Plekgedig 12: Dirk Hattingh. Wellington word warm

Wellington word warm

 

Wellington se hitte het stokkiesgedraai

vergeet om dag en nag af te wissel

mense soos swartgerypte pampoenblare

deur die strate gesleep, sonder taal of gebaar

om hulle weersin aan die regte adres te pos,

diere het gelate kopbymekaar gekonfereer.

Dis toe dat die Boland sy sagte hart kom wys,

sonder donder of  bliksem berg en vallei toegevou,

sagte koel druppels in die warm stof uitgegieter

mild en met deernis, soos net die Boland kan.

 

 

Bookmark and Share

Comments are closed.

  •