Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
16 September 201313 October 2013

Plekgedig 13: Koos Kritzinger. Gebed vir Ventersdorp

Gebed vir Ventersdorp

 

ʼn Plattelandse dorpie

met ʼn imposante NG-kerk,

op die grond van JH Venter –

hy’t hier sy plaas bewerk.

 

Die omgewing is waterryk,

vrugbaar die Mooiriviervallei,

en uit Schoonspruit se oog

word mineraalwater gekry.

 

Die eerste plaas in die kontrei

het Sterkstroom geheet –

miskien het dit profeties

van onderstrominge geweet.

 

ʼn Sterk man met gryse baard

en bulderende stem,

het hier sy kleim afgesteek

om veld vir sy volk te wen.

 

Geboortedorp van die weerstandsleier-

hier slyp hy sy Afrikaans –

is ook laaste rusplek van die vegter –

teen geweld had hy helaas geen kans.

 

Van politiek en retoriek,

onvrede en van kwaad

het ons plattelandse dorp

meer as genoeg gehaat.

 

Die aartsbiskop van die Anglikaanse kerk

het ook sterk bande met die dorp;

hy word later met Nobel vereer

vir sy versoeningswerk.

 

O, Alfa en Omega, leer ons om te bid;

om in die liefdes-ABC te vra

dat ANC en AWB – of watter ander letters daar mag wees –

mekaar in liefde sal verdra.

 

Versoening versus weerstand,

vergifnis versus wraak:

mag God die dorp – en ook ons land –

behoed en oor sy mense waak.

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d