Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
9 May 201310 May 2013

Hannalie Taute. Orde

Ek kyk op en af na die insekte….waar sal my hulp vandaan kom?

In my hunkering na ‘orde’ asook my seunskinders se nuuskierigheid en opgewondenheid oor insekte het ek nie te lank gelede ʼn reeks insekte (15) uit elke ‘orde’ geborduur.  Die reeks was ook geinspireer deur die boek “Ons eie insekte’ maar voor dit nog deur die boek “Siegfried” deur Willem Anker waar een van die karakters ook behep was met insekte. Om op binnebande te borduur was gedeeltelik geinspireer deur die boek: “What wives wish their husbands knew about women”.

ʼn Paar dae glede lees ek hier dat daar gedigte van Johann Lodewyk Marais, geinspireer deur insekte, geplaas gaan word.

Hier volg een:

Reusestokinsek. Palopnus reyi deur Johann Lodewyk Marais

Heelnag lank beweeg sy van tak tot tak
en vreet bietjies-bietjies van die lower
voordat sy met dagbreek doodstil bly sit.
Wanneer sy opskrik, flits haar vlerke oop
en word ’n dubbele mopanieblaar.

“Orde- Phasmatodea” borduurwerk op rubber/binneband

“Die wyfie le van 100 tot 1300 eiers op ʼn sorgelose manier deur dit bloot op die grond te laat val.  Omdat hulle min rondbeweeg, ontstaan die probleem dat ʼn wyfie dikwels nie ʼn mannetjie kan vind nie. Gevolglik is dit ʼn algemene verskynsel by stokinsekte dat die wyfie kan voortplant sonder dat sy gepaar het, en soorte is selfs bekend waar mannetjies glad nie bestaan nie.” uit die boek “Ons eie insekte”

Ek sien uit na Johann se ‘miskruier-geinspireerde’gedig wat teen die 14de Mei op Litnet geplaas gaan word.

Terug op my eie planeet was dit verblywend dat ek vandag ʼn boodskap kry van Sjaka S Septembir met nog ʼn gesprek (deel twee) tussen my en hom na aanlyding van my gesig vermommings (facepaint Fridays on Facebook).  Die gedeelte bevat ook insekte! Hoe het hy geweet van my beheptheid met entomologie vra ek myself….

Swart hanswors deur Sjaka S Septembir

galbraak primadonna
haat vonkel in jou glimlag
pyn strek vanuit die martelkamers van jou stem
jy’s die koningin van die luise & spinnekoppe
jou gedagtes kokkerot skarrel in alle rigtings
swart hanswors, braak nog bou-stene vir hierdie aarde
met sy verdorde hart
kots nog mense in wording
hou jou kraan van pyn vol oopgedraai
om ons met jou perdeby gemoed te verswelg na niks
na, minder as stof
vervuil elkeen van ons se laaste atoom oorblyfsels
& lag jou mal lag
wanneer alles
absoluut alles
in die donker ewigheid
van niks
wegsink
totaal verdwyn
soos die laaste sweempie stank
van weggespoelde kak

(gedig vir die swart masker)

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Elisma van Zyl. Tydloos
  • Paul Kloppers. hemelrog
  • ND Cronjé. navigasie
  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d