Volgens World Literature Today is die kortlys vir die 2014 Neustadt International Prize for Literature pas bekend gemaak. Naas die Nobelprys vir Letterkunde is die Neustadt een van die mees gesogte literêre toekennings ter wêreld: “The Neustadt Prize is the most prestigious international literary award given in the United States, often cited as ‘the American Nobel,’ and is chosen solely on the basis of literary merit. On this year’s shortlist are César Aira, Mia Couto, Duong Thu Huong, Edward P. Jones, Ilya Kaminsky, Chang-rae Lee, Edouard Maunick, Haruki Murakami, and Ghassan Zaqtan. For the first time ever, authors have been nominated from Mauritius, Mozambique, Palestine and Ukraine. Additionally, Jones is the first male African American writer to be nominated in the 44-year history of the prize.”
Interessant genoeg is twee van hierdie genomineerdes digters, te wete Edouard J. Maunick (Mauritius) vir sy digbundel Mandéla mort et vif wat in 1987 verskyn het en in 2001 deur Norman Strike na Engels vertaal en deur Protea Boekhuis uitgegee is onder die titel Mandela, Dead and Alive, 1976 – 2001, en Ilya Kaminsky (Ukraiëne / VSA) vir sy debuutbundel Dancing in Odessa wat in 2004 verskyn het. Kaminsky is ook die samesteller van Ecco Press se omvattende bloemlesing met internasionale poësie waaroor Versindaba vantevore berig het.

Maunick, wat voorheen as ambassadeur vir Mauritius in Pretoria woonagtig was, is etlike jare reeds een van die vernaamste digters wat in Frans skryf. Sy debuutbundel, Les Oiseaux du Sang, het in 1954 verskyn, gevolg deur Les Manèges de la Mer (1964), Mascaret ou le Livre de la Mer et de la Mort (1966), Fusillez-moi (1970), Africaines du Temps Jadis (1976) en En Mémoire du Mémorable suivi de Jusqu’en Terre Yoruba (1979). Afgesien van die genomineerde bundel, Mandela, Dead and Alive, 1976 – 2001, het Protea Boekhuis nog ‘n belangwekkende bundel uitgegee waarin Edouard J. Maunick se gedigte prominent n figureer, naamlik Invitation to a voyage – French-language Poetry of the Indian Ocean African Islands. Dié bloemlesing is deur Stephen Gray saamgestel en het in 2008 by Protea Boekhuis verskyn.
Die prysgeld beloop $50,000 en die wenner sal op 1 November aangekondig word tydens die Neustadt Festival of International Literature and Culture.
***
no more dogs no more taboos
all that crowns you
pariah
you would refuse death
for murder
in only on your face
is left undried
the spittle that still blinds you
© Edouard J. Maunick (Uit: Mandela, Dead and Alive, 1976 – 2001, Protea Boekhuis)

