Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
18 November 201219 November 2012

Heilna du Plooy. Vierluik

 

Vierluik

 

I

In ’n stewige ou gebou

– die kamer liggroen

onder ’n hoë plafon

en almal om sy bed –

het hy gesterf.

Dit was ’n grootse worsteling

asof die dood iets was

wat hy moes verwerf.

 

II

Aanvanklik net ’n kleinerige aar:

nogtans genoeg om haar

half agter te laat.

Sonder een arm en een been

het sy bladsye halfvol geskryf:

            ’n lewe net

            van die middel

            af éénkant toe.

Eers toe die groot aar bars

was sy weer volledig

in haarself verenig.

 

III

Op die oomblik van sy val

was hy  alleen:

sy brein onmiddellik

’n donker sampioen.

Drie dae lank gelê

met ’n al hoe gladder gesig

soos foto’s uit sy jeug.

Toe was dit of die wind

’n deur sag toegestoot het;

ferm en finaal,

en ons allenig daar.

 

IV

Sy is nou al wat ons nog ma kan noem.

Tussen geliefdes sit sy al hoe stiller

asof sy reeds weet van vertrek.

Die dae raak toenemend ligloos

oor die borduurwerk en die porselein;

en sy wat al hoe meer deurskyn.

 

© Heilna du Plooy

Potchefstroom (Sondag 11 November 2012)               

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Hannalie Taute. Dierbaar
Ruimte as tema en metafoor in die poësie van enkele vroulike Afrikaanse digters: 1994-2005 →

12e gedagtes oor “Heilna du Plooy. Vierluik”

  1. Anita says:
    26 November 2012 at 06:56

    Heilna, mens kan sien en voel jy het die siekte en dood van ‘n ou mens – ‘n geliefde, al meer as een keer beleef en verwerk. Ek kry hoendervleis! Baie geluk met die wyse waarop jy woorde inspan om die regte effek te kry.

    Reply
  2. Leon Retief says:
    25 November 2012 at 01:30

    Heilna, ek wil graag beaam wat almal hierbo geskryf het. Aangrypend, en het sowel my vrou Lesli as ek laat dink aan ons ouers, en ook aan wat ek ongelukkig te dikwels in my daaglikse doen en late teenkom. Ek wens ek kon dit so verwoord soos jy. Ek moet egter tot ‘n mate met Johann en vw Louw verskil: die dood is soms/dikwels net op papier “mooi.” Jou verse is egter sowel mooi as verskrikkend, en ek bedoel dit as ‘n kompliment. Hoop jy aanvaar dit so!

    Reply
  3. Marlies Taljard says:
    24 November 2012 at 18:57

    Vier sublieme, gestroopte gedigte! Sjoe!

    Reply
  4. Elmien Scott says:
    23 November 2012 at 14:02

    Aangrypend en hartroerend… Heilna, jy slaag daarin om met enkele woorde, dae; maande en jare se treur vas te vang, maar ook die dood se angel te versag, en ons terselfdertyd te troos… Baie dankie!

    Reply
  5. Marina van Loggerenberg says:
    21 November 2012 at 12:48

    Vir ons wat hierdie mense ken is “dit” aangrypend mooi wat jy in min en raak woorde skryf – ons kan maar net ‘n oog knip en ‘n traan van ons wimpers afvee, want ons het geweet, en ons weet “dit” kom!

    Reply
  6. eva gerlach says:
    20 November 2012 at 10:04

    Heilna, ik lees en herlees, de emotie blijft. Dank, vooral voor IV. Eva

    Reply
  7. Johann de Lange says:
    19 November 2012 at 20:57

    Heilna, ‘n mooi, skrynende elegie. Meteens kom Louw se reël by my op: “mooi is die lewe en die dood is mooi”.

    Reply
  8. Desmond Painter says:
    19 November 2012 at 17:38

    Heilna, die laaste reel, “sy wat al hoe meer deurskyn”, herinner my aan ‘n portret van Daphne Todd wat ek ‘n paar jaar terug in Londen gesien het, en wat my erg ontroer het. Ek het destyds daaroor geblog:

    https://versindaba.co.za/2010/08/29/n-ontroerende-skildery/

    Reply
  9. Buiteblaf Breytenbach says:
    19 November 2012 at 17:05

    Heilna, dis moeilik om te sê hoe diep hierdie vierluik van jou mens raak. Wil net graag beaam wat Louis en ander hier bo aanstip.
    Dankie!
    Groete,
    Breyten

    Reply
  10. Louis Esterhuizen says:
    19 November 2012 at 16:25

    Heilna, ek kan dit nie verhelp nie. Telkens kom ek terug na hierdie vierluik van jou. Met die gedagte dat hoe dikwels dit in die poësie gebeur dat minder eintlik soveel meer is … Die ganse emosionele landskap wat jy hier oopskryf in die bestek van 38 reëls. ‘n Kragtoer, inderdaad!

    Reply
  11. Gisela Ullyatt says:
    18 November 2012 at 20:16

    Ontroerende beelde, Heilna. ‘n Mens sien hulle duidelik uitgestippel in die geestesoog. Droewig, maar helder.

    Reply
  12. Joan Hambidge says:
    18 November 2012 at 19:54

    Aangrypend hierdie vierluik.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d