Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
25 April 20135 February 2020

Francis Galloway se onderhoud met Breyten Breytenbach op LitNet

‘n Uiters belangwekkende onderhoud oor die digkuns en vertalings in die algemeen, asook hoe dit meer spesifiek in die komende Dansende Digtersfees neerslag gaan vind, is die onderhoud wat Francis Galloway met Breyten Breytenbach vir LitNet gevoer het. Die onderhoud is gister, 24 April 2013, geplaas.

By wyse van lusmaker plaas ek graag twee uittreksels uit die onderhoud:

 “Maar met ‘alle poësie is plaaslik’ bedoel ek slegs die voor die hand liggende: dat die gedig se habitus altyd in die teenswoordige is. Poësie as ‘n universele vergestalting van die menslike kondisie is by uitstek die paradoksale verskynsel van plaaslikheid (ek praat nie van die gemoedelik-lokale of die gemeenplaaslike nie) – want dit ‘verskyn’ net, meld haar net aan, kom alleen na die oppervlak van hier-wees by die lees van die ding. Die gedig trek die baadjie van woorde aan, van die taal wat aan jou bekend is, om herken en geëien te word deur die leser by die troue en vertroue van lees. (Of luister.) Ongeag waar dit vandaan kom, uit watter kultuurtyd. Die gedig is plek.”

***

“Ek weet nie of my eie siening en ervaring van tale veel ter sake is nie. Punt nommer een is dat ‘n gedig – enige gedig – vir my uit veel meer as taal bestaan. Of dan, dat die tekstuur en die ritme en kleur van die taal waarin dit geskryf is, of vertaal word, daarvan ‘n objek maak amper nog voor die plek-spesifisiteit en historiese kondisionering van die taal ter sprake kom. Want elke taal is draer van ‘n unieke geskiedenis en kennis wat in die woordeskat en metafore weerspieël word, maar ook in die “gebruike” van die gegewe taalgemeenskap. Mens verlaat jou tog redelik instinktief op gedeelde kennis. Maar ‘n gedig het ‘n eie organiese lewe, ‘n binnelewe wat onder andere gaan bepaal watter woorde toegelaat word om saam te bestaan binne daardie ruimte.”

 ***

 Gaan lees gerus die volledige onderhoud op LitNet.

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Dansende Digtersfees. Om die geheue se ysstreke te betree …
Dansende Digtersfees. Die vier vrae wat melancholie aan jou stel →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d