VRYGROND
My plek is nie mooi nie
my plak-plek is Vrygrond
maar niks is hier vry nie
Kinders speel in vuilgoedstrate
Adem stinkende dooie dinge in
ʼn kind ontlas soos ʼn dier in ʼn gat
Terwyl ’n ma deur sluier, slierte staar.
Langs die pad ʼn spasa-shop
Waar kinders ten brode, bedelsmeek
Duitse motors snel verby
Op die grootpad hier neffens
Ja, jaag maar liewer aan
voor Vrygrond jou hart en jou kar verswelg
My plek is nie mooi nie
My plek is nie vry nie
My plek is Vrygrond !
(Vrygrond : ʼn informele nedersetting in Kaapstad)
