Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
26 July 201329 July 2013

Kortlys vir Neustadt-prys word bekend gemaak met ‘n veertjie vir Protea Boekhuis

 

Volgens World Literature Today is die kortlys vir die 2014 Neustadt International Prize for Literature pas bekend gemaak. Naas die Nobelprys vir Letterkunde is die Neustadt een van die mees gesogte literêre toekennings ter wêreld:  “The Neustadt Prize is the most prestigious international literary award given in the United States, often cited as ‘the American Nobel,’ and is chosen solely on the basis of literary merit. On this year’s shortlist are César Aira, Mia Couto, Duong Thu Huong, Edward P. Jones, Ilya Kaminsky, Chang-rae Lee, Edouard Maunick, Haruki Murakami, and Ghassan Zaqtan. For the first time ever, authors have been nominated from Mauritius, Mozambique, Palestine and Ukraine. Additionally, Jones is the first male African American writer to be nominated in the 44-year history of the prize.”

Interessant genoeg is twee van hierdie genomineerdes digters, te wete Edouard J. Maunick (Mauritius) vir sy digbundel Mandéla mort et vif wat in 1987 verskyn het en in 2001 deur Norman Strike na Engels vertaal en deur Protea Boekhuis uitgegee is onder die titel Mandela, Dead and Alive, 1976 – 2001, en Ilya Kaminsky (Ukraiëne / VSA) vir sy debuutbundel Dancing in Odessa wat in 2004 verskyn het. Kaminsky is ook die samesteller van Ecco Press se omvattende bloemlesing met internasionale poësie waaroor Versindaba vantevore berig het.

 

Edouard J. Maunick

Maunick, wat voorheen as ambassadeur vir Mauritius in Pretoria woonagtig was, is etlike jare reeds een van die vernaamste digters wat in Frans skryf. Sy debuutbundel, Les Oiseaux du Sang, het in 1954 verskyn, gevolg deur Les Manèges de la Mer (1964), Mascaret ou le Livre de la Mer et de la Mort (1966), Fusillez-moi (1970), Africaines du Temps Jadis (1976) en En Mémoire du Mémorable suivi de Jusqu’en Terre Yoruba (1979). Afgesien van die genomineerde bundel, Mandela, Dead and Alive, 1976 – 2001, het Protea Boekhuis nog ‘n belangwekkende bundel uitgegee waarin Edouard J. Maunick se gedigte prominent n figureer, naamlik Invitation to a voyage – French-language Poetry of the Indian Ocean African Islands. Dié bloemlesing is deur Stephen Gray saamgestel en het in 2008 by Protea Boekhuis verskyn.

Die prysgeld beloop $50,000 en die wenner sal op 1 November aangekondig word tydens die Neustadt Festival of International Literature and Culture.

 

 

***

no more dogs no more taboos

all that crowns you

pariah

you would refuse death

for murder

in only on your face

is left undried

the spittle that still blinds you

 

© Edouard J. Maunick (Uit: Mandela, Dead and Alive, 1976 – 2001, Protea Boekhuis)

  

Mandela, Dead and Alive

 

 

 

 

 

 

 

  

Invitation to a voyage

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d