin oor die aard en rol van die poësie – en ʼn deeglike keur uit sy gepubliseerde gedigte in soepel, idiomatiese Afrikaans te lees. Hulle het vertalings geskep wat tuis klink in die voorstedelike ruimtes, in die oopplankantore en woonstelblokke, van Bellville en Melville. Die feit dat Houellebecq bereid was om deur die loop van die vertaalproses insae te lewer, het beslis bygedra tot die geslaagdheid van die produk.

ʼn Mens kan nie die belangrikheid van sulke vertaalprojekte vir die Afrikaanse digkuns oorskat nie — dit dra by tot die ‘algemene intellek’ (Marx) waaruit nuwe kreatiwiteit in die taal kan put. Dink maar aan die invloed wat Uys Krige se vertalings uit die Spaanse en Portugese digkuns op meer as een generasie Afrikaanse digters gehad het. Ek weet nie veel van HJ Pieterse se projek nie, maar ek hoop sy vertalings verskyn ook binnekort in druk. Hoe meer, hoe beter.

Die boek word Vrydagaand 30 November (18h30 vir 19h00) in Stellenbosch (die SASOL Museum by 52 Ryneveldstraat) bekendgestel. As jy die geleentheid wil bywoon (en jy behoort!), maak seker jy laat Catherine du Toit (cdt@sun.ac.za) teen 25 November weet. Ons wil nie hê hulle moet te min wyn bestel nie.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Louis Esterhuizen. Michel Houellebecq as digter
Desmond Painter. ‘En die skrapse klimaks aan die einde van elke nag.’ →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d