Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
8 September 2013

Andries Bezuidenhout. Die digter – vertaling van ʼn gedig deur Ko Un

Nog altyd was hy ʼn digter.
Kinders
het na hom as ʼn digter verwys
en vroue ook.
Hy was beslis ʼn digter,
meer as enigiemand anders wat ek ken.
As hulle hom teëkom
het selfs otte en bosvarke digter gegrom.

Hy’s dood toe hy terugkeer van ʼn epiese reis.
Geen digterlike woord in sy kamer nie.
Was hy dan ʼn digter wat nie skryf nie?
Toe skryf ʼn digter maar namens hom ʼn vers
en toe dit voltooi is,
swiep die wind dit weg.

Al die gedigte van die Ooste en die Weste waai weg, oud en nuut,
fladder, fladder weg,
die laaste een daarmee heen.

Na Clare You en Richard Silberg se vertaling “The Poet” uit: Ko Un, The Three Way Tavern: Selected Poems (2006, University of California Press), p. 53.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← René Bohnen. Geel is die dal van doodskaduwee
Louis Esterhuizen. Twee digters onder gunstelinge vir Nobelprys vir Letterkunde →

2e gedagtes oor “Andries Bezuidenhout. Die digter – vertaling van ʼn gedig deur Ko Un”

  1. Andries Bezuidenhout says:
    8 September 2013 at 09:44

    Dankie Melanie. Ek wens ek kon Koreaans verstaan, maar ek kon darem onlangs hoor hoe hierdie gedig klink toe Ko Un dit by “Dansende digters” voorlees.

    Reply
  2. Melanie Grobler says:
    8 September 2013 at 09:09

    hou baie van jou vertaling!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d