Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
6 August 2013

Andries Bezuidenhout. Voor die reis – vertaling van ʼn gedig deur Wisława Szymborska

Ruimte, noem hulle dit.
Gemaklik met een woord gedefinieer,
veel moeiliker met baie.

Gelyktydig leeg en vol van alles?
Dig toe, ten spyte van oop wees,
want niks
kan daarvan ontsnap nie?
Grensloos uitgedy?
En as dit dan begrens is,
waar de hel aan grens dit?

Nou ja toe. Slapenstyd nou.
Dis nag, môre het dringender aangeleenthede
spesiaal uitgeknip vir jou:
tas na voor die hand liggende voorwerpe,
werp blikke binne trefafstand.
Luister stip na stemme binne hoorafstand.

Dan daardie reis van punt A na B.
Vertrektyd om 12:40 ter plaatse
en die vlug bo plaaslike newelwolke
deur welke oneindige
vlietende stukkie lug ook al.

Oorspronklike gedig: “Przed podróżą”, vertaal deur Clare Cavanagh en Stanisław Barańczak as “Before a journey”. Uit: Wisława Szymborska. Here (Mariner, 2012), pp 28-29.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Wislawa Szymborska – vertaling in Afrikaans
René Bohnen. Geel is die dal van doodskaduwee →

2e gedagtes oor “Andries Bezuidenhout. Voor die reis – vertaling van ʼn gedig deur Wisława Szymborska”

  1. Andries Bezuidenhout says:
    12 August 2013 at 10:08

    Dankie vir die kommentaar en aanbeveling, Marlise. Daai broccoli-sop was ‘n hoogtepunt. Ons is weer terug in die stad van snorre.

    Reply
  2. Marlise says:
    7 August 2013 at 10:16

    ‘n Mooi vertaling! Dankie. Andries, terwyl jy nou glo hier al vlietende ronddool in die nat strate van ‘n Bolandse dorp, en soms aan ander vriende veel plesiere verskaf met jou besoeke -soos om stip te luister na ‘stemme binne hoorafstand’, en ‘n bietjie broccoli-sop en musiek geniet, maak ‘n draai by ‘n sekere gesogte boekwinkel en koop vir jou Adonis: Selected Poems. Ek is tans besig om dit te lees, om eintlik hierdie Adonis vir die eerste keer behoorlik te ontdek. En wat ‘n ongelooflike verbeeldingryke digter is hy nie!! Filosofies, liries. Hy word ook dikwels genoem as iemand wat die Nobel behoort te kry. Ek lees dat hy reeds 20 bundels gepubliseer het (plus vele ander werke). En ook ‘n digter is (hoe lank is hierdie lys al?!) wat eenmaal in die tronk moes deurbring agv sy skerp politiese uitsprake. Hy woon tans in Parys. Hierdie vertaling is pragtig en omvattend, koop gerus hierdie boek!
    Ek haal so stukkie aan iewers op die net gevind:
    “Khaled Mattawa was the winner of the 2011 PEN Award for Poetry in Translation for Adonis: Selected Poems, given by PEN American Center.
    Born in Syria in 1930, Adonis is one of the most celebrated poets of the Arabic-speaking world. His poems have earned international acclaim, and his influence on Arabic literature has been likened to that of T. S. Eliot’s on English-language verse. This volume serves as the first comprehensive survey of Adonis’s work, allowing English readers to admire the arc of a remarkable literary career through the labors of the poet’s own handpicked translator, Khaled Mattawa.”

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d