Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
11 September 201313 October 2013

Plekgedig 7: Marita Coetzee. Paradys in Upington

Paradys in Upington

 

Goudgeel, volswanger en bevrug hang jou trosse

Swaar belaai met nektar van die gode

Dansende voorspel tot die voggies van Bacchus

Verwerk, verbrysel en vertrap in die kelders

Tot skitterblink en geilrooi in die glas

Waar dit vir kerkmens en sondaar lag

Of gedroog en verrimpel tot rosyn in son se karmosyn

 

Vrugteboorde tot boordenstoe vol

Met vetsugtige, ernstige obese perske en appelkoos

Geplooi en verdroog en suikersoet

Of in soetstroop  versuip in canfruit bottels

Obsene uitgeswelde dadels, medjool is die naam

En bloeddorstige rooi waatlemoen met glinsterswart pitte

Eers die bloed dan die weduwee se rok van rou

 

O blink is die water en grou

Van Grootrivier se slanke slanglyf

Wat kronkel en krul deur wingerd en sandduin

En lyflik  flikflooi met ieder en elk

Om in sy koeltes snakkend lafenis te vind

En sommiges in sy dieptes verstrengel met die dood

Of dalk daardie een onmenslike groot blinklyf te trek

 

Rooi, rooi die sandduine

Met duinegras klitsend en wuiwend

Toktokkie los sy spoor vir gister, vandag en môre

Deur die koel aandluggie verwaai en verweef

Met geslagte se nalatenskap op Kalahariplaas se stoepe

Waar gul en gasvry deel is van die DNA

Uitgedeel met koffie en vrouefederasie melktert

 

Waar die lug blou is soos die uitspansel wat dit omgeef

Met swart kraaie wat lomerig mompel

En die koringkriek met pantser die paaie deurkruis

En versamelvoël uit sy block of flats kyk na die mier

Kyk luiaard en word wys

Pasop vir geelslang se lyf

deur satan verlei om in die hakskeen te byt

 

Kameeldorings met sambrele oopgevou

Skadu vir tampan en bosluis en moeë reisiger

Tsamma en gemsbokkomkommer

Barstens toe vol pit en vlees

Vir Boesman en bok en bees

Bottergeel die duwweltjies

Dikgedrink aan die dou van die nag

Upington, ʼn belofte in die woestyn

ʼn stad in die lyf van ʼn dorp

Soos ʼn jongmeisie bottend in puberteit

Waar ieder en elk jou vertel

Stories van naastes en bure en baie geld

En as die sand eenmaal in jou skoene was

En die melkweg jou suiderkruis

Sal jy altyd weer terugkom om dit alles te deel

met die donkie en kameel

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d