Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
14 May 201014 May 2010

Die Ecco Anthology of International Poetry is nou beskikbaar …

Internasionale Poësie
Internasionale Poësie

In ‘n vorige Nuuswekker het ek vertel van ‘n nuwe bloemlesing met Internasionale poësie, The Ecco Anthology of International Poetry, wat in aantog is. Goeie nuus is dat voorraad van dié bloemlesing, wat deur Ilya Kaminsky en Susan Harris van Words without borders saamgestel is, uiteindelik gearriveer het en inderdaad teen die skamele bedrag van R190 in boekwinkels beskikbaar behoort te wees.

En watter winskoop is dié knewel met sy 540 bladsye nie! Ongetwyfeld ‘n “móét hê” vir enige persoon wat meer as ‘n terloopse belangstelling in die digkuns het, want in hierdie bladsye lê daar omtrent ‘n leeftyd van onvderdunde leesplesier in opgesluit.

In die vroeëre lusmaker het ek uitvoerig geskryf oor die voorwoord tot dié bloemlesing; en dié 20 bladsye inleiding is op sigself al die prys werd … Aan die teleurstellende kant van sake moet ek egter noem dat daar met die uitsondering van Augustinho Neto, géén Afrika-digters in opgeneem is nie. Sug. Nie eens Breytenbach óf Krog nie; en uit die Laer Lande slegs twéé digters: Gerrit Kouwenaar en Miriam Van hee.

Die vernaamste verteenwoordiging in dié bloemlesing, met die aantal gedigte tussen hakies, is deur: Yehuda Amichai (15), Czeslaw Milosz (15), Wislawa Szymborska (11), Pablo Neruda (9),Vasko Popa (8), César Vallejo (8 ), Zbigniew Herbert (8),  Frederico García Lorca (7) en  Osip Mandelstam (7); in totaal meer as 500 gedigte deur 210 digters.

As toegif vanoggend plaas ek een van Marlise se lieflike omdigtings van ‘n Amichai-gedig  onder aan hierdie Nuuswekker.

***

Vanoggend is daar ‘n paar nuwe plasings om te rapporteer. Ten eerste is daar die nuutste Digstring, en dit is hoeka Marlise Joubert wat vertel hoe haar gedig “waarskuwings” tot stand gekom het. Daar is ook ‘n video wat bekyk kan word van ‘n groep studente wat dié gedig tydens Versindaba 2007 opgevoer het. Ten slotte is daar ook nog die nuwe blogs wat deur Roel Richelieu van Londersele, Carina Stander, Desmond Painter en Jannie Malan geplaas is.

Daarmee is die week eers weer tot niet. Nuuswekker hervat Maandag weer.

Mooi bly.

LE

 

As jy dans,

Dans die aande van vreugde.

 

Snags is alle vure langs jou geblus,

Soggens gaan die as saam met jou werk toe.

 

As jy my bemin, skuif ons gisters

Soos hortjies voor die geheue in.

 

© Marlise Joubert (Uit: passies en passasies, 2007: Protea Boekhuis)

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

2e gedagtes oor “Die Ecco Anthology of International Poetry is nou beskikbaar …”

  1. Louis says:
    17 May 2010 at 11:59

    Dankie vir die vriendelike woorde, Evette. En welkom terug! Ons sien uit na jou besoek.
    Louis

    Reply
  2. Evette Weyers says:
    17 May 2010 at 05:01

    Hallo Louis
    Jou nuuswekkers is altyd lekker om te lees asook om op die paadjies wat jy blootlê te wandel. Baie dankie vir Digstring. Dis nog iets nuuts wat julle geskep het vir ons om te ontgin. Baie verrykend!
    Ek kom my boek haal so oor 2 weke en sal dan sommer nog een van die bundels waarna jy en Marlise verwys, ook kry.
    mooi loop
    evette

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d