Sonsondergangreën by Wonderwerkgrot, 7 Februarie 2013, Noordkaap. ©m.o.
Heil Die Leser! Waarskuwing! Hiermee volg ‘n oorgeromantiseerde stuk nonsens en ‘n handvol eie verse. Lees op eie risiko.
at the museum of natural history
winter, oxford
at the museum of natural history
i might use my winters well,
i might have my morning windows:
the light, the cold, the slight
remains of outside chill slipped
in on entry; the yellow more-quiet.
by five the afternoon has darkened
like a cicatrice in young skin,
and cabinets and tools, minerals
and bones, bees, writing, and i
have between the sky and the floor
a sheet of clear horizon to keep in
the mutter of feet, the flutter
of thought, the clutter of meat.
on the butterfly watch the room
empties, and my season creeps east
– sand shifting beneath
the bodies of shells – towards
the doors. there behind the listless
wood the eyeless sleepless dwell.
Onlangs, en gedurig, mis ek Oxford. Winter-Oxford. En, somer-Oxford: die brosgeel steenwerk St Giles langs, immergroen kwads; my omber lessenaar bó in die Radcliffe Camera waar ek kon uitkyk oor St Mary’s kerk en nooit werklik enige werk gedoen kon kry nie, en my hout-hout hoeklessenaar in die Rhodesbiblioteek met sy Zimbabwe voëls en boekrakkerige uitsig waar ek wel kon skryf; ‘n alewig blounat Port Meadow en ‘n modderige, koei-bedrupte stappie Binseykerk en Wythamwoud en Trout toe; sandgeel bokkies rondom Addison’s Walk, die gruisgrys golwing van platbodemroei op ‘n te-diep Isis; sluip-pers nagte in die botaniese tuin, donkerkollege visioene op Dead Man’s Walk; glinsterende reënaand-fietsry vanaf High Street na Iffley Road vir waterpolo-oefening, silwer vroeg-stil kortpadkies deur New College Lane; wit-dra krieket in die Universiteitspark, ‘n Keble-kleurige kat in ‘n kollege-lodge, die khaki waters van die kanaal daar digby Lucy’s Ironworks in Jerigo; die roesbruin deur wat lei na die Pitt Rivers Museum met sy toeoog-langwimper verminiatuurde mense en die namiddaglig wat die stil, antieke dakglas in die Natuurhistoriese Museum terug reflekteer; die spook van Morse se motorkar wat langs die Holywell Musiekkamers verbyry, die posbusrooi Oxford Tube-bus wat weereens die ingange na Broad en Cornmarket Streets blokkeer, en ag, die hele plek. Sommer die hele, hele, bleddie plek.
Natuurlik, Cambridge ook: platsneeu, platsneeu; ‘n witoorwater-Cam, leë, takagtige bome, en wind en wind en wind; kierielopers wat veld-in stap deur breek-af grasse en veryste modderpoeletjies so net duskant donkerwordtyd om drie-uur in die middag; kollege-vensters wat dromerig brand-idees van hulle glimgeelvure uitdeel straatkant toe. Ek mis die huistoeloop oor Jesus Green en Midsummer Common wanneer die ligte soos merkers uit die mis opduik, die dramaproduksie-plakkate rondom Great St Mary’s en die oorgroeide begraafplaasspeeltuin daar agter Little St Mary’s. Ek mis my begaafde studente met hulle slim idees wat my laat hakkel agter ‘n antwoord aan, en my minder-begaafde studente met hulle dom idees wat my laat hakkel agter ‘n beter voorbeeld aan sodat agteros se verklipte bene ook in die argeologiese kraal kan kom rus. Ek mis die gevoel van biblioteek instap en weet ek sal iets vind wat ek nooit gesoek het en daarna nooit sonder kan klaarkom nie. Ek mis selfs die fotokopieermasjien in die hoofargief wat ‘n fortuin gevra het om skewe fotostate in spikkelswartwit op power pampier te maak, die onbekombare fietsparkering by die treinstasie, en die nors kelner by my gunsteling restourant; veral miskien die nors kelner by my gunstelinge restourant. Ek mis selfs die reën, reën, reën.
thursday night on the corner of grange road
cambridge
the streets here are slippery with leaves.
a cyclist struggles to stop, skidding
the bicycle carefully across the pavement
until the momentum ceases. a pedestrian
glares across his shoulder as he sidesteps
and says you shouldn’t cycle on the pavement,
you know. it’s bloody dangerous. especially
in this weather. especially at night. and where
are your fucking lights, asshole!
i tip my umbrella at a forty-degree angle to get rid
of some water and watch the cyclist put up
a middle finger in the direction
of the abusive accuser: it stands out tall
in the flush of fluorescence from the street lamp,
a fat little lightning conductor sucking at the sky.
but the young man with the civic sensibilities has stalked off
towards the next cup of light without looking back
again. bloody cyclists fucking morons asshole.
it rains harder and there is a new sound – i think
i can hear the dull and soggy creak of leaves
shatter slightly under the weight of each hit.
i think i can hear the drops enter the river, driven
deep into the mystery-green flesh of the cam.
and moss grow. i think i can hear moss grow.
on the periphery of all this the cyclist has dismounted,
and is now pushing the bicycle warily across a shiny
film of winter debris towards the corner of grange road.
Nou, hier in die hoëveld met sy horisonwye donderstorms maar vreesaanjaende stadsdramas, wonder ek of dit ooit werklikwaar-waar was dat ek kon uitstap by my voordeur na ‘n Joan Baez-konsert toe?; na ‘n Jane Goodall-lesing toe, ‘n Franz Marc-uitstalling, ‘n Margaret Drabble-voorlesing. So maklik, so normaal, soos om na niks toe stap nie: net soos ‘n wandel om ‘n botteltjie sjampoe en ‘n sakkie aartappels te gaan koop, langs ‘n diepasemhaal-rivier verby en deur ‘n vrek-ou klippiestraat waar jongmense oor ‘n 15de-eeuse muur gegraffiti het dat ‘Piff rulz’; miskien is dit ‘n Banksy – ek weet nie. Jy sien, dit word alles iets. Dít word erg gemis. Maar ek weet ook ek is besig om te verromantiseer. Ek wil nie dink aan die swak skole en ongeletterde tieners en drankmisbruik en konserwatiewe regerings nie. Ek wil nie dink aan die duur treine en onmoontlike huislenings en die depressiewe grys lug wat alles en almal soos ‘n skurwe, muwwe kombers toevou nie. Ek wil nie dink aan mense wat iemande is net omdat hulle spilpuntsentraal gebore was nie, net omdat die wêreld om hulle draai nie. Ek wil nie dink aan húlle kinders nie. My vel is te dun daarvoor.
international space station
footage from the iss shows how thin
our shell is, shows the bright film
of aurora australis contract,
expand: a phosphorescent
oil spill in space. time has no
means to know itself absent
from air and if i close my eyes
to the rush of astronaut-minutes:
animal, vegetable, mineral.
Laasweek ry ek vir vyf dae alleen deur die Noordkaap. Dier, plant, mineraal. Almal vandaar. Ek ry deur ou gebeure en sien ou pylpunte en ouer handbyle wat die landskap vet lê soos betekenisvolle skape. Dis meer as my agtergrond, meer as my tyd in biblioteke en kolleges en sneeu. Dis eerlik hier, wreed, en ryk.
Ek gaan loer by Wonderwerkgrot na die geverfde wit volstruise wat die mure vol hardloop, en verder donkergrot-in na die miljoenjaaroue ampermens-horisonne waaraan kollegas opgrawe en wat so diep lê dat die Eerste Vuur wat daar gemaak is skoon vergeet het om asem te haal. Vroegoggend, nog voor die donker behoorlik vlam gevat het, volg ek die kaart Taung toe om die geboorteplek van ‘n skedeltjie te gaan naspeur, en op ‘n verlate plaaspad Reivilo toe (dis Olivier omgekeerd, vir diegene wat sien hoe dinge in die heelal staan), letterlik net ná sonsopkoms, gooi ek my 4×4 om na ‘n intieme gesprek tussen my wiele en die middelmannetjiegruis. Die kar en ek rol so saam deur die veldsypaadjie, stilte en hartklop so saam deur die lug – ‘n lang tyd, amper so lank soos die osoon en die see al bestaan – en ons eindig na ‘n triptiek van akrobatiese outomotoriese trieks met ons neuse in die rigting waaruit ons gekom het, met die bestuurdersy van die kar wat die grond soen. Die son is skaars ‘n paar minute vol bo die horison.
Prakties, eerstens, skakel ek die enjin af. My lewe het nie voor my oë geflits nie, en ek voel net effens vies oor die ongerief van die hele affêre. Ek vat-vat, buig-buig, knikkopknik en vind myself heel, ontkoppel my sitplekgordel – die eerbare, goeie, hartstogtelik onselfsugtige sitplekgordel! – en soek ‘n foon, ‘n bril, ‘n beursie. Die seën van ‘n ongebreekte bril is iets wat net ons blindes kan verstaan. Ek bel die AA terwyl ek so onderstebo lê, sukkel met my sein, en probeer vergeefs die swaar passasiersdeur bó my opstoot om uit te klim; sy venster wil ook nie oop nie, totdat ek onthou dat ek eers die kar moet aanskakel om oop te kan maak. Aan, oop, af – en ek klouter deur die passasiersvenster uit. Kaalvoet staan ek en kyk na die opgefrommelde en versplinterde stuk yster en glas terwyl ek deur die swak sein en tagtig keer se heen-en-weer-bel probeer verduidelik waar ek is, wie ek is, wie ek dink húlle is. Nee, ek bloei nie, ek’s okei, geen mense-ambulans benodig nie, net ene vir my arme motorkar.
Ek is vér weg van iewers, dié weet ek. Ek stap terug op die grondpad, kyk na my wielspore; ek is rustig. Ek luister die naamlose vreemdgeluid-voëltjies wat bossie-in bossie-uit vlieg, na die krieke wat vergeet het die môrestond het stilswye in die mond. Ek luister na die sang van die grensdrade teen die ligte wind oral om my, na die ritsels in die graspolle. Ek beloer die slangspoortjie wat so ver met die reguit pad afskuifel dat ek uiteindelik moet omdraai en terug loop doer-daar kar toe, en soek steenwerktuie wat dalk deur motorbande uitgeskop is – hoe interessant sou dit nie wees as ‘n Ascheulse handbyl my ondergang was nie – maar vind niks in die gruis nie. Ook geen koeie of skape of donkies nie te siene nie; net klein op die drumpel van die horison staan ‘n windpomp. Maar dis ‘n eerlike, mooi, stil plek vir Oliviertjie se eerste motorongeluk ooit.
Vir ‘n uur en half of wat is dit net ek en die pad en die singende drade, en dit is soos ek dink paradys moet wees. Oop, ver, diep. En tussen-in staar ons na mekaar, ek en die motorkar – ek verstaan nie mooi nie, maar alles is kalm. Later kom ‘n Landy verby met ‘n plaasboer van die Kalahari agter die stuur; ons steek hand uit: nog ‘n Olivier ook, né. Hy en sy seunOlivier en sy drie werkers stoot my ryding vir my regop en ek is dankbaar; my plakkies en piesang word uit die kar gevis en aan my besorg. Ek eet my merkwaardig-onbeseerde piesang; ek bestudeer die wrak. ‘n Man uit Kuruman arriveer tien minute later en hyg die 4×4 agterop sy insleepwa en vir ‘n seer uur ry ek saam met hom terug deur ‘n bekende landskap, maar een wat onder ‘n warm midoggendson begin sweet en anders lyk; my klein tassie, my skootrekenaar, ‘n boks vol goeters wat uit my kar uit kom, alles op my skoot. ‘n Barmhartige en proaktiewe vrou met ‘n waterboor en tagtig katte ontferm haar oor my in die dorp en ry my polisie toe, dokter toe, motel toe; ek kom nooit naby die oog van Kuruman nie, maar ek het ‘n ongeluksvorm en -nommer geteken deur ‘n Konstabel White wat vir drie maande lank in ‘n koma was nadat hy sy motorkar naby Keimoes gerol het, weer moes leer lees en skryf, en steeds met sy arm in slinger rondloop. Ek verstaan nie mooi nie.
In die ironies-genaamde Eldorado net buitekant die dorp, en danksy die gawe motel-eienaar se vredeliewende uitkyk op my situasie, lê ek in ‘n gratis, witgelakende bed met die lugreëling aan, en wag vir die Ander Helfte om van Gaborone af te ry om my te haal. Blinkvosperd ens. Maar vér. Ek stuur facebook-foto’tjies van die skedonk in die gras aan die wêreld, eintlik te bang om aan die slaap te raak vir ingeval ek my kop harder gestamp het as wat ek dink: ek weet mos nie eintlik of ek dalk my bewussyn verloor het nie – die situasie het hom nie ontleen aan onafhanklike verifikasie nie. So ek bly wakker, vir die wis en die onwis. Dieselfde rede hoekom ek ‘n sitplekgordel op ‘n wye, leë grondpad gedra het – vir die wis en die onwis. Later hoor ek daardie einste wye, leë grondpad is bekend vir sy nukke, en dat selfs die boere wat hom goed ken hulle bakkies daar gly. “Daar is iets aan daardie pad,” laat weet ‘n vriend uit Kimberley uit. Iets.
Iets. Iets verlore, ook. My skarabee-amulet het van my silwer halssnoertjie afgeval gedurende die rol, en in die veld agtergebly. Die turkoois-dingetjie kom uit Kaïro uit, ‘n geskenk, jare gelede al, en ek was lief vir sy klein gewig waar hy so tussen my sleutelbene gehang het, lief om te dink oor sy bestaan. Die skarabee-miskruier is Khepri, die Egiptiese god van die vroegoggendson, van sonsopkoms – hulle sê hy rol die son uit vir Ra. En Khepri is ook die god van hergeboortes: perfek-gemaakte miskruiertjies word gebore, uit die reste wat rondgerol word, asof hulle reeds volledig en volwasse in miniatuur bestaan, dus die ou woord Kheper – to come into being. Kheper. Kewer. My blou kewertjie wat in die uitrol van ‘n nuwe son my ook laat uitkruip het uit die reste sonder skade, volledig mens. Godebeskerming. Sien: Kewer het losgewikkel van die kettinkie om my nek, die sand onder sy turkooissteenbene gevoel en hulle gerek, en sy klipvlerkies oopgelig, en lewendig synde ons die veld ingegogga om – ver weg van die Nyl, in ‘n woestyn van ‘n ander aard – sy ware jare uit te leef. Dis hoe die heelal staan, tog nie? Dier, plant, mineraal.
dwyka carboniferous
landscape, south africa
on the fringe of the oldest floor
there are young rocks: recent thanks
for life amid the flat dichotomy
that passes as food for sheep.
yeast in the ridges keeps the sunset
alive; some storms bring with
hot cheap rain, and false hope.
to share something here – stone,
love – is impractical and cruel.
Nou, terug uit die Noordkaap, terug in die nooitdonker van aande hier, terug in ‘n stad gewortel in die droom van goudrykgenoeg wees om weer platteland te word, verstaan ek nog steeds nie mooi nie. Alles gaan voort, verwyderd van die agterstevoor-Oliviers so saamgespil op een klein stukkie aarde, turkoois skarabee-kewers, ‘n foto van ‘n sonsopkoms geneem oomblikke voor die uitrol van die dag; verwyderd van dit wat ek mis op ‘n ander kontinent, ys, en my grootmenslewe daar skaars ‘n tiener oud. Dertien jaar in Groot Brittanje, vyf dae op binnelandse plaaspaaie, en wat leer mens in daardie tyd werklik? Verandering is altyd goed, sê almal: verwydering vir die emigrant, verandering vir die immigrant.
Ek weet nie of ek verder hieraan moet opgrawe nie, weet nie wat die klippies verder kan vertel en in watter taal nie. Ek was mos nou al in Eldorado en glo my, die stories wat jy hoor is nie altyd waar nie. In praktyk, nou, hier, effe seer, effe blou, maar baie heel, mis ek werklik die grensdrade wat vir my sing en die fyn geskarrel van ‘n goggatjie in die gras, die alleenwees van nuutwees; die iets.
fooling
a clearing came to me
on a dirt road, windmills far
from anything but sheep
and aloes: the mistrust of dust
giving the living site away.
i stopped the bakkie and went
at it alone. the ground was lame
from succulents and the sort
of hardened, flesh-inside
grasses you can find here,
but there was skeleton
of tortoise, and a depression
engaged in silting when wet –
like in teeth, it is difficult to believe
in not very long ago, in without.
i found: debris, mostly. hardly
a handful of broken segments, no
trapezes; a few hours’ worth
of flakes: jasper, silcrete, bad quartz
but good chert, and foreign.
*
i thought: i would be willing
to eat elephant to have you with me
here in the open. i thought:
i would show you ochre. i know
you were danced up
by a woman with one foot;
my memory of you is a humming
one, full of children angry
at the killing of the single goat
– exchanged for a bundle
of freshly-dried sinew, a quiver
beaded white with ostrich eggshell,
and a springbuck-skin knapsack
worn by /kaggen himself
– they could have owned:
hunger for meat is perilous
to culture, as foolishly detrimental
as puberty is to joy. this
is how i think of you. this
is how my heart shows.
*
losing track of time,
and without shade, i grew
hot. the road vibrated
– a convoy of spirit antelope,
a distant grazing –
and i saw: a red-mouthed
beetle eat the head of a locust
culled by drift-sand;
i saw: a shrug of grey hills. no-one
saw me making sense from you –
it is difficult to believe
in not very long ago, in without.
it is difficult to not invest.
and i asked the honey-drinkers:
they climb into trees for it, for fooling;
i asked the fat-eaters. for people
do not come here. i only came by accident.
they said: forget the stones,
just drive away; there is always,
always water to the west.

Hulle wou opsluit in die Versindaba-kraal wees…
Dankie, Gisela. Dis maar bietjie ‘stream of consciousness,’ hierdie skrywe, hierdie storie. Die gedigte is van hulle gepubliseerd, van hulle nie, maar almal het aangeklop om ingesluit te word. Wie is ek om woorde weg te draai net omdat hulle in ‘n ander taal-kraal staan…?
Jy mag maar skryf, Marcelle! In albei tale. Het jou blog en gedigte werklik geniet.