Moederstad – Kaapstad
met paaie en spore jaag
ons daagliks soos duisende mallerige
miere om jou antieke hart te masseer
jou juweelbedekte nekplooie blink te streel;
woeker en werk en slenter en flenter ons
in jou koffiekroegies en in jou groen longe
voer ons etende eekhorings en sien ons
hoe die wit wolk ’n kuif oor jou
fronsende voorkop laat val
as ons saans die
stop-staan-skoffel
op die padslagaar
huis toe dans
na die naweek is ons bly om jou nog lewend te vind
snorkend en sugtend aan die
suidoostewind.

Pragtige gedig