Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
10 September 201313 October 2013

Plekgedig 6: Mellet Moll. Sutherland

Sutherland

 

Ons volg die spore van ‘n klipwerker

na waar die sterre in die skynheil snags

die onbevlekte gronde lumineer

met elegieë vir die heemloses

wat iewers in die nalewe bly sweef

en oor die vlaktes van Gondwanaland

in ligsin die komete projekteer

teen blouswart koepels onderweg.

Ons reik met uitgestrekte hande na

die klipwerker waar hy kontoerlyne

by Sneeukrans uit die rotsformasies van

die Roggeveld se skadukimme kap

en soos ‘n Derwisj in die wentelmaan

se slaaptyd halwe kringe konstelleer

terwyl ‘n jakkals in die verte roep.

Die dorpsdam digby Sutherland slaap stil

en roerloos in die middernag se skoot

terwyl ‘n kers nokturnes in die niet

vanuit ‘n huis in Jubilee-straat straal.

Die klipwerker se laaste woorde sterf

en hang soos wasem oor die werwelland.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

2e gedagtes oor “Plekgedig 6: Mellet Moll. Sutherland”

  1. Susan Smith says:
    14 October 2013 at 13:45

    Van hierdie gedig het ek baie gehou, Mellet. Mooi so!

    Reply
  2. Nicolette van der Walt says:
    24 September 2013 at 15:19

    Die sterre skyn helder deur die teleskoop van hierdie gedig. Tydlose poësie – net soos die groot digter s’n aan wie Sutherland geboorte gegee het.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d