Ruimte, noem hulle dit.
Gemaklik met een woord gedefinieer,
veel moeiliker met baie.
Gelyktydig leeg en vol van alles?
Dig toe, ten spyte van oop wees,
want niks
kan daarvan ontsnap nie?
Grensloos uitgedy?
En as dit dan begrens is,
waar de hel aan grens dit?
Nou ja toe. Slapenstyd nou.
Dis nag, môre het dringender aangeleenthede
spesiaal uitgeknip vir jou:
tas na voor die hand liggende voorwerpe,
werp blikke binne trefafstand.
Luister stip na stemme binne hoorafstand.
Dan daardie reis van punt A na B.
Vertrektyd om 12:40 ter plaatse
en die vlug bo plaaslike newelwolke
deur welke oneindige
vlietende stukkie lug ook al.
Oorspronklike gedig: “Przed podróżą”, vertaal deur Clare Cavanagh en Stanisław Barańczak as “Before a journey”. Uit: Wisława Szymborska. Here (Mariner, 2012), pp 28-29.
Dankie vir die kommentaar en aanbeveling, Marlise. Daai broccoli-sop was ‘n hoogtepunt. Ons is weer terug in die stad van snorre.
‘n Mooi vertaling! Dankie. Andries, terwyl jy nou glo hier al vlietende ronddool in die nat strate van ‘n Bolandse dorp, en soms aan ander vriende veel plesiere verskaf met jou besoeke -soos om stip te luister na ‘stemme binne hoorafstand’, en ‘n bietjie broccoli-sop en musiek geniet, maak ‘n draai by ‘n sekere gesogte boekwinkel en koop vir jou Adonis: Selected Poems. Ek is tans besig om dit te lees, om eintlik hierdie Adonis vir die eerste keer behoorlik te ontdek. En wat ‘n ongelooflike verbeeldingryke digter is hy nie!! Filosofies, liries. Hy word ook dikwels genoem as iemand wat die Nobel behoort te kry. Ek lees dat hy reeds 20 bundels gepubliseer het (plus vele ander werke). En ook ‘n digter is (hoe lank is hierdie lys al?!) wat eenmaal in die tronk moes deurbring agv sy skerp politiese uitsprake. Hy woon tans in Parys. Hierdie vertaling is pragtig en omvattend, koop gerus hierdie boek!
Ek haal so stukkie aan iewers op die net gevind:
“Khaled Mattawa was the winner of the 2011 PEN Award for Poetry in Translation for Adonis: Selected Poems, given by PEN American Center.
Born in Syria in 1930, Adonis is one of the most celebrated poets of the Arabic-speaking world. His poems have earned international acclaim, and his influence on Arabic literature has been likened to that of T. S. Eliot’s on English-language verse. This volume serves as the first comprehensive survey of Adonis’s work, allowing English readers to admire the arc of a remarkable literary career through the labors of the poet’s own handpicked translator, Khaled Mattawa.”