Louis Esterhuizen. Toenemende narsisme en die kultus van middelmatigheid

 

Via Donald Dunbar se blog beland ek by Fox News waar ‘n besonder interessante artikel deur die bekende psigiater, Keith Ablow (foto) gelees kan word; ‘n artikel wat myns insiens nogal heelwat van die besorgde vrae en bekommernisse oor veral die “jonger” generasie wat van tyd tot tyd hier op die webblad geopper word,  aanspreek.

Dr. Ablow neem sy aanloop vanuit die bevindinge van nóg ‘n sielkundige, Jean Twenge. Twenge is naamlik die amptelike analis by die American Freshman Survey – ‘n organisasie wat al die afgelope 47 jaar navorsing doen onder eerstejaarstudente. Gevolglik beskik hulle oor ‘n databasis waarin 9 miljoen jong volwassenes se inligting vervat is. Pas het die AFS hul nuutste verslag bekendgestel en dit vorm inderdaad fassinerende leesstof.

Volgens dié verslag blyk dit dat al hoe meer studente hulself as (oordrewe) begaafd en gedoem tot sukses beskou, terwyl hul vaardigheidstoetse en persoonlikheidsprofiele die teendeel suggereer. “The tendency toward narcissism in students is up 30 percent in the last thirty-odd years,” skryf Ablow en stel dit dan onomwonde dat dié tendens hoegenaamd nie verrassend is nie. “I have been writing a great deal over the past few years about the toxic psychological impact of media and technology on children, adolescents and young adults, particularly as it regards turning them into faux celebrities—the equivalent of lead actors in their own fictionalized life stories.”

Dit is dan veral die volgende paragrawe wat ‘n mens laat regop sit: “On Facebook, young people can fool themselves into thinking they have hundreds or thousands of ‘friends’. They can delete unflattering comments. They can block anyone who disagrees with them or pokes holes in their inflated self-esteem. They can choose to show the world only flattering, sexy or funny photographs of themselves (dozens of albums full, by the way), ‘speak’ in pithy short posts and publicly connect to movie stars and professional athletes and musicians they ‘like’ […] We must beware of the toxic psychological impact of media and technology on children, adolescents and young adults, particularly as it regards turning them into faux celebrities—the equivalent of lead actors in their own fictionalized life stories. Using Twitter, young people can pretend they are worth “following,” as though they have real-life fans, when all that is really happening is the mutual fanning of false love and false fame […] Using computer games, our sons and daughters can pretend they are Olympians, Formula 1 drivers, rock stars or sharpshooters.  And while they can turn off their Wii and Xbox machines and remember they are really in dens and playrooms on side streets and in triple deckers around America, that is after their hearts have raced and heads have swelled with false pride for “being” something they are not.”

Aan die einde van sy artikel bereik hy die volgende onthutsende slotsom: “False pride can never be sustained. The bubble of narcissism is always at risk of bursting.  That’s why young people are higher on drugs than ever, drunker than ever, smoking more, tattooed more, pierced more and having more and more and more sex, earlier and earlier and earlier, raising babies before they can do it well, because it makes them feel special, for a while.  They’re doing anything to distract themselves from the fact that they feel empty inside and unworthy. Distractions, however, are temporary, and the truth is eternal. Watch for an epidemic of depression and suicidality, not to mention homicidality, as the real self-loathing and hatred of others that lies beneath all this narcissism rises to the surface.”

Nou ja, toe. Gaan lees gerus die volledige artikel indien dié onderwerp jou interesseer.

En ja, uiteraard is dié vorm van narsisme nie die ekslusiewe voorreg van jong mense nie; inderdaad is die kultus van middelmatigheid ons erfdeel.

Hieronder volg ‘n toepaslike vers.

*

This Be The Verse

They fuck you up, your mum and dad.
     They may not mean to, but they do.
They fill you with the faults they had
     And add some extra, just for you.

But they were fucked up in their turn
     By fools in old-style hats and coats,
Who half the time were soppy-stern
     And half at one another’s throats.

Man hands on misery to man.
     It deepens like a coastal shelf.
Get out as early as you can,
     And don’t have any kids yourself.

 

(c) Philip Larkin (Uit: High Windows, 1967: Farrar, Straus & Giroux)

 

 

Bookmark and Share

5 Kommentare op “Louis Esterhuizen. Toenemende narsisme en die kultus van middelmatigheid”

  1. Marthe :

    Baie interessante artikel Louis. Die gedig van Philip Larkin spreek boekdele. Ek sien dit elke dag in my werk met kinders en gesinne.

  2. Desmond :

    Dis nie agv Facebook dat hulle so narsisties is nie; dis agv die dom lektore! 😉

  3. Desmond :

    Louis, op ‘n ernstiger noot: ken jy Christopher Lasch se “The Culture of Narcissism: American Life in an Age of Diminishing Expectations”? Dit is al in 1979 gepubliseer en was ‘n soort akademiese bestseller. Dis fassinerende leesstof, selfs drie dekades later; maar (en nog ‘n maar!) die gebruik van klinies-psigologiese begrippe om kulturele en maatskaplike krisisse te diagnoseer bly problematies. Die skynbare kritiese-kulturele diskoers, by wyse van die psigologiserende logika aan’t werk daarin, word dan deel van die probleem, naamlik ‘n (bepaald Amerikaanse) tendens om die sosiale, die kulturele, die gemeenskaplike, die politiek-ekonomiese, te reduseer tot die individu (en dan ‘n baie bepaalde beeld van die individu). Die nommer een teiken van hierdie psigiaters en sielkundiges moet nie realiteitstelevisie, Facebook en Twitter wees nie, maar die ‘psi-kompleks’ waarby hulle self betrokke is en waarbinne hulle hul ‘psigo-kommoditeite’ ontwikkel en verkwansel: die kolonisering van die woordeskat waarmee ons van onsself en ons verhoudings sin maak; die self-hulp literatuur; die standaardisering van ons emosies (’emosionele intelligensie’); ens. ens.

  4. Leon Retief :

    Louis, ‘n belangrike rede vir hierdie verskynsel is dat skole in Kanada, die VSA, Engeland en waarskynlik elders spesifiek kinders se selfbeeld oppomp tot onrealistiese dimensies. In ten minste sommige skole in Engeland mag onderwysers nie meer as twee spelfoute in ‘n opstel korrigeer nie – dit mag die arme bloedjies dalk laat dink dat hulle nie kan spel nie sien. In Kanada is ‘n onderwyser onlangs ontslaan toe hy ‘n kind wat ‘n taak nie ingehandig het nie 0% vir die taak gegee het – want niemand, o niemand, mag 0% kry nie. Die vorige oogarts hier se seun was ‘n slim en hardwerkende knaap en het baie goed gevaar op skool. Roep sy onderwyseres eendag sy ma in en vra haar dat die kind tog nie so hard moet leer nie want dit laat die ander kinders sleg lyk. In skoolatletiek kry elkeen, soos in elkeen, ‘n prys, selfs al kom jy laaste. “For participation”. Die gevolg is voorspelbaar: skole produseer (nie deur die bank nie maar veels te dikwels) ‘n arrogante, onnosel klomp poepholle wat dink hulle weet als en dat die wêreld hulle ‘n lewe skuld.

  5. Desmond :

    @Leon: en ek is seker agter die goed wat jy noem is daar ‘n arsenaal ‘sielkundige’ konsepte en tegnieke opgestapel… Dis waarom ek s^e: maklik vir sielkundiges (en opvoedkundiges) om die tegnologie ens. te blameer, wanneer hulle self bydra tot die skep van ‘n kultuur wat, paradoksaal, beide narsisties is EN individualiteit standaardiseer en tot die gemene deler reduseer.

  •